Daar is 2!!

Sowaar, daar is 2 eiertjies! Ek is so bly. Mavis het nog ‘n houding, haar partner Noël lyk my het hulle eie roetiene. Hy was op die nes vandag, defnitief groter as sy, sy is regtig korter en kleiner. Lyk ook jonger as Mina. Hy is nogal cool, sit en kyk ook vir jou goed uit. Albert was baie meer “nervous” en nie baie vertoue gehad in ons nie. Wie weet.

93149646-049b-4098-87f5-530c94236e78d66704ec-de65-4a8d-8a1f-c622e2b896a8(Noël)a795d0d3-c294-4f94-b6bb-d246d33e63cc(Dis Mavis)

Ek sien net hier kom nog twee duif-kinders aan en ek is super opgewonde. Ons doen house- sitting van die 2e April af en ek hoop net hulle is uit en ok teen dan.

En nou so deeltjie van die storie vertel wat die duif gemeenskap aan die gons het hier- bykbaar alles in die salon begin. (Soos vertel deur Padda….)

Die klein gemeenskap in Remraam is in rep en roer oor Miena en Albert se kroos wat nou grootgeword het.

Tannie Duifie en Mev. Swaeltjie sit in die Salon en gesels.  Dis mos waar die community se groot praat altyd gebeur.  Hulle het mos alles verneem van die kleintjies se tannie wat daar doer in die verte gaan kuier het.  Die einste tannie wat weke tevore die salon besoek het.  Daar was ‘n nuweling daai dag aan diens en die arme kind het so ‘n gemors gemaak van tannie Tortel se verekoppie dat sy haarself moes noodgedwonge, en vir haar eie respek, in haar nessie tuismaak totdat die vere-mislukking uitgegroei het. Sien in hierdie gemeenskaps-boom is daar maar bitter min wat mens kan wegsteek.

Vinkie-Posmeester se vrou het al wat ‘n kletsveer daarvan vertel en dit was lank voordat tannie Tortel haar gesig weer in die kerk kon wys. Posmeester  moes self vir haar ‘n gesang elke Sondag sing voor hulle gaan slaap het.  Sy arme stem was nooit opgewasse hiervoor nie en die bure het net blare teen hul oortjies vasgehou totdat die gesang van pyn en lyding oor was.

“Nee”, se Mev. Swaeltjie, “daai Vinkie vrou hou haar lyf verniet so ‘stertveer’.  Sy is g’n grênd nie.”  Sy skud haar kop so dat ‘n bietjie “perm lotion” die muur tref.  “Ek stem”, sê Tannie Duifie, en fluister so onder haar vlerk, “hulle sê haar familie was maar arm.”

Sila Vinkie van die Salon kyk maar die twee aan terwyl sy die kombers oor haar oupa se skoot regtrek.  Daar is niemand om na hom te kyk nie en totdat sy genoeg gespaar het vir ‘n deposito by Huis Vinkie, moet sy nou maar na hom kyk.  Sy gee vir hom sy boek en gaan aan met haar werk.

“Wat dink jy van dié kleur”, vra Tannie Duifie, “my vere voel so vaal?”  Mev. Swaeltjie knak haar koppie so na die tydskrif se kant toe wat Tannie Duifie aandagtig vashou.  “O ja, dis pragtig,” sê sy en Tannie Duifie straal noudat sy Mev. Swaeltjie se goedkeuring ontvang het.  Sy is immers op die Kerksraad.

Sila (Vinkie-Salon) was die “perm lotion” versigtig uit en Mev. Swaeltjie skud haar kop en kyk opgewonde in die spieël.  Sy is seker dit en die nuwe herfsblare wat sy spesiaal ingevoer het sou vir Sarel , haar man en hoof oudeling, baie beindruk.  Dit voel vir haar so lank dat sy rêrig moeite vir haar man gedoen het.  Sy bly maar tjoepstil daaroor want dis ‘n salon en mense praat….

Sy leun so oor na Tannie Duifie toe en vra saggies “Het Tannie gehoor van die nuwelinge hier in die community? Sy is blykbaar Engels en glo ‘n vreeslike rissie. Haar man baie snaaks en blykbaar amper soos ‘n hippie. ”

Tannie Duifie sit die koerant neer en kyk eers so oor haar skouer en leun nader. “Ek het gehoor hulle is nie eers getroud nie…”

 

Author: VirgoC

...ek is 'n Generation X kind, so sê die media . Ek is mal oor die comforts van tegnologie (wat ek wil verstaan), maar ek smag na dit waarmee ek groot geword het. Ek is vandag nog netso confused soos 20 jaar terug, verskil is nou geniet ek my confusion. Die is hoe ek die lewe sien in stories, of sommer net "plain" en soos die kraai vlieg.

2 thoughts on “Daar is 2!!”

  1. Ok, so hierdie is die begin van julle storieboek! Komaan sus, julle twee kan gerus so iets aanpak. Jy ken van tannies en skinderstories ens. Ons kan doen met ñ Afrikaanse grootmens duif-vertelling. Vanaand pluk ek weer Twee vir ñ Stuiwer nader. Ek lees daai boek so een keer elke drie jaar.

    Liked by 1 person

Comments are closed.

%d bloggers like this: