Wel vannaand toe ek finally terug is van Abu af- doen een of ander kursus oor fasiliteite (probeer nou nog man se aksent plaas), toe is dit nou so- daar sit Mavis op haar nes.
Sy is defnitief kleiner as Mina en lyk nogal of sy ‘n houding het en net daar besluit ek, sy is nou Mavis. Sy kyk vir my mooi uit toe ek tot teen die ruit kom en haar afneem tussen haar paar grassies. Die kleine basil wat begin lig sien het, is nou weer in die donker. Ek hoop daar is twee eiers, net een gesien vanoggend, so Padda sal maar mooi moet kyk wanneer sy opstaan.
Is defnitief hulle twee wat gestaan en meubels uitlê nou die dag en daai nes is blykbaar vol takkies, so sy wil baie sagter sit as Mina.
Nou begin ons gewag…
Dis kostelik!
LikeLike
Dierbaar
LikeLiked by 1 person
Lyk my julle gaan heeltyd loseerders hê!
LikeLiked by 1 person
Ons gaan, maar lyk my net een eiertjie die keer🐣
LikeLiked by 1 person
Ons hou duimvas…vir julle twee se senuwees.😉
LikeLiked by 1 person
En nou het tannie Mavis ook ń naamgenoot gekry!😂
LikeLiked by 1 person
Ek nou so gelag😂. Awwwwww, net jy sal dit onthou het en ja sy het,x🌻. So lus vir skryf nou, maar eers facilities vandag, dan naweek vir skryf😉
LikeLike
Goeie tuisteskeppertjie, daai enetjie
LikeLiked by 1 person
En sy is parmantig Tannie Frannie. Padda laat weet daar is 2 eiertjies vandag, yayyyyy🌻
LikeLiked by 1 person
Daai duif het vir seker ‘n goeie selfbeeld!
LikeLiked by 1 person
😁
LikeLike