Ek is ‘n baie selfsugtige mens, was nog nooit skaam om dit te sê nie- in fact, ek sê dit sommer baie gou dat mense dit van die begin af weet. Nou is ek ouer ook daarby en dink dit raak net erger, want ek is nogal baie geset in my manier van dinge doen. Ek het ‘n broer, maar hy is 6 jaar ouer as ek, so ek het redelik op my eie groot geword en geen probleem met dit gehad nie. So ek is nie goed met deel nie en ek wil my spasie hê. Padda is net so, seker nog meer as ek en dit werk vir ons baie goed.
So word ons gevra om te house sit deur soort van palle, nie heeltemal seker hoekom ons gevra word nie en ek sê ja voor ek heeltemal alles deurgedink het. Hulle het 2 honde en 2 katte en ‘n ongelooflike groot huis- wat my heeltemal uitfreak. Ek hou glad nie van groot spasie nie, die dat ek in karavaan wil bly. Moet jou arm kan uitsteek en sommer in kombuis eenkant werk en in sitkamer iets met ander hand kan vat. Maar die is groot, dubbel verdieping, 6 slaapkamer villa- soos Padda sê “as mens eers 2 routers nodig het, een vir Upstairs en een vir Downstairs- dan moet jy weet”.
Ek is ‘n katmens, eintlik is ons albei. Hulle is onafhanklik, hulle het houding en is net anders. Hulle is nie so “excitable” soos honde nie – dis lyf en stert swaai of jy kom, gaan, eet, groet,alles, hulle is heeltemal te besig vir my. Ek kan nog so half die Bulldog hanteer, die lyk soos ‘n stuffed cocktail sausage hy is so dik ,maar ek is glad nie ‘n sample of “handbag- dog” mens nie. En sowaar, die een is so sample. En ongelooflik besig. Ek dink ons was ‘n uur daar toe begin ek al rondskuif en besef die gaan nie werk nie en ek kan glad nie dink aan wat se dosis Ritalin gee mens so klein hond nie. Maar ons survive en volg die bly- instruksies pligsgetrou.
Elke oggend as ons wakker word (na die bietjie slaap met die hele nag se blaf) is dit om die minste te sê ;n disaster in die “honde-vertrek”. Ek het lank laas in my lewe so baie skoongemaak en gemop- en ek is ‘n nurse, so ek ken van skoonmaak. Kyk, ek het ‘ bladde-training’ gedoen -geen verskil. En dis toe dat ek besef, maar dit is hoekom die erge kuier-palle nie wou house-sit nie, ek sweer hulle almal weet dit. Ek het my goed gewip en Padda sê mooi “Pikkewyn, ons weet nie of dit regtig so is nie, maar dit is nou oor”. En ja, dit is en nog nooit in my lewe was ek so bly om terug te wees in ons huis nie.
Die les: moet nooit iets doen omdat jy nie ander mense se gevoellens wil seermaak nie – jy is ook ‘n iemand…
erg, erg…. hoe waardeer ons nie elkeen ons eie klip, eie kussing en eie geite kry sommer 5 ster status.
LikeLiked by 1 person
Ag askies dat ek so innig geamuseerd is…
Voel net so oor honde!
LikeLiked by 1 person
Tannie Frannie, mense laat jou amper voel jy mishandel diere as jy so voel. Bly ek nie al een nie. Hulle is mooi van vêr😬😁🌻
LikeLiked by 1 person
Ek hoop nie jy het so ‘n goeie job gedoen dat hulle jou weer vra nie 😄
LikeLiked by 1 person
😨 neeeeeeee……
LikeLiked by 1 person
En Emma nou…jou boet se ou wit hondjie? Sou jy haar moes red of my baie beneukte lat, wie sou jy kies…😂
LikeLiked by 1 person
Ousus, Emma is anders, sy besef self nie sy is ‘n hond nie, sy weet sy is nie ‘n mense nie, maar nie seker of sy weet watter spesie sy is nie en sy is so soet en luister so mooi. Baie soft spot vir haar. Eintlik is groot honde ok, ek ken mos maar die plaas manier met hulle en dis nie soos hier dat mense verwag jy moet staan want die hond lê nou op die bank nie. Oh hell no! ek sukkel met daai vreeslike besige bedryfies. Soos ek sê ek werk nog aan Ritalin dosisse vir hulle, g’n mens kan byhou nie.
LikeLike
❤
LikeLiked by 1 person
Og, nie lat nie, KAT.
LikeLiked by 1 person
😁
LikeLike
Hahaa…ander se bloedjies, hetsy dit katte, honde of kindertjies is, dis geen grap nie!
LikeLiked by 1 person
Nee kyk Perdebytjie, ek stem. Ek net net weer besef dat die liewe Vader weet wat Hy doen. ir my het Hy een kyk gegee en besef die een gaan nie cope met dit nie, pasiënte ja, maar nie met kinders of honde nie. Hy het geweet ek doen nie die afhanklike ding nie. Dis hel harde werk is al wat ek weet, hat off to all
LikeLiked by 1 person
Tenminste is jy eerlik!
LikeLiked by 1 person
Ek probeer wees🌻
LikeLiked by 1 person
Niks so lekker soos jou EIE huis waar jy kan doen wat jy wil, soos jy wil en wanneer jy wil. Ek dink nie ek sou die gemors kon hanteer nie… Baie bly vir jou en Padda dat dit nou verby is.
LikeLiked by 1 person
😘
LikeLiked by 1 person
true that …
LikeLike