Wat het ek geleer vandag? Nooit, ooit in jou lewe cut en paste jy sommer net goed nie, maak seker jy doen back-up eers.
Ek is so excited want het my desktop gekry en hoef nie meer so met laptop en klein screen te werk by die werk nie. Besluit ek transfer al my werk oor op my klein USB sodat ek dit op dektop kan sit. Cut en paste te heerlik, konsentreer en alles.
Iemand in kantoor begin praat, my heeltemal van my storie af en dit is so begin en stop vir so hele ruk. Uiteindelik stilte en ek gaan aan. Ek kyk op en dink so ‘waaroor sal die goed dan steeds op my Desktop wees, highlight almal en druk delete. “Are you sure you want to dlete the file- ek click Yes en tjoef, daar begin dit delete.
So met so paar sekondes oor kyk ek weer en besef ek het sopas my USB gedelete! Ek druk en praat alle tale- dit is net weg. So sit ek hande in my hare en dink net, dis alles wat ek die laaste maand aan gewerk het. En dis net weg.
My baas kom so ruk na dit in en kyk so en vra wat is fout. Ek vertel haar, sy so groot smile op haar gesig en net gesê “not the end of the world, and you will never cut and paste again. Good thing you can do it again”. En hoe waar, dit is nie die einde van die lewe nie, maar sou nice gewees het as ek net kon copy.
Hoe het my ma altyd gesê as ek gekla het oor ‘n slegte haar-sny “Meidjie, wees bly is nie materiaal nie, daar is net 6 weke tussen ‘n goeie en slegte haarsnit”. Sy was reg, seker ook net 6 weke tussen my ‘nuwe’ ou werk.
Lesson received
Eish ek doen ook sulke goed!
LikeLiked by 1 person
Ek het myself oortref vandag😂
LikeLiked by 1 person
Loer tog darem in jou recycle bin, dalk kê dit daar. 😁
LikeLike
Toortsie, ek het. Die groot IT ou ook kom kyk en net gese ‘sh.t toe hy besef is van USB af. Maar so leer mens😙
LikeLiked by 1 person
Ai jai jai
LikeLiked by 1 person
😂😂
LikeLike
Nee!!! Dis al wat ek kan uiter…!
LikeLiked by 1 person
Myne was meer descriptive as dit😉😁
LikeLike
Dit is verskriklik, maar kom ek vertel jou wat my rekenaarkundige seun gesê het toe ek by hom huil oor ‘n soortgelyke ramp: “Toemaar, Ma, dis als nog in Ma se kop.”
LikeLiked by 4 people
Dit is so wonderlike antwoord Tannie Frannie, en so waar, 🤗
LikeLiked by 1 person
Ai dis erg! Ek het dit ook oorgekom en cut en paste nooit nooit meer nie!
LikeLiked by 1 person