Follow up vir Gaby…

Net so klein opvolg:

Gaby, ons bly op die 4e vloer en dis so hoog soos ouma hulle se stoep na die dam toe. Hulle eet net kos wat die mamma en pappa duif vir hulle bring en wanneer ek weer daar is sal ek vir jou wys hoe hulle dit doen, as jy nie kan wag nie, dan laat jy ouma vir jou ‘n video wys hoe hulle gevoer word.

Die klein duifies gaan so oor paar dae se kant leer vlieg, ek sal dit nie sien nie want ek sal by die werk wees (en skielik is ek baie bly daaroor). Ek sal vir jou nog fotos stuur van hulle laat jy kan sien hoe hulle veertjies verander en hoe hulle groei.

Ek is Gaby se “great aunt” (waar is ouma Toekie tog nou met familie goete uitlê). Sy is pragtig en het ‘n hele bek vol wyshede. Ousus, gee har ‘n groot druk,x

Author: VirgoC

...ek is 'n Generation X kind, so sê die media . Ek is mal oor die comforts van tegnologie (wat ek wil verstaan), maar ek smag na dit waarmee ek groot geword het. Ek is vandag nog netso confused soos 20 jaar terug, verskil is nou geniet ek my confusion. Die is hoe ek die lewe sien in stories, of sommer net "plain" en soos die kraai vlieg.

%d bloggers like this: