Ek sit vandag by ‘n wound congress en sommer net so, voor ontbyt of koffie of voor enige van my organe eers wakker is, tjoef, net so kyk ek op ‘n screen en voel so half bleek. Dis die een vreeslike wond op ‘n ander en afgekapte tone en bene en die mense praat met passie. Ek voel groen om my kiewe, ek, nurse van hoeveel jaar nou al. En skielik, net so besef ek- ek is heeltemal oor dit.
Ek sit eers so lang ruk stil en “pull myself towars myself”. Maar nee, die besef en die waarheid,die sit daar. Ek is oor nursing, soos in heeltemal. Ek was mal oor wonde, brandwonde, septiese wonde (ja ek weet, ek raak sommer weer naar). En wat die ergste is, ek voel nie eers sleg daaroor nie. Ek is klaar met daai dinge.
Dit was amper of daar verligting oor my spoel toe ek dit finally erken, dit is al lank so binne my. Ek kan eerlik sê, ek dink daai deel is uitgebrand, of ek het finally besef, dat alhoewel ons meer kennis en navorsing en spesialiteite en alles vinniger en al daai dinge is, mense steeds dieselfde goed oorkom. Erger, dis asof daai goed nog altyd daar was, maar hoe “smarter” ons raak, hoe erger gaan dit met gesondheid en die mense. En ek besef dis oor ons eintlik nie meer connect met mense nie, ons “nurse” papier – I am done…
En net daar kry ek so smile op my gesig en begin dadelik na prentjies van food trucks kyk, my smile word net groter. Ek kyk na name en maniere en dit is so exciting. Ek ruik die lekker brood, die comfort- kos so in die winter en die koffie wat hoe lank al staan en kook. Ek weet vandag maak ons kerrie-mince vetkoek en daai dik stew sop by die emmers vol.
Ek kry sommer lekker want ek besef dat ek eintlik met mense gaan connect, soos ek wil. Op my manier, wat vir my gemaklik is. En glo my, ek is nie so sosiaal soos my boetie nie. Hy is een van daai mense wat kan ry om ‘n brood te koop, dan 5 ure weg te wees, terugkom sonder ‘n brood, maar hy het by omtrent 12 mense gestop en sommer begin gesels want die ou het so mooi groot outboard vir ‘n motorboot en hy wou graag iets weet oor dit ens. Ek is glad nie so nie, hy is totaal soos my ma, ek is soos my pa. Ek moet vir jou inlaat, maar as ek vir jou ken, dan is jy familie en klaar.
Maar hierdie gaan my mense wees, ek wil hê dit moet ‘n kuierplek wees, so lekker hang-out en ek weet dit gaan. Waar mense kan kom sit en weer connect met mekaar, vergeet van fone en laptops en tablets en onthou van lekker kuier- met mense, face-face.
En bikes, baie baie bikes….
Iets nuuts in die beplanning? 😁
LikeLike
Ek droom dit in my lewe in…. ek is op die brug tussen nou en my nuwe lewe en ek stap mooi op daai pad:)
LikeLiked by 1 person
Voorspoed! Dit klink opwindend.
LikeLiked by 1 person
Wat ñ heerlikheid om jou droom te begin najaag. Seisoene eindig, en dit is goed so. Twee kerrie-mince vetkoeke, asb, sommer vir ontbyt.☺
LikeLike
Om so direkte customer service te doen is ERG lekker…seker nie altyd. Maar meestal. Abraham Hicks se quote – op die nommer. Baie opgewonde oor nuwe blaaitjies, nuwe drome. Spreek lewe. Gaan defnitief hier volg. 😀
LikeLike
Klink my jou drome gaan erens n bike in he! En dalk lekker kos…. hoe lus ek nou sop en vetkoek.
LikeLiked by 1 person
Ek laat dadelik weet sodra ons oop is ; altyd welkom, bike of nie:):)
LikeLiked by 1 person