Horses..

341e6435-593e-4cad-8f50-76940945fed3

Daai foto is seker so 49 jaar oud of so. Dis in die sirkus geneem nadat ek so keel opgesit het, dat hulle uiteindelik ingegee het en toegelaat het dat daar van my ‘n foto geneem word op daai ponie. Dink mens kan nou nog sien hoe skaam my boetie was. Maar ek was in polio ysters en het geweet ek moet net lank genoeg aanhou met ‘n ding en al wat grootmens is gee in. Ek het gewen.

Ek weet nie waar my liefde vir perde vandaan kom nie, maar dit was my lewe vandat ek kan onthou. En ek het nie ‘n banghaar op my kop gehad nie, groot, klein , mak of te nie, ek wou net op. Ek glo vandag nog hulle weet baie meer oor mense se siel as enige van ons. Ek dink hulle het geweet daar is iets stukkend in my en dat hulle kon help met daai deel.

e3726944-40ab-4923-b6b0-0ce2df54a76f97a0a470-70a1-4318-a60b-6b8e6cc2973d

 

My eerste perd kry ek op my 10e verjaarsdag op Ogies- ons bly op die “dorp” agter die bakkery. Ek soebat en smeek al jare en het my pa belowe ek sal in my lewe nooit weer vir iets vra as ek net ‘n perd kan hê nie. My peetma en pa kom kuier want ons gaan in Witbank uiteet vir my verjaarsdag. Oppad vertel my pa hy is jammer hy het nie geld vir ‘n perd nie, maar hy het vir my ‘n hond gekoop. My hart is stukkend, maar ek voel so sleg dat my pa my moet sê hy het nie geld nie en ek troos en sê net dit is okay en ek is baie bly oor my persent. My pa hou aan en maak die storie dik: dis ‘n bulldog, hy het net 3 bene, hy is blind in een oog, effens doof en niemand wil hom hê nie. Ek voel so jammer vir die arme dier teen daai tyd en ons stop eindelik by die plaas waar die hond nou is. Ek het gevra of hulle perde het en my pa sê nee. Ons stap uit agtertoe na almal gegroet en voorgestel is en sowaar hulle het sommer 2 perde. Ek sê ek kom nou en is reguit na die een toe, so donker bruin een. So ent verder staan so pragtige swart hings met sulke mooi wit sokkies aan en ‘n wit bles. My asem slaan skoon weg en ek dink net hoe pragtig hy is. Stap nader, lankal vergeet van die groot mense daar en hy kom nader. Ek vryf so oor sy bles toe my pa hier agter my sê “en toe, hoe hou jy van jou bulldog?” Ek vang eers nie en wil so omdraai om verskoning te vra toe dit insink…hierdie pragtige hings- dit is my bulldog! Ek was buite myself, ek het glag en gehuil en hom gedruk en my pa en ma en almal. En sommer weer terug na hom toe. Ek weet nie of ek tot op daai stadium in my lewe so groot oomblik gehad het nie. Wat ‘n nare ding om hom daar te moet los tot hy na my niggie hulle toe kan gaan.

Fast forward so 2 jaar: Patch se kop hak heeltemal uit en hy gooi al wat leef en beef af, hy byt, storm en is net ‘n nare en seegemaakte perd. Dit is eers baie later dat ons die rede uitvind en steeds nie iets wat lekker is om oor te praat nie. Na my laaste ry op hom waar ek gegooi en geskop is dat ek ‘n paar shades van blou is sê my pa genoeg. Ek kry by oom Hans Steyn wat met resies perde teel ‘n “afgetrede resies merrie” wat in ons taal knock knees het. So mooi rooi vos, maar my hart is stukkend oor my hings en ek wil net nie betrokke raak by haar nie. Sy bly by oom Elbie, my pa se jongste broer en hulle bly so 14km van ons af. Ek is seker elke middag daar, tannie Mariet sorg dat ek iets eet sodra ek van die skool af kom en sê net ons sal later huiswerk doen en weg is ek. Kom so voor donker terug. Sy was my perd, maar my hart was nie daarin nie.

Tot so maand of so later kom ek eendag so na die kraal toe aangeloop en sy hardloop na die draad toe en runnik en swaai haar kop. Ek het haar so gestaan en kyk en net daar begin huil en ons bond begin regtig daardie dag. Diamant was meer as my lewe. Sy was my beste vriendin, my dokter, my terapeut, my soulmate, my alles. Daar is nie ‘n dinge van my, goed of sleg wat sy nie geweet het nie. Sy is so mak dat ek later geen saal of toom opsit nie, ek klim op en lê so terug met my kop op haar boude en sy loop en vreet en ek chat te lekker. Ek pak appelkoos konfyt broodjies in my ma se tupper (ja daar was vreeslik moeilikheid daaroor) en vat liter Fanta en Wilson Coca-cola toffies. Sy was mal daaroor as ek hulle in my sak hou en hulle so warm en taai is. Sy loop, ek leer of lees, so ruk later dan is dit eet tyd. Ek pak broodjies uit, sy hare en ek myne en dan kry sy haar bakkie Fanta (uit my ma se tupper uit) en ek drink sommer in die bottel. Later is dit toffie tyd. En so het ons dag in en dag uit geleef. Soos ek sê, sy was my alles.

44516574-3da5-412b-a677-36cfd1c27ac286d8229a-b269-44c2-b4d0-2da17d88904f

Sy is dood aan perdesiekte toe ek st 7 was in my eksamen. Dis ‘n tyd waaroor ek bly is dat dit verby is want ek weet nie of ek al ooit so stukkend was nie. Ek weet net dit is wat my geleer het oor life, oor love en oor loss. Ek wil nooit weer in my lewe so seer hê nie- en mens leer daarna jy sal weer wees; jy sal ook herstel. Ek het nagte om in die stal geslaap en ou Katie, ons bediende wat jare en jare by ons gewerk het, het my in die oggende vroeg kom haal en gehelp huistoe dat my ma nie moet worry of raas nie. Malumi, hy het net altyd op die plaas gebly vandat ek kan onthou en Johannes het geweet ek slaap in die stal en so bang soos ek vir die donker was en is, het hulle altyd gesorg ek is veilig. En hulle het geweet en was net so hartseer vir maande oor die perd. Ek het baie later jare eers besef Katie het met hulle gepraat en hulle het saam besluit die ding moet ek op my tyd seker uitwerk en doen en hulle sal oppas. Ek is eintlik so blessed, was nog altyd en is steeds. En nog later dat my ma altyd geweet het ek het daar geslaap.

10312712_535735926556139_575404107732989859_nFB_IMG_1448877272359

Vandag, baie, baie jare later is ek nog altyd perd mal- die vlees en yster soorte. Ek weet ek sal weer seker een hê eendag. Dink is een van die min goed wat karavaan leef ‘n negatiewe merk gee. Ek glo net die universe weet wat moet gebeur. Ek dink steeds hulle is die wonderlikste diere, daai reuk, die manier hoe hulle jou in die oë kyk, hoe hulle vir jou wys “totday is not your day and tomorrow isn’t looking good either” en jy weet… Of hulle stap nader en staan net daar by jou, stil en weet al wat jy nodig het is die asem van ‘n ander. Hulle het my so baie van die lewe en omgee geleer en ek is so dankbaar dat ek in my lewe daai voorreg gehad het.

6c050346-b19d-4489-8fa9-6ab12f7b69ef5b8d9bf2-3a62-4207-9834-6f1f165135233d94ba68-47a0-4d04-a455-a20b05b9a0c0e1a41742-ce45-457c-a37b-06edf8c3d5f0db27c1a6-face-4897-9628-afeb3f24b0ea

So Diamant, die skryf is vannaand vir jou. Vir Patch, vir Robyn, vir Rhepargo, vir my ma, vir Katie, Malumi en Johannes. Vir die liewe Vader wat regtig weet wat Hy doen.

Dankie,x

Author: VirgoC

...ek is 'n Generation X kind, so sê die media . Ek is mal oor die comforts van tegnologie (wat ek wil verstaan), maar ek smag na dit waarmee ek groot geword het. Ek is vandag nog netso confused soos 20 jaar terug, verskil is nou geniet ek my confusion. Die is hoe ek die lewe sien in stories, of sommer net "plain" en soos die kraai vlieg.

22 thoughts on “Horses..”

Comments are closed.

%d bloggers like this: