Ek kyk so na paar van die blogs vandag en ek besef, hier is ‘n helse spul van ons wat almal so weird dag of wat agter die rug het. Unreal!
En ek is nou totaal oortuig dit het iets te doen met die maan wat so strange was ‘n paar dae terug. Hulle sê mos as jy glo die maan het ‘n effek op mense, is jy of ‘n weerwolf, of ‘n nurse….say no more.
Al wat ek weet, myne is oor en ek is baie bly. So half soos Lucky packet party dae, nie ‘n idee wat volgende gaan uitspring nie.
Ek het my Lidi Waal dig-boek oopgemaak en gelees, want op een of ander manier ground sy my. Sy skryf so in my siel in. Tussen haar en Karen Zoid kom ek op een of ander manier terug en Padda se lewe is weer rustig…so vir ‘n maand of wat.
Ek is bly dinge is weer reg. Ek wonder of jy nie reg is wat die maan aanbetref nie. 😁
LikeLiked by 1 person
A, natuurlik. Ek kon nie die maanmanewales sien nie, dit was oorwolk. Nou maak alles sin, my hormane is uit balans! Phew, verlig is ek nou! Ek terg net, het agt ure se kwaliteit slaap in en gaan bottels en ketels en so aan vermy! Lidi de Waal is ook my gunsteling. En Me Zoid. Groetnis.
LikeLiked by 1 person
Weet nou nie van weerwolwe nie, maar vir nurste het ek groot respek!
LikeLiked by 2 people
😁
LikeLiked by 1 person
Lidi de Waal se werk kan my ook so inspireer.
LikeLiked by 1 person
Dalke, ne!
Ja ek ou ook baie van haar skryfwerk. Sy vat ‘n ding altyd so raak.
LikeLiked by 1 person
Al het die maan gepla, was dit darem ‘n ongelooflike gesig.
LikeLiked by 1 person
Ek volg vir Lidi op vuisboek, sy skryf mooi mooi
LikeLike