Ek werk nou al ‘n hele paar jaar hier in Dubbels… Seker vreemd, maar mens raak so gewoond in code praat, dat vir storie onthalwe gebruik ons dit nou vir die “dorp” waar ons bly.
Wel, ek nou by nuwe company en skielik, sommer heeltemal as al die ander plekke in Dubbels, dink hulle nog regtig aan kwaliteit werk, nie net so op die oppervlakte nie, soos in for real. Dit gaan nie net oor geld nie (of hulle steek dit net baie beter weg. Niemand werk sonder dat die geld iets te doen het met die eind resultaat nie).
Nou more gaan ek vir die eerste keer ooit in my lewe na ‘n strategiese beplanning ontmoeting bywoon. Gewoonlik hier, is jy regtig gelukkig wanneer plek vir jou Education sessies betaal. Jy moet omtrent ‘n nier skenk om Education leave te kry- so die is ‘n grand afere. En dit in ‘n vreeslike grand hotel, die company betaal alles. Ek is stom en ek is moer bang. Want die mense praat groot woorde en dit is alles op die Amerikaanse model en hulle over analyze mos alle goed. Kyk, hulle kan ‘n teses skryf oor bed opmaak, wat maak dat jy jou lewe by jou sien verbygaan. Jy noem dit, en dit is minstens ‘n 3 bladsy verduideliking. Ek het nie tyd vir dit nie, ek praat soos die kraai vlieg. Jy weet sommer gou waar en hoe jy staan. Grys is grys, dis nie 50 shades of grey nie, dis grys- get over yourself.
In Afrika gebeur ‘n ding, jy vloek lekker, sommer so in jou binneste in en as daar iemand anders is, vertel jou palle en hulle stem saam met jou en kla sommer nog so sinnetjie by , but you get on with it. Jy maak vir hom reg, jy gaan aan tot die volgende ding gebeur.
Maar more, more is nou die dag…. Kyk more Amerikaans ek saam en I am going to wing it. Nou moet ek nog net my gesig die boodskap gee, want dis gewoonlik my dead give away daai. Ek is heel nervous, gaan nou nie eers probeer dit weg steek nie, maar hier moet ek nou my pad oop BS.
So…
Nou kan ek jou sommer heel eerste sterkte toewens vir die dag! Sou graag ñ vlieg teen die muur wees en vir jou kom loer. Sien hoe daai mooie glimlag die mense se harte sag maak.
LikeLiked by 1 person
Ousus, jy baie sweet, laat jou later weet🤐
LikeLike
Lekker giggle ek vir jou stripper! 😆
Sterkte vir jou dag, ek hoop jou gesig speel saam!
LikeLiked by 1 person
🤓
LikeLike
Sterkte, hoop nie dit is so erg soos wat jy dink dit gaan wees nie.
LikeLiked by 1 person
Ek hoop dit het goed gegaan
LikeLiked by 1 person
En wat ‘n amazing dag was dit nie! Daar is toe sommer ‘n hele klomp wat nog nooit van die goete gehoor het nie en dit was so ‘n stunning dag en workshop en het so baie geleer. My amper lus gemaak vir nog leer- besluit dadelik gaan lê tot daai gevoel oorgaan. Ek wil nou net leer foodtruck design en daai biker cafe….
LikeLiked by 1 person
Food Truck en Biker Cafè…Jy gaan heelwat belangstelling onder die bloggers geniet. Hier skryf ń paar bikers rond. Ek is gereed vir die Food Truck plan.
LikeLiked by 1 person
Ousus, ons maak kos vir jou siel, daai wat jy van kleintyd af onthou. Nou nog net besluit waar, lang bike roete of kort een… Raak ek so excited as ek hieroor praat
LikeLike