Decisions….

Ek en Padda is vandag strate toe, gaan kyk karre. Ons het huurkar op oomblik en besluit dit kos heeltemal te veel en soek iets wat ons weet is veilig, gaan ons orals kry, maar nie dat ons berading gaan moet kry omdat iemand ‘n duik inslaan met ‘n kardeur nie. Dit moet gemaklik wees en die paddle-ski’s kan vat, raak mos nou somer, so water al amper so dat mens kan ingaan sonder om te dink aan cryotherpay. . Kyk, ek is nie meer mal oor die koue water nie, dis nou die een ding wat ek moet sê die Emirate my mee bederf het en dis warm water in die see. Ek is beter as Padda, sy sit nie ‘n toon in die water as dit onder 28 grade in die water is nie.

7K9DHxjy

Ons besluit toe op ‘n Eco en sal sien hoe dit gaan met al die papierwerk. Sover kon ons nog nie sien dat een van hulle ontplof of aan die brand slaan nie, so ons spaar darem op Civil Defense onkoste hier.

Ek is mal oor “window shop” saam Padda, ons loop ure rond en droom oor dit en dat en beplan waar dit gaan staan en watter kleur. So besluit ons siende dat Harley nou 25 jaar oud is hier en die opening vandag is, kan ons net sowel daar draai maak. Sy is glad nie ‘n Harley fan nie, ek aan die anderkant, is mal oor daai lawaai. En mense… was dit lekker. Ek het die mooiste bikes gesien, tot Padda het gesê daai nuwe Fat Bob is stunning:

1b3846dd-7a9f-4fa2-b9be-b10715e29abeHy is ‘n 1700cc, weeg 306Kg en is net die mooiste ding. Net so mooi prys ook, maar dit is ook nou daarnatoe.

Ek kyk nou al ‘n hele ruk na die Super low (ek is rond en het kort bene, so ek voel net ek het meer beheer hiermee). Sy is ‘n 800Cc, pragtige wit met die mooiste Chrome, weeg 274kg, maar pragtig- en ja, dit is defnitief ‘n sy.

Ek dan is daar Street Bob, !700Cc, weeg 286Kg en pragtig en rooi.

Ek is darem daar uit met 2 mooi T-shirts, lol. Ons het nog so paar stoppe gemaak, en mooi was dit mooi. Dit was ‘n heerlike dag, stel dit so, min dinge laat my vergeet om te eet, vandag het. Al wat ek weet is dat daar regtig ongelooflike mooi goete is wat mens kan na kyk en oor droom en gelukkig wees. Vandag was regtig ‘n goeie dag.

YszkTgrY

 

Author: VirgoC

...ek is 'n Generation X kind, so sê die media . Ek is mal oor die comforts van tegnologie (wat ek wil verstaan), maar ek smag na dit waarmee ek groot geword het. Ek is vandag nog netso confused soos 20 jaar terug, verskil is nou geniet ek my confusion. Die is hoe ek die lewe sien in stories, of sommer net "plain" en soos die kraai vlieg.

13 thoughts on “Decisions….”

Comments are closed.

%d bloggers like this: