Hoe begin mens iets in jou verander? Ek luister vreeslik na motivational goete, veral in verkeer, raak eintlik vies as daar nie verkeer is nie. Dit maak my so begeesterd, kyk ek is reg om die wêreld van my te verander. Dan kom ek by die huis en dis asof alles net verdwyn. Ek raak besig met goete by die huis, of iets en dan is al my goeie intensies by die venster uit. As ek weer sien het ek 7 etes se goed klaar ge eet, of liewer in gevacuum.
Sommer net so, dis bietjie dit en dat en nog alles wat kan. En tjoep, is ek ongemaklik en so de hel in vir myself ek kan my sommer klap. Ek het nou besluit is oor ek nie prep nie. En ek praat nie van my huidige prep nie…
Genade ek was goed met dit, het alles gedoen. Een dag op naweek was prep dag, alles gedoen van sop potte kook, eie mayo maak, hummus, Padda het broodjies gebak, ek eier muffins gemaak, kyk dit het gegons in daai kombuis. Ek tot my eie almond melk gemaak. En net so tjoef, toe hou ek op.Geen idee waaroor nie, dit het net so opgehou.
My oefen het minder en minder geraak en nou opgehou. Ek pyn op plekke waar ek nie geweet het daar is spiere nie, ek pyn orals. Alles is deurmekaar en ek is sommer goor. Ek het lank met Padda gesels hieroor. Sy is net haar rustige self, geen blaam, geen lelikheid nie. En sy wil net help. So, sy vat nou die prep deel oor en ons gaan plantbased. My boetie slaan om as hy dit hoor. Hy is baie bang en sê altyd “sussie, asseblief net nie daai vreemde kosse nie” Hy bel ook vir Una en maak seker sy maak ‘normale’ goed (vleis en pap en sulke goete), ons twee lag te lekker.
Maar het nou besluit, ek hoef nie alles reg te maak in ‘n dag nie, tree vir tree doen ook die ding. Dalk eers die kos ding regkry en dan weer begin met die aktiwiteite. Die dat mens by werk is en nie jou ete vat nie, sommer so by tafel sit en gou iets indruk- dit kry nou einde. Iewers moet mens weer begin, net sulke klein goedjies tot jy weer mens voel.
Is die een les van Abraham wat ek regitg mee sukkel die, seker oor ek die meeste resistance het daarteen. Wat resist ek so?
Laat my wonder… ek het nie net van die wa afgeval nie… waar is my wa?
Ek love die hond-prentjie. Kan my net voorstel wat in sy gedagtes aangaan.
LikeLiked by 1 person
😁
LikeLike
O, dis toe nie die Bybelse Abraham nie – dankietog, ek was bekommerd oor my gebrek aan kennis… 🙂
LikeLiked by 1 person
😁😁, Tannie Frannie, laat jy my nou lekker lag. Nee, die een in die Bybel my van klein tyd af uit gefreak, het daar en dan in Sondagskool besluit ek gaan NOOIT op piekniek saam groot mense nie, niemand gaan vir my offer nie. My pa moes mooi verduidelik aan daai een.
LikeLiked by 3 people
My wa se wiele val ook so nou en dan af. Goed gesê! Wat vir my werk is om my gedagtes te de-clutter deur huis skoon te maak of my grimeer kwaste te was. 😁
LikeLiked by 1 person
Soos mens n olifant sal eet… stukkie vir stukkie. Sterkte
LikeLike
Goeie planne..iets wat vir my werk, is om nié sekere goed in die huis te hê nie. Ek koop nooit lekkernye, koeldranke ens nie, want anders is die versoeking daar om te eet.
LikeLiked by 1 person
Ek dink dis briljante idee om dit te doen soos jy sê. En ek is die een wat dit inbring al die tyd. Ek gaan jou raad vold, dankie Perdebytjie
LikeLiked by 1 person
Dit werk soos ‘n bom…ek loop natuurlik kort-kort hoopvol yskas of koskas toe, maar moet maar teleurgesteld omdraai!😄😄
LikeLiked by 1 person
😀😀🤐
LikeLiked by 1 person
Nou waar gaan jy jou wa loop soek, dink jy?
LikeLiked by 1 person
Dis eintlik diep vraag die Toortsie. Daai tipe vraag wat jy besef ‘pull yourself towards yourself’… Dink ons moet eendag ‘n lang koffie drink iewers:)
LikeLiked by 1 person
Ons kan gerus!
LikeLiked by 1 person
daar is hierdie quote van keanu reeves oor kos – wou dit post maar te lank. Wonder hoe kry mense dit reg om NIE issues met kos te he. Seker maar omdat dit die reward system is ….
my mond water nou vir dai 5 eiers…
LikeLiked by 1 person
Praat jy :):)
LikeLiked by 1 person
One meal at a time, one step at a time, one day at a time. As jy 90% van die tyd reg eet, maak die 10% “kroek” nie soveel verskil nie.
LikeLiked by 1 person
Love dit!Dankie Poerdez🌻
LikeLike