Dovedil.com…

Ek het vir my gelag vandag dat ek lê.

(The background)…Die woestyn is ‘n vreemde plek, soveel te meer nog hier in Dubbels. Die met al die mis wat ons so gehad het, weet ons wat nou al ‘n tyd hier is, dit meen een van twee dinge, dit raak of winter, of dit raak somer- en ja, die somer gaan kom. Die weer het gegaan van so 20 na 36 grade in een dag, hulle noem dit nog lengte, somer nog eers later. Hier is gewoonlik net twee temperature in die somer: hot and Satans b..t hole.

So het ons vandag ‘n huis-dag, dis Vrydag en dit meen dagaf in die Emirate. Ons het besluit ons eet gemors, ons kyk alles wat ons kan op TV- via die internet want ons het besluit ons het nie regte TV hê nie want ons kan alles stream. Dis so met die verby loop sien ek Miena en Albert is nie op die nes nie. Ek gryp die kamera en neem lekker fotos. Die babatjies is ongelooflik cute. Kan nie glo hoe begin daai veertjies van die vlerke vorm en groei nie, is eintlik regtig net ongelooflik om te sien.

Ek bly staan by daai venster, ek moet mos seker maak geen ander voëls of iets kom naby hulle as Miena en Albert nie op die nes is nie. Sy kom letterlik so paar minute aan en toe besef ek: breakfis time!

Sy staan so oor hulle en ek hou haar dop hoe begin sy ‘regurgitate’ daai keel velletjie die bewe asof sy op ‘n groot Harley tenk sit, die kleintjies se koppies rek en dit beweeg rond in daai klein basil-bak. En sy voer vir hulle. Ek stap so klein bietjie nader en sy sit my en kyk. Ek kom treetjie vir treetjie nader en sowaar, sy draai om en gaan aan om hulle te voer 230d8ab5-bd9c-4830-9f72-06fd9d5fee72

Nou die eintlike rede vir my gelag kom so rukkie later. Julle sien daai basil-bak staan so in die son. So rukkie later sit sy so op daai nessie en die bekkie is eintlik oop van die hitte. Ek sê vir Padda “dink jy nie ons moet sodra hulle vlieg dalk daai bak net meer regs skuif dat sy uit die son is nie, sy moet bleddie gedaan wees van die skielike hitte”. Julle moet besef, Padda is ongelooflik rustig en kalm. Sy kyk my en sê ewe”Pikkewyn, ek dink nie jy moet aan daai bak raak nie, glo my, Miena en Albert het al hulle research gedoen voor hulle nes gemaak het, seker by iets soos Dovedil.com”

Baby_llaughing_dove_searching_on_laptop

 

Author: VirgoC

...ek is 'n Generation X kind, so sê die media . Ek is mal oor die comforts van tegnologie (wat ek wil verstaan), maar ek smag na dit waarmee ek groot geword het. Ek is vandag nog netso confused soos 20 jaar terug, verskil is nou geniet ek my confusion. Die is hoe ek die lewe sien in stories, of sommer net "plain" en soos die kraai vlieg.

4 thoughts on “Dovedil.com…”

  1. Beter om dit net daar te los. Ek het nou die dag ‘n duifnes verskuif omdat die kleintjie uitgeval het en die ma het nie weer na hom toe gegaan nie. Die outjie het weer uitgeval en is toe dood. Dis te dierbaar…die twee ou lyfies!

    Liked by 1 person

Comments are closed.

%d bloggers like this: