Tailor, oh tailor

Kyk as mens groot is kos klere meer, dit is nou maar net so. Seker oor hulle meer lap moet gebruik en gare ens. So een van die wonderlike dinge hier is die feit dat jy alles wat jy kan koop na ‘n tailor toe kan vat en as jy die regte een kry dan copy en paste hy alles wat jy wil hê. Dit raak sommer lekker die lap koop en prentjies doen.

So koop ek so paar weke terug vir my lap na ek ‘n langbroek gaan koop by die grooot-nommer-winkel. Te pragtig, ek pas aan, Padda sê dit lyk baie mooi en ek besluit reg, dan copy en paste ons nou. Dit is lekker dun lap wat nie deurskyn nie en dit raak mos nou somer. So jou opsies om klere te kry wat jou koel hou as dit so warm is soos “fried Hell” is nie maklik nie. En onhou, die heilige maand kom nader, dan mag jy nie skouers wys nie, nie kniëe nie. Dan is dit mos nou almal se skuld hulle mag nie eet terwyl daar sonlig is nie. Ek is eerlik, each to their own, maar moet nou nie vir my insleep by jou goete nie. Maar ek hou my mond want ek en die tronk gaan nie werk nie want daar is nie Aircon nie en ek eet nie Biryani nie en daar kry mens dit 3 keer per dag. So my groot bek is stil, maar opgeblaas.

Elk geval, ek het ‘n tailor, die oulkste ou mannetjie en hy ken my goed, ek nou al op die VIP lys en kry vreeslik afslag. Maar nee, so luister ek na ou by lap-winkel en hy sê sy tailor ken van. En ek gee my broek en hemp in en sê copy en paste. Ek gee ook so denim ding in wat mens oor jou baaibroek dra, lyk amper soos die outydse pinafore rokke. Die het so hakkie wat oor knoop gaan wat gebreek het, so ek vra kan ons die alteration doen en sit sommer net 3 knoopsgate in elke kant. Geen probleem.

Hy self sê kon haal dit die 10e, ek en Padda gaan eers Saterdag, ek is baie opgewonde oor ek my nuwe pakkie kan dra werk toe. Ek dra mos klere tot dit my regtig niks meer skuld nie- en then some. So is nou tyd om bietjie te verander. En ons stap in die hitte na die winkel toe want ek moet nou aanpas. Ek is rooi in die gesig en so warm dat ek so force shield om my het. Maakdie deur toe en haal daai klere uit…

Ek wou huil. Daar is my mooie lap gesny en ek sit met nie een nie, maar 3 pinafore rokke- of moet ek sê hemde. Ek wou uitpass. Weet as jy iets terug sit en weer uithaal want jy dink dit gaan verander- wel, dit doen nie. Ek pas die langbroek aan en die is perfek. Nou praat ek mooi met myself daar binne.

Ek verduidelik mooi aan hom hy het die verkeerde ding gedoen, want die alteration is nie eens gemaak nie. Needless to say, hy begin stry, ek voel ek raak sommer nog so 2 grade warmer en bel net daar die lap-man. Die sê hy kom. Ek verduidelik en hy sê ek is reg, die man het verkeerd gehoor. Dis omtrent ‘n gesprek in Urdu en hy sê hy gee die lap, die man kan oordoen. Ek baie dankbaar en ons is daar uit, ek kan volgende week kom haal.

Nou loop ek en Padda verder, dan het ek mos nie einde nie, ek WIL my storie klaar vertel. Sy die rustigheid van self en sê net “Pikkewyn, dis was ‘n goeie uitkoms en dit nou oor. Jy wil nie hê dit moet die trend stel vir die res van jou dag nie”. Tjoef! Net so vinnig is dit oor.

Ons het heerlik lap gekoop. Ek gaan sommer splinter nuwe kas hê vir die prys wat 2 langbroeke my sou kos in die Groot-klere-winkel. En tipies ek, het ek dit in elke kleur waarvan ek hou en sommer dubbel in swart.

Dis eers toe ek die poppie sien dat ek begin giggel vannaand en dink “Yip, ek sou soos daai toilet poppies gelyk het met my Pinafore rok/hemp en al”

14291740_494895257375688_2210657693529868877_n

Author: VirgoC

...ek is 'n Generation X kind, so sê die media . Ek is mal oor die comforts van tegnologie (wat ek wil verstaan), maar ek smag na dit waarmee ek groot geword het. Ek is vandag nog netso confused soos 20 jaar terug, verskil is nou geniet ek my confusion. Die is hoe ek die lewe sien in stories, of sommer net "plain" en soos die kraai vlieg.

11 thoughts on “Tailor, oh tailor”

  1. Ek wens ek het ook ‘n tailor gehad. Ek is nie baie tuis in klere nie en wanneer ek iets kry waarvan ek hou, koop ek sommer drie. Ongelukkig is hulle mos altyd net in een kleur beskikbaar en ek het baie klere wat dieselfde lyk – ek sweer die mense wonder hoe dikwels ek my klere was. Dis boonop duur ook.

    Liked by 1 person

    1. Hester, ek nou lekker gelag en verstaan heeltemal oor die klere storie, die tailors hier is een ding wat ek baie sal mis van hier wees. Sien, ek moes meer aandga gegee het op skool met naaldwerk doen, imagine hoe kon ek nou myself en ander help met die klere storie.

      Liked by 2 people

  2. Jammer ek het gelag vir jou penarie. Die terugsit in die pakkie en weer uithaal asof dit ‘n magic trick is, is klassiek 😀😀😀😀 Ek mis ook die dae toe ek my eie klere gemaak het…. winkelklere en ek gaan nie saam nie. Geniet jou nuwe klerekas!!!

    Liked by 2 people

    1. Lol, Kameel, soms verbaas ek myself met sulke goed😁. Ek gaan nog mooi leer klere maak, my ma val seker nou van haar wolkie af. Ek wil nou al sulke dinge leer doen, so ek beter vinnig geleer kry aan die rehab dinge dat ek kan besig raak🌻💃

      Liked by 2 people

Comments are closed.

%d bloggers like this: