Trek jou stapskoene aan…

FB_IMG_1509212409050

Ek stap dieper in die bos in, dis ‘n heerlike sonskyn dag in die winter, daar is so paar strale wat so deur die bome glimlag en ek wonder waarheen hierdie paadjie  lei. Die voëltjies sing en is baie besig.

Die kamera kliek-kliek soos ek afneem. Ek vegaap my aan al die soorte voëls en besef ek en Padda moet regtig ‘n boek kry dat ons kan name leer. Ek stop en besef met hartseer hoe ek al daardie dinge net vergeet het. Kleintyd in die wildtuin het ons sulke dae gehad. My pa sou sê “vandag kyk ons net bome”- en ons het. Ons het so opgewonde geraak oor die soorte wat hy kies en dan kan jy tot R1 wen as jy daardie spesifieke boom sien en uitwys. Ek stop so langs die kant en dink ek wens so ek het meer onthou, meer ophoogte gehou met dit wat ek geleer is. Snaaks, mens dink nooit dat jy dinge gaan vergeet nie, dat mense jou wel op een of ander stadium gaan agterlaat en jy gaan hier wees en gaan net nooit weer met hulle praat nie…

961080-PFNABLXV-8

EK skrik toe ek omkyk en die vreemde kraai vlieg en sit reg langs my op die tak. Hy kyk my in die oë en sê ” Ek sal jou dit gun om vir ‘n minuut die mense te sien waaraan jy dink. Ek doen dit oor ek in die duif-wêreld gehoor het julle het na die duiwe en ander voëltjies gekyk daar vêr in die woestyn. Jy mag niks vra nie, wat ek sê doen jy. Jy mag nie met hulle praat nie, maar jy kan sien en jy mag nooit hieroor praat nie, met niemand nie”

Ek skud my kop, vee my bril skoon en kyk weer en besef die kraai praat regtig. Ek knik my kop en sê”ek wil sien”. Die kraai skud sy vere reg en sê trek daai rok aan langs jou. Ek kyk af en sien die rok . Ek begin dadelik aantrek en volg hom soos hy laag vlieg. Hy land en sit op my skouer terwyl ek loop. “Dit gaan baie vreemd voel, dis al hoe ek jou daar kan kry, maar jy sal almal kan sien wat jy so oor dink. Stap in daardie sirkel gras in en volg my sodra jy reg is” Hy vlieg en sit op die stomp en ek stap in. Dit voel skielik vreemd en ek voel amper soos ‘n windjie wat sterker waai om my, deur my..

27657928_167368150557217_4068186814720215342_n

Die vlinders bars uit my uit en ek voel hoe ek minder word van myself en net meer vlinders kom uit. Toe ek heeltemal weg is, vlieg ons soos een groep na die kraai en hy vlieg stadig voor ons uit, reguit na die ou water-put. Hy praat met ons en dis so vreemd want ek verstaan hom. Hy sê ons moet in die groot emmer klim en hy sal ons stadig laat afsak na die tower-water. Wanneer ons op die water is en begin rond dryf, sal die stroom ons vat en daar waar ons stop, moet ons net in die emmer bly. Ons moet voor ons kyk en dan sal ons sien waarvoor ons kom kyk het. Ons mag nie uitvlieg nie, net daar bly. Ons het 1 minuut om te kyk en te sien en dan moet hy ons terug bring.

Ons almal fluister soos ‘n koor “jaaaaaa” en volg hom.

29249699_10212093341035062_928847387897144962_n

Die eerste deel is so donker en in ons almal se harte bekommer ons of ons dalk nie gedink het oor die hele storie nie. En skielik bars die lig deur en daar is ‘n hele nuwe wêreld wat voor ons oopgaan. Dis so groen, die water so sag, die mooiste geluide en reuke van blomme- maar geen blomme insig nie. Ons bly almal in die emmer en ruil plekke dat elke vlinder kan sien wat aangaan. Skielik is daar so ‘n opgewondenheid, en ook so bietjie bang. Die gevoel is vreemd, ons is almal ‘connected’, wat een voel, voel almal. Almal kyk na mekaar en is besorg oor mekaar, daar is geen grense tussen ons nie. Ons is almal saam en almal apart.

Die emmer dobber en dryf en skielik stamp en stop hy teen die mooiste rots. Ons almal val vorentoe en lag te lekker en toe kyk een op. Ons hoor hoe almal hulle asem intrek en kyk op…

Dit is so pragtig, so ongelooflik pragtig. En daar is hulle almal, en hulle is gelukkig en hulle glimlag en lyk soos ons hulle onthou. Daar is geen gevoel van pyn, bekommernis, dis sag en vrede en geluk en liefde.

My ma kyk op en wys na die emmer vol vlinders, my pa kyk om en glimlag. Ouma Meizie vat dadelik pen en papier en ek weet sy skryf ‘n gediggie oor ons. Ben-Boon kyk na ons met daai frons en smile, so asof dit lyk of hy in die son inkyk en smile. Ons kyk na hulle almal, hulle is almal daar. Almal hou hulle asemepies op, almal se ogies traan want ons wil so graag net sê “hallo en ons is lief vir julle mis julle so baie”. Nanna en oom Joe staan naby, hy maak sy perfekte toebroodjies sonder korsies wat hy altyd gemaak het en sy maak tee uit haar silver teepot met daai hoedjie op om teepot warm te hou. Attie staan by hulle en sy kieste staan vol gestop van die boordjies, sy army hoedjie lekker skeef op sy kop. Oupa Willempie en Rex staan onder ‘n advokadopeer boom. Ouma Koeks staan op ‘n klip en rook haar sigaretjie, al 4 voet 10 van haar. Tannie Anna en oom Gert aan die anderkant, hy bou puzzle en sy maak klere. Tannie Margaret voer sowaar steeds al wat ‘n dier is, Tannie Annatjie se hare so perfek soos dit altyd was. My pa gee so harde fluit en Lady kom aan gehardloop, Diamant nie ver agter nie. Ek sien so wit streep aangehardloop kom na ons toe en besef dis Misha, my ma roep hom en sê “nee seuntjie, jy weet jy mag nooit vlinders jaag nie”.  Hy  stop so kort voor ons, ons kyk in sy blou, skeel oë en ek voel hoe die traan oor ons almal se vlinder-gesiggies rol. Ons wil so graag nader gaan, net eenkeer raak. Misha bly staan, en hy kyk en hy meouw soos net ‘n siamees kan. Ons trek ons asem in want my ma kom nader, sy is hier vlak voor ons en sy tel hom op en hy begin dadelik te brei op haar skouer. Die trane loop oor ons gesigte nou, want ons almal besef my ma loop weer…

Skielik voel ons hoe die emmer begin terug getrek word en ons wil so graag uitvlieg, reguit na hulle toe en net daar bly. Maar die kraai is sterk en voor ons almal kan besluit is ons al halfpad opgehys terug na die put se bek toe. Hy beduie dat ons hom volg en ons doen. Hy vlieg oor die rok en wys ons moet daarop gaan sit.

Sjoooeeeeeeeeepppppp! Dit is so suigkrag en vreemde gevoel om te voel hoe ek weer aanmekaar gesit word en ek staan skielik, my bene lam. Ek hoes en hy kom sit op my skouer. Hy kyk my in die oë. “Nou weet jy dat hulle is gelukkig, hulle kyk na julle, hulle weet wanneer julle met hulle praat en hulle leef soos beskermings engele om julle. Jy kan nooit praat oor die nie, jy kan praat asof jy gedroom het, maar nooit ooit mag jy van die vertel nie. Ek weet jy wil terug en jy wil so graag met hulle praat. Maar dit is nie hoe dit werk nie. Ons kraaie kry net een mens elk met wie ons die mag deel. Jy was my keuse, nie net oor die duiwe nie. ” Hy draai om en pik sag teen my rug. “Jy het ‘n kraai op jou laat teken, nie enige kraai nie, ‘n towerkraai en dit was my wens vir jou. Ek weet jy wonder baie, maar ek wou hê jy moes weet. Jy kan op jou manier seker maak dat die ander wat wonder, dat hulle weet sonder om iets oor ons ontmoeting te sê”. Ek knik net my kop. Hy vlieg skielik op en weg.

“Genade Pikkewyn!” Ek kyk om, Padda stap nader en lyk heel bekommerd. “Jy kan mos nie net sommer so die bos instap en nie vir my sê jy gaan nie. ” Sy druk my so styf vas en ek knik net, nog nie seker of ek wel gaan kan praat nie.

Sy vat my hand en ons stap na ons kombi toe. Ek klim in en sy sluit hom aan. “Daar is nie plek hier vir ons vannaand nie,so ons ry verder af na daai een teen die stroom toe. Sal jy vir my kyk hoe ver nog”

23168054_1729226877101671_3700955310156353344_n - Copy

Ek trek my stapskoene uit… tel die kaart op…

 

Hierdie week se uitdaging word aangebied deur  travel460 van die blog Bali Drome. Die uitdaging open om 12:00 op Donderdag 3 Mei.

Om die inskrywings van verskillende bloggers in die Lê-Jou-Eier uitdaging te geniet of om self ‘n blog wat jy geskryf het aan te heg by hierdie skakel, klik op die InLinkz skakel net onder die paddatjie:

http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=778471

Vir die reëls van hierdie uitdaging, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposts Lê-Jou-Eier: Reëls (2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22).

Advertisements

Skrywer: VirgoC

...ek is 'n Generation X kind, so sê die media . Ek is mal oor die comforts van tegnologie (wat ek wil verstaan), maar ek smag na dit waarmee ek groot geword het. Ek is vandag nog netso confused soos 20 jaar terug, verskil is nou geniet ek my confusion. Die is hoe ek die lewe sien in stories, of sommer net "plain" en soos die kraai vlieg.

17 gedagtes oor “Trek jou stapskoene aan…”

  1. Ek sit hier en is verstom oor jou skryfvermoë, jou droomstap, jou denke. Jy het my hartseer, al ons mense wat jy so oor sê. Hierdie moes soveel uit jou gehaal het, my sus.xxx Eerlik, ek huil in my binnekant.

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s