Blue-beak.com

So paar dae terug kry ek ‘die foto’s van Padda:

5d2dfd08-1fdf-4005-91b9-692abef56d87294d4885-54fa-45c0-9324-ad13e31aed5a

Sy klink so half benoud en sê ek dink hulle wag net dat ons daai basil plant terugsit en dan skrop iemand weer. Ek lag en dink…

Blue-beak.com se community board….

Studio apartment available in quiet community with lots of grass, fly area and also security (agv my en die kraaie). Lovely place to raise your family. Some protection against elements. Sun in early morning, mostly shaded in late afternoon. Please call on community hotline and ask for either Mina or Albert.

Ek sit die basilbak terug en dis nie hoe lank nie of ons het potential huurders. Soos padda sê, hulle lyk of hulle al meubels soek.

Ek wonder of is dit nou soos ons wat sub-let en of hulle nou net aanbeweeg tot die volgende gesin intrek. Ek wonder of hulle Afrikaans is, dalk is hulle Local. Genade, stel jou voor, Arabiese duiwe. Maar nee, hulle sal nie, te vêr van al die dinge af en die plekke is heeltemal te klein vir hule- daar is niks van studio by hulle nie. Dis vertek op vertrek en helse groot gronde -verstaan dit nie aldag nie. Maar, dis nie besigheid nie, ek het my eie sirkus.

Vir nou hou ek net die klomp dop wat kom toets en mates neem en meubels beplan. Sal nog sien wie hier intrek.

En net toe ek darem weer groen blaartjies sien van die basil…. Dalk tyd vir ‘n ander plant.

Author: VirgoC

...ek is 'n Generation X kind, so sê die media . Ek is mal oor die comforts van tegnologie (wat ek wil verstaan), maar ek smag na dit waarmee ek groot geword het. Ek is vandag nog netso confused soos 20 jaar terug, verskil is nou geniet ek my confusion. Die is hoe ek die lewe sien in stories, of sommer net "plain" en soos die kraai vlieg.

10 thoughts on “Blue-beak.com”

    1. 😁😁, ek lag so want Padda is in toestand oor die duiwe , se is heeltemal te veel stres. Ek wil net nuwe basil plant kry dat hulke darem “beskerming” het

      Liked by 1 person

  1. Julle twee is skreeusnaaks, maar moet dit nou asb nie vir Caron sê nie, ek sien haar weer een van die dae. Jy met jou plantjie, sy met haar stres. Ok, die duiwe is ook oulik en als. Maar julle twee!

    Liked by 1 person

Comments are closed.

%d bloggers like this: