6+3 = 9, but so does 5+4- mense verskil, en dis okay

Vandag besef ek met ‘n skok, goeie ding die Vader het my nie ‘n ouer gemaak nie. Venster langs my is oop, dis mos nou winter in die woestyn, so daar is soort van normale lug en ‘n windjie wat nie voel of iemand ‘n warm haardroër in jou gesig aansit nie.

Miena, dis ma duif, het netnou kom sit vir haar beurt. So met die opstaan vir een van daai lui lunches van toast en tuna en (ingevoerde Nola mayo), kyk ek om en waragtig sit daar so helse groot Indian Minor voël by haar en hy blaas hom so op. Ek dink gooi die blik, besef ek gaan ruit uitgooi en dan lyk ek soos biltong voor Maart, kan nie teen venster klap nie want dan skrik Miena haar steriel. Ek is heeltemal in toes. Ek  het so met vinger teen ruit getik en hy vlieg weg. Dis nie 2 minute later nie, toe is hy terug, sommer nog meer pof. Ek tik en hy kyk vir my so in die oë en pof net meer. Miena lyk teen die stadium soos familie van my (shaped very round) en sy sit daai nes vol. En net daar dink ek :daai is my kinders en te hel met jou. Maak daai venster so bietjie oop bookant haar en vloek hom goed in Afrikaans en weg is hy. Miena my so gesit en kyk, begin afblaas en haar net mooi reg geskuif op daai nes.

En ek staan en dink- hoe del hel maak ouers dit?

Ek en Miena is albei so verlig en min weet ek sy dink terug oor hoe hulle hier gekom het:

Miena en Albert is albei van Suid Afrika, hy het oorplasing gekry hierheen en dit was so goeie idee en kans vir hulle om tog hulle drome te laat waar word. Miena is ‘n nurse, sommer so uit die skool uit het sy begin en Albert werk met computers, ‘n slim duif hy. Hulle verskil nogal baie, dink dis daai opposites attract of so iets. Maar Miena het besluit sy gaan saam, die “long distance ” besigheid werk nie vir haar nie. Hulle is al ‘n tydjie in die Emirate en gaan goed met die werk, maar Miena het net nie haar “lê-plek” gekry nie. Dis was een storie op ‘n ander. Tot op ‘n dag kom sit sy hier op die vensterbank by die woonstelle hier reg teen die woestyn en sowaar, sy hoor die twee binne praat Afrikaans. Albert so paar minute later by haar kom sit en sy het hom net een kyk gegee en gese:”hier maak ons nes”.

Albert het rond gekyk , sy koppie geskud en gesê “Miena, ons is by die woestyn, dis die 4e vloer, hier is geen bome nie. ” Hy het ingekyk by die venster en sy kon sommer sien hoe trek sy nekkie styf. “Miena, jy weet hulle is partners né?” Miena het vir hom so gekyk en geantwoord ” Ja Albert, ek weet, en die probleem is?” Hy het weer sy koppie geskud en gesê “Jy het so mooi boom gesien naby Motorcity en die mense was ook Afrikaans, ons mense, hulle het ‘n baie soet baba en hulle het ‘n voël hokkie en nou wil jy hier bly? Kyk hoeveel prentjies is op daai een se lyf getattoo!” Miena het reg voor hom gaan staam , Albert het geweet nou het hy iets fout gesê, maar hou hom dom. “Albert, luister jy nou mooi vir my vandag, mense is anders, net soos ons is daar verskillendes en hulle dink en glo ander goete en hulle lyk anders en hulle voel anders. En jy moet leer, dis okay”.

“Ek bly net hier, die prentjie-een is ‘n nurse, so ek verstaan wat sy praat en die ander een, sy is stil en dink diep en is so rustig, sy laat my nogal aan jou dink. En hulle het nie nie kinders nie, of bome nie, of ‘n voëlhuisie nie, en dis okay. ”

Die is ons dam se ganse…1610747_778308475559633_1967373248872503329_n

 

Author: VirgoC

...ek is 'n Generation X kind, so sê die media . Ek is mal oor die comforts van tegnologie (wat ek wil verstaan), maar ek smag na dit waarmee ek groot geword het. Ek is vandag nog netso confused soos 20 jaar terug, verskil is nou geniet ek my confusion. Die is hoe ek die lewe sien in stories, of sommer net "plain" en soos die kraai vlieg.

6 thoughts on “6+3 = 9, but so does 5+4- mense verskil, en dis okay”

Comments are closed.

%d bloggers like this: