Sommer net moerrig..

22228125_10204030320155161_987959153252384263_n.jpg

Na ek blogs gelees het vandag, dink ek daar is defnitief iets in die lug. Ek is sommer net moerrig, geen ander woord nie.

Ek wil net ‘n bord breek of ‘n koppie gooi of sommer net skreeu laat die kranse antwoord gee. En ek het geen rede om so te voel nie, wat my net nog meer de hel in maak.

wine

To top the feeling moet ek van môre to die 23e by ‘n kongres wees. En om dit in perspektief te sit- môre is Saterdag- MY DAG AF! Nou kyk, daar is een van die 3 goed wat jy nie mee lol met ‘n nurse nie- glad nie, nooit nie. En volgende Vrydag weer!

c969fb88f25a4d602fb5ecbda5243741

Hulle praat opregte Neuro surgical konsepte en tegnieke en ek voel ek kan eerder sit en kyk hoe word verf droog. So, ek het besluit ek moet vir my besig hou en dis nou maar al hoe ek die trip gaan oorleef.

So sak is gepak:

Kindle – check

Tablet – check

Adult colouring book – check

Klein pakkie inkleur potlode -check

Groot powerbank – check

Tot dan toe is dit survival enige manier wat werk…

11083935_10206111175563955_6732905100928649370_n

 

Author: VirgoC

...ek is 'n Generation X kind, so sê die media . Ek is mal oor die comforts van tegnologie (wat ek wil verstaan), maar ek smag na dit waarmee ek groot geword het. Ek is vandag nog netso confused soos 20 jaar terug, verskil is nou geniet ek my confusion. Die is hoe ek die lewe sien in stories, of sommer net "plain" en soos die kraai vlieg.

24 thoughts on “Sommer net moerrig..”

  1. Ek weet nie hoe skryf mens lag nie…want hahaha klink belaglik. Ek is mal oor jou prentjies, veral die eerste hoendertjie. Hoop jou Saterdag gaan vinnig tot ń einde kom. En nee, ek sal nie sê waar ons is nie…😗

    Liked by 3 people

    1. Lol, voel soos daai hoendertjie… Ek kleur in tot ek beter voel, glo my,xx En as julle in die wildtuin is…..( Gil eers gou in die kussing) geniet dit,😘

      Liked by 1 person

    1. Dankie en mens doen nogal,lol. Ongelooflik hoe mens tog kan aanpas. Ek sê vir Padda, at least sal ons op Mars kan aanpas….😃. Hoop dit gaan goed by julle ook en julle het ‘n amazing week,🌻

      Like

Comments are closed.