Ek sukkel letterlik jare om goed te groei, my groen vingers het verdwyn vandat ek hier in die woestyn bly. Sommer net so, tjoef, toe is dit weg. So paar weke gelede koop ek plantjie want wil basil “juice” en gebruik al die blare. Net sommer oor ek lus is vir geld mors koop ek ‘n blomoptjie met piering onder en besluit vandag druk ek daai basil net so in en sit hom op die vensterbank. Dis nou winter hier, so jou hand skroei nie af as jy die venster oopmaak nie.
Ek gee elke dag half koppie water soos op die instruksies staan . Dis nog donker daai tyd wanneer ek gou venster oopmaak en water gee so voor werk. En om een of ander rede, groei daai plant te wonderlik. Ek kom so paar dae terug by die huis en sien al die takkies in die plant, maar ek is so excited dat ek tyd het om nog ‘n episode van “Sons of Anarghy ” te kyk dat ek dit los. Volgende dag hier is die takkies in die vuilgoed sak en ek vra vir Padda “Wat se takkies is die?” Sy skud haar kop en sê “Ek weet nie Pikkewyn, ek sien net al die goed in Basil en dit uitgehaal, hy groei dan nou so mooi.” Nie een van ons twee dink enigsins verder nie.
En so kom ek by die huis en hier sit die mooiste duifie in die basil plant, lekker gemaklik en ek weet onmiddelik, hulle maak nes! Ek is so excited, kan nie ophou praat toe Padda by die huis kom nie. Ek gaan omtrent aan, haar oë staan sommer stokstyf in haar kop soos ek aanhou tjoek. Ek sê loer hier, maar moet hulle nie skrikmaak nie, hulle maak nes. En al wat sy wonder is hoe gaan ons Basil water gee as hulle nou nes maak.
Twee dae later daar is die eiertjie, net een. Nogal vreemd, hulle lê blykbaar 2 (dankie Google) en die vat so omtrent 14 dae om uit te broei. En net daar gaan ek aan die panic. Hoe gaan hierdie nuwe duiwe-kind ooit leer vlieg van die vierde vloer af? Ons kan nie help nie, ons kan niks doen nie. Te laat om nou voël huisie te gaan koop want raak aan daai eiertjie is hulle is weg. So, moral of the story, ons het Basil gegroei en nou gaan ons ‘n duif oes.
Ahhhh! In die woestynland, en julle plant basil en help die natuur floreer!!! Dis net die heel oulikste storie hierdie! En nou oes julle ń duif!xxx
LikeLiked by 1 person
Omtrent, en kan jy glo, met die “skofte ruil” sien ons sowaar, daar is 2 eiers. Whohoooo, we are going to be parents soon…
LikeLike
Ha dis ‘n mooi storie! Welkom in blogland. Una is een van my gunsteling bloggers.
LikeLiked by 2 people
Dankie Perdebytjie, ek stem oor Una se blog, laat my altyd voel ek is nader aan die huis:)
LikeLiked by 2 people
Dis te dierbaar van jou om basilnessies te bou vir die duifies. Dis amper soos ek wat tamaties plant vir die apies. Welkom! Ek hoop jy kuier lekker hier in blogland.
LikeLiked by 2 people
Dankie Hester, ek is seker ek gaan:)
LikeLike
Nou sal ons sien hoe loop die gene, lol. Jy het darem ‘n goeie voorbeeld/leermeester. Lekker saam kuier! Hoop jy voel vining welkom.
LikeLiked by 2 people
No pressure….:):)
LikeLiked by 2 people
😂😂😂
LikeLike
Ag maar dis wonderlik. en nogal so ‘n mooie soete ouu duifie! Nee jy hhet wowaar groen vingers.. En jy skryf bae oulik!
LikeLike
Welkom hier.
LikeLiked by 1 person
Baie dankie:)
LikeLike
Dis te pragtig, daardie ou duifie. Welkom hierso!
LikeLiked by 1 person
Dankie Tannie Frannie:)
LikeLiked by 1 person
Te sweet vir woorde. Ek hoop ons sien die kuikens oor 2 weke. Al is hulle erg lelik in die begin. Ek kan nie sien waar ek jou blog kan follow nie? Enige idee hoe?
LikeLike
Woestynkind, ek is nie seker nie, ek het na die persone se spesifieke page toe gegaan en ge-follow. Jy praat nou met ‘n “selectively challenged technology” mens. Sal my ousus vra (die geluk van familie op die blog)
LikeLike
Ek sal hoor wat se jou ousus. Ekself is nou nie vreeslik op die bol nie.
LikeLike
Aha dis lekker om jou te ontmoet Ek sal beslis weer kom lees hier.
LikeLiked by 1 person
Dankie Rondomtaliedraai
LikeLiked by 1 person