Is that a spark? (a long story)

217200d5-0918-4b0c-b961-ac4a20c8dfe6

Ek is vandag in ‘n lesing, soort van so oriëntasie vir Case Management in Abu, deel van redelike groep van ons nuwes by die nuwe hospitaal. Ek het nog nooit rehab gewerk nie, wel nie regte, egte rehab nie. So ruk terug het ek selfs gesê en erken my spark vir nursing is net weg. Dit het net so stelselmatig gebeur soos ‘n flits wat se batterye pap word. Jy kom agter die liggie is dof en dan slaan jy dit so teen jou hand of kap-kap so en dan lyk dit amper of dit weer beter gaan. En net so-tjoef- eendag is daar geen liggie nie. My spark vir nursing het omtrent dieselfde pad geloop. Ek was so skaam, nie geweeet hoe moet ek dit ooit sê of verduidelik nie.

Glo my, ek was mal oor mense, veral ou mense . Nie die vreeslike scientific goed nie, nie vreeslik gespesialiseerde goed nie,  ek glo jou werk is om te care, maar die care was net weg. Ek het besef dit het net ‘n werk geword. Ek het altyd gesê as dit die dag gebeur, dan saal jy jou perd en jy ry uit die dorp uit. Maar hoe gemaak nou? Ek sit in ‘n vreemde land, met redelik baie verpligtinge en ek kan nie net oppak en gaan nie. Skielik is ek baie jare ouer en dinge is baie anders as wat ek onthou. Ek voel soos ‘n kind en ek soek my ma, eintlik my pa, my ma sou net sê “Meidjie, jy is in die ding en jy hardloop nie. Dis nie hoe jy is nie, so jy moet weet jy gaan nie hardloop nie”. My pa sou aan iets dink, dit weet ek, nie seker wat nie, maar geweet hy sou. Maar hulle is nie meer daar nie en ek is nie regtig meer klein nie…wel nie in jare of size nie.

FB_IMG_1494477202038

So vandag sit ek en ons praat oor PAR pasiënte (Post Acute Rehab). Mense wat een van several dinge (post Stroke, Traumatic brain injury, Spinal cord injuries,MS) oorgekom het en deur die akute hospitaal fase is en nou moet gaan vir intensiewe rehab. Ons is besig om ‘n nuwe tak van die hospitaal en buite pasiënte oop te maak in Dubbels. En ek ken buite pasiënte run, ek moet seker skaam wees hieroor, maar ek ken al die tricks en ek weet hoe hulle geld maak en ek weet hoe om te organize dat dit wel gebeur. Want iewers in my groot word hier, het ons almal met ‘n skok besef dat gesondheid het regtig ‘n besigheid geword . En iewers langs die pad verkoop jy jou siel, of jy gaan weg en doen jy iets anders. Ek het nooit geweet wat anders om te doen nie. Ek het baie lank baklei om nie so te word nie, of wel geld te kan maak, maar at least te probeer dat mense nog goeie sorg kry.

Maar jy baklei teen groot mense, mense met mag en wat geweldige invloed en sê het in baie dinge. Dit in ‘n land wat nie joune is nie, en jy het baie verpligtinge waarvan hulle baie bewus  is, en hulle byt dit uit. You really join the dark side. En jy laat dit toe. Iewers verloor jy daai baklei. Jy gee in, jy probeer steeds sorg dat jy na jouself in die spiëel kan kyk en jy is so dankbaar as jy net kan huistoe gaan, of dis naweek en vir 2 dae hoef jy glad nie daaraan te dink nie. Dit is so donker gat binne in jou. Jy wil nie hier wees nie, jy wil dit nie doen nie, en dis is ‘n konstante battle binne in jou. Jy besef dit gaan glad nie meer oor mense help nie. Drug companies run regtig die wêreld, geld is die enigste ding wat tel en almal wil soveel moontlik maak en so gou moontlik. En daar is niks fout met geld maak nie, ons almal wil dit hê. Maar  niemand moet suffer sodat ander kan ryk word nie. En glo my, niemand in medies wil hê mense moet gesond wees nie, want gesondheid betaal nie. Hoe sieker jy word en hoe meer pille jy gebruik hoe beter vir hulle.

Ek het by die nuwe plek begin en dinge is net vreemd, mense sê moet nie worry oor die geld nie, dit gaan oor pasiënt sorg en ek dink – blah-blah-blah. Ek wag dat die eerste gesprek daaroor moet begin, of budget op ‘n manier in die gesprek ingewerk gaan word,  dit is nou die begin van my 3e maand en nog geen woord daarvan nie. Die terapeute en nurses se gesigte breek uit in smiles en hulle oë vonkel en hulle praat met passie oor goed wat vir my nie sin maak nie- want in my tipiese brainwashed mind, wag ek steeds en dink “op watter planeet was julle? Ek is 17 jaar hier, iewers moet julle mos nou weet julle droom” Ek worry oor die papier werk te lank is en afsprake gaan minstens ‘n uur wees, dit meen my dokters kan minimum pasiënte sien en baie min terug kry vir sulke lang konsultasies van mediese fondse en hulle targets en dis my verantwoordelikheid en, en ,en….

