Die bly altyd julle huis…

 

8c0aa3ee-66b8-467d-8892-4664b8d636df

Miena sit so mooi op die rand vandag en Peet en Molly sit en luister terwyl ma mooi praat. “julle weet dis amper tyd vir julle om te leer vlieg, maar hierdie bly vir julle die huis. Hierdie twee mense sal niks aan julle doen nie en hulle kyk mooi na ons. Peet, jy moet altyd so mooi na jou sussie kyk. ”

Ek sien hulle kyk so in die woonstel in, Peet voor sy sussie. “Ma, wat maak hulle as hulle so stil voor die glas ding staan met so klein ding voor hulle gesigte?” Miena kyk om, “ek weet nie my kind, maar jy sal sien elke keer as hulle dit doen dan oooo en aaa hulle baie. Asof daar ‘n prentjie vir hulle terug kyk. Weet net, hulle sal na julle kyk.”

Miena spring in die huis in, dit raak nou effens vol en sy gee diep sug.

“Ons het nie veel tyd gehad om ‘n groter plekkie te kry nie, ek is nog nooit een vir groot spasie nie. Ek hou van my kinders so na aan my”. Molly skuif somer dadelik meer onder Miena in “ek hou daarvan as ma so naby is” sê sy en wurm haar koppie so onder Miena se vlerk in. Peet probeer opskuif, dis lekker naby ma, maar hy is darem nou al ‘n tiener en mens kan nie meer wys jy is so ma-vas nie. Hy is darem die oudste en moet dit kan wys. Miena lag saggies, sy weet wat hy probeer doen en haar krop swel van trots. Haar seun, haar pragtige, groot en sterk seun.

Molly is sag, sy is ‘n regte meisie, sy hou van mooi goedjies, sy kan haar veertjies ure lank sit en kam en skoonmaak en reg skuif. Peet het so wille kuif aan hom, dis daai einste kuif wat Albert gehad het as ‘n jong duif. Sy kon haar oë nie van hom afgehou het nie.

Die ander duiwe in sy buurt was mal oor hom. Die ma’s in die buurt het gebid en hoop hy sou een van hulle dogters wil vat as vrou. Miena hulle was nuut in die dorp. In haar klas het almal oor hom aangegaan, sy het haar werk gedoen, haar met lees besig gehou en in die middae het sy by die ou duiwe gaan inloer en wou altyd weet of daar iets was wat sy kon doen. Sy was mal oor oom Peet. Hy kon die wonderlikste stories vertel. Sy het altyd vir hom iets gebring om te eet, of te lees. En dit was daar dat sy Albert ontmoet het. Hy het so ingevlieg gekom en haar amper van die dak laar afval toe hy so skielik langs haar land. Oom Peet was Albert se oupa. Miena glimlag en kyk na Peet.

“Maaaaaa” is al wat hy sê. “Ma kyk weer vir my so snaaks aan”. Sy lag hardop, skud haar vere reg en sê “Is oor jy my so aan jou pa laat dink Peet”. Sy pof haar op, skud haar vere “ek is netnou terug, ek gaan kos haal. Peet, kyk jy mooi na jou sussie en julle praat nie met vreemdelinge nie en julle eet niks buiten as ek of pa dit bring nie”.

Peet staan op en rek sy bene “Moenie dit doen nie Peet, jy maak my so bang as jy so braaf is” Hy glimlag en klim terug in die bak. “Molly, moet jy nie bekommer nie, ek is jou ouboet en ek sal altyd na jou kyk. Kom ons kyk wie sien eerste vir ma of pa”

9b126a59-3896-4385-8184-3ef4127954d5

Author: VirgoC

...ek is 'n Generation X kind, so sê die media . Ek is mal oor die comforts van tegnologie (wat ek wil verstaan), maar ek smag na dit waarmee ek groot geword het. Ek is vandag nog netso confused soos 20 jaar terug, verskil is nou geniet ek my confusion. Die is hoe ek die lewe sien in stories, of sommer net "plain" en soos die kraai vlieg.

6 thoughts on “Die bly altyd julle huis…”

Comments are closed.

%d bloggers like this: