Testing, testing…

21686082_10155222934574263_7662477080050033019_n

 

Gister was een van daai dae wat ek net kom lughawe toe ry, vir Padda bel en sê “bring net jou paspoort en my Kindel, ek kry jou op die lughawe, ons kan klere in SA koop”. Dit was rof, dit was overwelming en die ergste was dat ek nie kon weghol nie. Ons het ‘n tak van ons hospitale in Abu, die hoofstad en moes soontoe vir meetings. En op die beste van tye irriteer dit my want ek glo mediese admin mense “meet” heeltemal te veel en werk te min, is die dat daar so gemors is want almal sit so en praat daar is niemand om te werk nie. En die wat wel “meet” het so kontak met realiteit verloor dat hulle eintlik vergeet hoe en wat regtig in sale gebeur en hoe dit is om ordentlik na pasiente te kyk.

Maar daai klomp trek daar los met woorde en goete dat my hare regop staan en ek dink net heeltyd “waarvan praat julle?” Dis die een groot woord oor die ander, ek gaan onmiddelik na my happy place toe in my kop:Life

Ek probeer regtig aan niks van daai goed dink waarvan hulle praat waarvan ek GEEN clue het nie. Hoe meer ek dink hoe erger raak daai amper paniek binne my. Ek dink net heeltyd, ek wil nie meer die goed leer nie en ek moet dit doen want daar is dinge wat gedoen en gecover moet word. Dis daai selfde gevoel wat ek gehad het toe ek Wiskunde op skool gehad het (maak vandag nog nie sin nie ek gee nie om wie dit probeer verduidelik nie en klaar).

Ek is stil in die meeting, wil net huil en hol, dis al. Die dag is klaar en terug saam drywer Dubbels toe en ek voel die gevoel begin sak. Ek dink mooi oor die hele storie, oor wat gesê is en besef ek doen dit al lank, mag dit dalk nie sulke fancy name gegee het nie, maar die prinsiep en process is daar en ek ken dit. En die res hoef ek nie te leer nie, maar ek kan dit lees (begin my bargaining met die kind binne my). En toe kom “ons” tot ‘n ooreenkoms- sy sal bly terwyl ek lees en haar gedra, want sy weet dit is nie vir leer nie, dis net lees.

Ek kry so smile en dink Abraham weet eintlik waarvan hulle praat:

FB_IMG_1499234968204FB_IMG_150242788478614369899_1254746284569640_6490423449244082225_n

Skielik voel ek beter, ek kan lekker diep asem haal, die panic is oor. Ek verstaan nog nie die groot woorde nie, maar dis okay. Beter nog, ek sien Padda sommer netnou en dan is alles altyd beter.

Skrywer: VirgoC

...ek is 'n Generation X kind, so sê die media . Ek is mal oor die comforts van tegnologie (wat ek wil verstaan), maar ek smag na dit waarmee ek groot geword het. Ek is vandag nog netso confused soos 20 jaar terug, verskil is nou geniet ek my confusion. Die is hoe ek die lewe sien in stories, of sommer net "plain" en soos die kraai vlieg.

14 gedagtes oor “Testing, testing…”

  1. Daardie deel van papierwerk maak my gek. Ek sit nou die dag in ‘n kliniek toe ‘n Mammie daar instorm met ‘n blougesig slap kind, maar vorms invul was belangriker as die kind wat roggel. ‘n Paramedikus wat ‘n leë trollie verbystoot het toe gou ingespring en die kind onder hande geneem.

    Ek is daar weg sonder om uitslag oor de kind te kry. Die Moeder het nog en nog vorms gestaan en invul…

    Liked by 1 person

    1. Ek hoor jou en het dit al hoeveel keer gesien. Ek hoop daai kiddo is okay. Dink my grootste skok was om as ‘n “mediator” te sit tussen twee senior verpleegsters waar een nie kon verstaan hoe ek sê julle moet in treatment room gaan help as dit besig is nie want sy is besig met papierwerk! Ek moes mooi sluk want dan kom die buffel in my gou uit om te verduidelik dat “real live patients trumps everything else”. Eintlik ongelooflik sad dat jy dit vir iemand met ‘n graad moet verduidelik.

      Liked by 1 person

    1. Positief, ek kry op FB, daar nogal paar pages oor hulle as jy intik Abraham Hicks of Ester Hicks. Het website ook. Van dit is vir my amazing, paar waarmee ek nog sukkel- maar is seker my manier van goed justify 🙂

      Liked by 1 person

Laat 'n boodskap

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s