Enter vandag:

Ons sit en ons praat so oor die verskil van die akute sorg en rehab en hoe die dinamics totaal teenoorgestelde is as wat ons nog altyd doen, want die gaan nie oor doen jou werk en kry klaar nie. Die Occupational therapist (ook Suid Afrikaner) sê hoe hulle sukkel om rehab nurses te kry en en hoe meeste sukkel om aan te pas oor dit so totaal anders is as wat hulle al hulle lewe aan gewoond is. Jy het jou 6 of 8 pasiënte en jy het hel baie werk en versorging en ondenkbare hoeveelheid dokumentasie en jy het 12 ure om dit klaar te maak. So jy werk jou roetiene uit en jy beplan jou dag dat jy soveel moontlik inpas op elke roete wat jy na pasiënte toe het. Jy maak so gou moontlik klaar want jy weet wat jy het, maar jy weet nooit wat kan gebeur of verkeerd gaan nie en jy wil nie met “roetiene” werk sit as daar nood of iets is nie.

En in rehab, die nurses sukkel want daai hele deel is skielik nie daar nie.  Die gaan oor die pasiënt se regte vordering en hoe ons hulle help dat hulle daai funksies terug te kry, of soveel daarvan as moontlik. Dit gaan nie oor jou werk nie- dint gaan oor die pasiënt se werk. Dis nie jy borsel sy tande want dit vat jou alles 40 sekondes nie, jy staan en jy bly al vat dit hom 40 minute want dit is hy wat dit self doen. En net daar:

BAM!

‘ n Spark!

Iewers hier diep binne my is dit of die ratte in my kop net seepglad inmekaar in loop en alles maak sin. Dit voel soos die son wat opkom na jy ‘n langggggg en baie donker nag gehad het waarin jy so bang was.

IMG-20170512-WA0490

Dit was so ‘n skok.

Ek sit en dink hoe het ek dit al die tyd gemis? My ma is die prime voorbeeld van dit wat ek nou deel van gaan wees. Sy is geskiet  in ‘n poging om hulle kar te kaap en is ‘n parapleeg op 62.  Die bangste wat ek nog in my hele lewe was en nooit besef hoe mens kan bargain met die Here tot op daai dag nie. Ek het alles belowe en gesweer, solank sy net lank genoeg leef dat ek vir haar kan sê ek is lief vir haar. Almal het gedink ek weet wat en hoe om na haar te kyk, wat met haar gaan gebeur en prognose ens. Maar ek het geen idee gehad nie. Ek ken hospitaal werk, van objektief genoeg wees dat jy jou amper afsluit om te kan doen wat gedoen moet word. Spinale pasiënte word ge -stabilize en jy sorg dat alles gedoen is en dan gaan  hulle rehab toe en dan sien jy hulle so 6 of 8 weke later en die ouens kom in op hulle rolstoelle en doen wheelies ens en almal is te bly om te lewe. Jy is so bly om hulle te sien, hulle kom kuier aan en af -en dit is dit, my kennis van spinale beserings. En hier is my ma nou een…

En nou, nou gaan ek deel wees van daai proses vir ander. Daai idee was net totaal mind-blowing vir my vandag. Dit was heerlik om daai spark binne my te voel.

Ek het skielik besef hoekom almal hier so smile, hoekom hulle so passionate is as jy iets sê, hoekom almal wil help en sal verduidelik wat hulle kan.

Dit voel lekker om te besef dit is nie dood hier binne nie. Ek het so baie om te leer en ek is so bang soos wat ek opgewonde  is. Ek gaan die kans hê om saam met hierdie amazing mense te werk en van hulle te leer. Ek gaan deel wees van mense se journey waar hulle lewens so radikaal  verander, waar hulle so baie gaan en moet leer, die grootste seker daarvan dat hulle storie en seisoen nog nie verby is nie. Ek wens dit niemand toe nie, die impak van so iets in mense se lewens is onbeskryfbaar. Wat ek wel weet is dat ek blessed voel om te weet hier is vir mense hier hoop en dat mense hier dalk vir ander sal kan beteken wat hulle in ons familie beteken en geleer het.

 

FB_IMG_1503070912216

Author: VirgoC

...ek is 'n Generation X kind, so sê die media . Ek is mal oor die comforts van tegnologie (wat ek wil verstaan), maar ek smag na dit waarmee ek groot geword het. Ek is vandag nog netso confused soos 20 jaar terug, verskil is nou geniet ek my confusion. Die is hoe ek die lewe sien in stories, of sommer net "plain" en soos die kraai vlieg.

13 thoughts on “Is that a spark? (a long story)”

  1. Daar is min dinge so uplifting soos om te weet jy kan werklik bydra om n ander help en hulle kwaliteit lewe te verbeter. Ek wense jou sterkte en sukses toe, ook veral met die versorging van jou ma.

    Liked by 1 person

  2. Terwyl jy vir ander kan doen gee dit “purpose,” aan jou eie lewe. Sonder “purpose” bestaan mens net… maar lewe nie rêgtig nie. Ek is bly jou spark is terug…. mag jy tot groot seën wees vir elkeen wat jy aanraak. Mag jy deur hulle onthou word as die engel op hulle pad toe hulle dit so nodig gehad het. Enjoy the journey!!!

    Liked by 1 person

Comments are closed.

%d bloggers like this: