How do you choose..

Ek is mal oor kraaie, hulle ‘fasinate’ my baie. Dink hulle is baie misverstaan, maar ‘survivors’. Om eerlik te wees het ek tot ‘n tattoo op my rug van een oor ek voel dat maak nie saak wat hulle kant toe gegooi word nie, they always survive. Mag dalk baie vere verloor in die proses, baie dinge skeefloop, maar op einde oorleef hulle. Hulle is meestal ‘loners’, alhoewel hulle in groepe leef (genoem ‘n murder of crows), hulle is ongelooflik slim en hulle onthou. Hulle kan onthou wie wreed is teenoor hulle en hulle ‘vertel’ ander kraaie daarvan- glo blykbaar aan revenge, hulle kan probleme oplos, hulle ‘werk’ rondom probleme. Hulle ‘rou’ oor ander kraaie wat doodgaan en hulle vind ook dan uit hoe die kraai dood is. Eintlik is hulle ongelooflik.

961080-PFNABLXV-8 (my tattoo-)

Probleem is, ons het mos nou “ouers”geword en maak seker ons kyk mooi na ons duif-kinders. Gister is Miena en Albert besig met kossoek en voer om die beurt. Ek neem gou foto van die kleintjies, hulle begin nou besig raak in daai basil-bak en maak my heel nervous want daai bak is klein en dink nie hulle het heeltemal begirp vir die “space-reality” nie.

Miena kom terug met so krop vol kos en sy het net klaar die kleintjies gevoer. Ek sit so en uitgkyk en kom agter iets is nie reg nie, Miena is opgepof en spartel erg op daai nes rond. Ek sien net so skaduwee verby swoep en volgende oomblik duik Miena af en vlieg. Ek spring tot by die venster en skree . Padda kom aan gehardloop en vra net wat is is fout en ek gil “kraai” en met die kom daai kraai aangevlieg reguit nes toe. Kloue it, bek oop en ek besef dis nou dit. Ek slaan aan die ruit en hy kom so ingezoom,. Ek maak die venster oop en steek my hand uit net voor hy so by die vensterbank kom en hy gil erg- soos net kraaie kan doen. Hy het so draai gevlieg en weer terug gekom en besef die venster is nog oop en toe weg gevlieg.

Die adrenalien het deur my gespoel, my hart het soos ‘n perd gehardloop binne my en ek was so bang. Bang dat hy nie alleen is nie en sy maat vir Miena gevang het, of nog jaag, sy het duidelik ‘n divertion gedoen om hom weg te kry van die nes af. Ek dink net wat as ons nie hier was nie, wat as ons besig was met iets en dit nie gesien het nie. So baie goete gaan deur my kop. Padda kom staan so agter my en my net so styf vasgehou en kon voel hoe rustig ek raak. Ek wonder hoe gaan ons ooit na hulle kan kyk. Ons kan nie nou ‘n hokkie daar sit nie, maak nie saak wat nie, ons kan net soveel doen en ons gaan nie altyd daar wees nie.

En weer dink ek hoe erg moet dit wees as dit jou kind is, jou vlees en bloed. Was so lank deel van jou, 9 maande binne jou gegroei, deur al daai tyd met al daai vrese en finaal die geboorte. Die nuwe vrese wat dan kom, hoe ongelooflik bang moet mens nie wees nie. Ek dink hoe ons as mediese mense dinge ‘downplay’ oor ma’s wat te veel goed lees of gestress is. Hoe maklik dit is wanneer jy jouself so objektief kan hou, hoe alles verander wanneer mens deel is daarvan. Ek wonder of mens ooit ophou bekommer as ouers. Ek weet eerlik nie hoe hulle dit doen nie. Besef net weer, ek was nie daarvoor gebou nie en die Vader weet regtig vir wie om te gee en wie nie.

Ek het ook skielik besef ek sal nooit in my lewe ‘n wild- life fotograaf kan wees nie. Ek sal nie kan afneem en nie interfere nie. Ek onthou jare terug so program oor leeus en hoe die ma deur ‘n slang gepik word en die welpies doodgaan want dit is die natuur. Ek sal dit net nie kan los nie, maak nie saak hoe goed ek weet dit is hoe dit in die natuur is nie.

En die kraai, dit was natuur. Dit is nie wreed nie, dis ‘the circle of life’, eerlik, natuurlik, soos dit altyd was en hoe dit moet wees. Wat weet ek van daai kraai, miskien was dit ‘n sy en het sy ‘n kuiken wat sy moet voer. Miskien is daai kuiken vandag swak of dood van die honger want ek het sy ete verhoed.

Feit is, maak nie saak wat jy dink jy weet nie, jy het geen benul van wat in ander se lewens aangaan nie ook nie in die van ‘n kraai nie…

grid_2

 

 

 

 

 

Author: VirgoC

...ek is 'n Generation X kind, so sê die media . Ek is mal oor die comforts van tegnologie (wat ek wil verstaan), maar ek smag na dit waarmee ek groot geword het. Ek is vandag nog netso confused soos 20 jaar terug, verskil is nou geniet ek my confusion. Die is hoe ek die lewe sien in stories, of sommer net "plain" en soos die kraai vlieg.

5 thoughts on “How do you choose..”

Comments are closed.

%d bloggers like this: