My tjoepie is nou pap…

Kyk, moet nooit laat enige iemand julle vertel mense wat in klein plekkies bly kan nie dinge opgaar nie. OMW!!! Ons is nou al seker 3 volle dae besig met “trek” in dieselfde woonstel.

Ons bly in ‘n sutdio, mal oor ons plek. Ek glad nie een vir baie spasie nie, die dat karavaan-kind so naby my hart lê. Alles net daar by jou. Probleem is ek like shop, ongelukkig.

Padda, nie so baie nie. Sy kan ure window shop- ek glad nie. Ek is heeltemal te veel in daai ‘instant gratification’ ding in. Ek sien jou, ek hou van jou, ek koop jou in al die kleure waarvan ek hou. Ek gaan huistoe, dink…hmmm, dit was dalk nie so goeie idee nie, waar gaan ek dit sit. By die huis het ek klaar vergeet ek het so krisis in consciousnesses gehad en pak te heerlik uit. Padda se oë word net groter, want die woonstel raak voller.

Kyk, eerlik, sy kyk ‘n ding van alle kante af, research vir hom dat hy nie weet watter kant toe nie. Sy vra my hoe het ek besluit op die tas. “Oooo, ek is mal oor daai pienk” en dis my som totaal van research. Sy ken die specs, sy weet wat staan op die terms en conditions en alles. Ek dink half ek maak haar so bietjie gek. Ok, meer as net ‘n bietjie. Soos my boetie sê “Sussie, jy is gatkant vorentoe gebore” en ek is.

Om alles te kroon het ek nou nog so hippie deel, so boheems, is skulls mal, gek oor donker kuns, groot paintings, prente wat nie reguit hang nie, sommer goedjies te plak teen die muur of venster, skryf op goeters. Ek wil hê dit moet my pas, en as my kop besig is dan moet ek daai dinge sien en heeltyd in my oog hê. Ek sal dinge skryf en plank soos:

10312712_535735926556139_575404107732989859_n29594696_561238477583740_7590899703585615635_nFB_IMG_1512674224210601678_240549439417110_1141670062_n21369628_1710298512328291_9189349440120709110_nFB_IMG_1481315970614anxiety10291061_10152489277559750_6102607574334359855_n10395859_923691157658910_1645316016794515505_n

Ek is mal oor sulke motivtional goete en van ek klein is wil ek nog altyd op mure skryf. Ok, ek skryf nie op dit nie, ek sit daai plak plasties oor en skryf met whiteboard marker daarop en op die ruit. Dan op dag vee ek alles uit en haal af en kan sommer sien hoe arme Padda bedaar. En dan begin dit weer.

Gelukkig was met die “trek” in dieselfde woonstel niks van daai op nie. Maar ek is mal oor paint, en ek moes al daai goete inpak. Lappe vir verf, wol (wat ek nog nie gebrei het nie), kruissteek kinder duvet wat ek maak, inkleur boeke want die gier het gebyt, lees boeke, nursing boeke, al die stationary (want ek kan mos gladnie verby daai winkles loop nie), my naaldwerk masjien (ousus, staan op van die vloer af, ek het een, moet nog net leer hoe hy werk).

Ek is eerlik, ek brand om al die goed te doen, maar (my eie toedoen) was daar net nie spasie nie. Nou het ons goed gesort, ek het 1 boekrak (en glo my dis erg). En dit was groot besluite wat gaan en bly. En soos ek uitpak en uitgooi, moet ons belsuit wat kan alles na ander mense toe gaan wat hulle kan gebruik.

IMG_20150915_105621

Ek het net nooit besef hoe baie goete het hier vergader nie, maar ek is bly om te sê, ons is 70% daar. Ons hangkaste het gekom, ek het mooi gestaan en pak vandag. My fake juwele is reg en gepak en lyk te grand en is nou so dat ek dit kan bykom. Ek nou besluit ‘it is time to pull yourself towards yourself ‘en vinning ook. Ek is nou op met my wat so nie kan rigting kry nie.

00d73cdeb91b023481e27355c6ee9608

So roetiene vir my weer. Wat beteken ek moet weer vroëer begin slaap sodat ek vroëer kan op en begin oefen in die oggend voor my brein wakker is en besef wat gebeur. Ons sal maar sien hoe die stap môre gaan, of dit te warm is, as dit is, dan is dit terug swembad toe in die oggende, sal seker op stadium moet dink aan na werk want lyk my dat my baas dink mense hier wil van 7am gesien word in buite pasiënte. Stel dit so, die wêreld doen nie vroeg nie, so ons sal maar sien. En ek sal dit nie kan inwerk voor werk nie, so sal maar ding moet doen dat ek na werk begin oefen… Feit is, ek gaan myself weer in rat en roetiene kry.

FB_IMG_1499930958782pilates

 

Vir vandag het ek genoeg gedoen, gepak, gesort, gegooi, gegee, gedaan..

Ek nou moeg.

24993133_1382988921812374_7560807906780247235_n

 

Author: VirgoC

...ek is 'n Generation X kind, so sê die media . Ek is mal oor die comforts van tegnologie (wat ek wil verstaan), maar ek smag na dit waarmee ek groot geword het. Ek is vandag nog netso confused soos 20 jaar terug, verskil is nou geniet ek my confusion. Die is hoe ek die lewe sien in stories, of sommer net "plain" en soos die kraai vlieg.

23 thoughts on “My tjoepie is nou pap…”

  1. Klink na my kosbare seun hy trek albyna ‘n maaand lank uit sy 87vkm ws. Dit lyk al skoon groot met dit wat al uit is. Dit maak my mal. Ek hou van min goed om skoon te maak. Ek het allerhande kaggelkakkies wat ek so geskenk gekry het, maar dit is dit.

    Liked by 1 person

    1. Laat jy my nou lag met kaggelkakkies, en hier oorvloed van sulke klein-kakkies-winkel-wat-stof-gaar😂. Ek begin al hummmmmmmm oppad huistoe, nog so paar goed wat ons wag wat verkoop is wat moet gaan. En dan….Space!

      Like

  2. Ek leef saam met twee opgaarders en dit maak my gaar. Ek kan nie soveel goed om my hanteer nie. My kop is so deurmekaar dat ek nie kan saamleef met ‘n deurmekaar omgewing ook nog nie. Geluk met met jou skoonmaak-en-wegmaak aksie.

    Liked by 1 person

    1. Dankie Hester, glo my ek dink Padda baie bly. Vreemd, ek geniet regtig dat dit oop is nou, besef nou dalk hoekom ek nie die dinge doen wat ek geniet nie,. Hier gaan nou geverf en gestik en gekleur word. Dit laat mens so vry voel

      Liked by 1 person

  3. O nee nie jy ook nie!!! Alles mooi netjies op sy plek dan kan ek vrylik asemhaal. My een skoonseun is ‘n opgaarder…. dis erg!!! Sy splinternuwe dure kar slaap buite want hy het sy deel van die dubbel garage vol “gemors” (goed wat hy koop net vir die koop… en sekerlik nooit gaan gebruik nie.) Wens daar was ‘n pil vir opgaarders 😀😀😀 Sterkte met jou nuwe voornemens!!!

    Liked by 1 person

  4. Ooh jinne jy klink soos ek, ek kan net so “gaar” met die dat oudste nou weer by my bly moet ek my hele garage se “gemors” (in ander se oe) in n spaie van een by twee meter pas. Dit was nag… ek gooi nie maklik weg nie, maar darem nie helemal so lief vir koop soos jy nie 😉
    Ek het n hele muur wat met chalk paint gewerf is en daar skryf ek en die kids en wie ookal wil, net wat ons wil…
    Dit moet “effens” deurmekaar om my wees, klinies is nie vir my nie MAAR dit moet skoon wees.

    Liked by 1 person

    1. Dit klink amazing en so ‘n goeie idee, mal daaroor. Nou besluit ek moet spaar, ek het idee in my kop wat baie belangriker is as koop in elke kleur😊

      Like

  5. Lekker lag ek vir jou. Laas toe ek vir Una gesien het, het sy hoeka gesê ek moet blog oor ek ‘n Happy Hoarder is. Baie bly om te sien daar is nog van my soort

    Liked by 1 person

  6. Ek identifiseer met jou skrywe, sit in dieselfde bootjie wat ‘n piepklein plekkie betref! Dis seker vir nou ons lot, ek smag na spasie!! Klein woonstel, klein karretjie, klein kantoortjie…. Ek is al claustrophobic!

    Liked by 1 person

    1. Ek is mal oor klein plekkie, probleem is….was, ek koop te veel. Ek is nie een vir spasie nie, solank ek my goedjies het wat my besig hou, is ek gelukkig. Maar ek moet sê, dit lyk regtig mooi so oop, klein of te nie.

      Liked by 1 person

      1. LOL
        Ek is ook lief vir koop. Nie vir myself nie, vir my plek. Mooimaak is vir my terapeuties. Ek wil histeries raak as ek iets mooi vir die woonstel sien maar ek kan dit nie koop nie want daar is nie plek nie!

        Liked by 1 person

        1. Ek hoor jou, dan moet jy sien hoe probeer ek beplan wat gaan iewers anders dat sit kan inpas. Maar nou…nou klameer ek en loop net aan. As dit erg raak, haal ek my bril af dat ek niks kan sien nie- baie veiliger so,lol

          Liked by 1 person

Comments are closed.

%d bloggers like this: