YAPOOOOOOOO…

 

 

 

Ek weet vandag is Maandag en ek weet hier is ‘n hele paar mense wat regtig ‘n rowwe dag gehad het. Ek wens ek kon almal teleport na ‘n plek waar dit net beter kon gaan. Al was dit net ‘n bietjie, want ek ken daai gevoel, ons almal doen. Daai dae waar jy sommer net wil weg-hol, maar nie krag het nie.

1478751566607

Maar vandag, net vandag het ek gehoor ek het verlof!!!!! Ek is in probasie, so tegnies mag ons nie kry vir eerste 6 maande nie, maar oor die opening van die nuwe projek agter is, wil hulle hê ons moet nou gaan. Ek is so opgewonde, ek voel soos ‘n kind voor Kersfees. Ek smile van oor tot oor. Daar is skoon ‘n lys wonderlike dinge :

  1. Ek gaan my Boetie en Ousus sien
  2. Ons 4 gaan wildtuin toe  (die reuk van die wildtuin, teerpale)FB_IMG_1492956810743
  3. Ons gaan Kaap toe
  4. DIS WINTER!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!
  5. Ek gaan die berg sien en weet sommer sy gaan haar voorskoot aanhê…

     

  6. Ek gaan familie en vriende sien na wie ek so verlang
  7. Ek gaan in Afrika wees en ek gaan haar sien en hoor en voel en beleef..IMG-20170512-WA0612
  8. Ek gaan my taal hoor, ek gaan Afrika se tale hoor FB_IMG_1507125466600
  9. Ek gaan dinge sien wat mens net in Afrika sien en verstaan..IMG_1550FB_IMG_1499783053805
  10. Kos ruik wat ek ken en mis (Pannekoek by die oom by Spar op Harties, Vetkoek en mince by die tuisnywerheid se tannie, kondensmelk beskuit by die tannie wat vir Jasmyn bak
  11. Groente en vrugte by Jasmyn, die reuk as mens instap
  12. Dat mens amper al jou shopping kan doen by ‘n robot terwyl jy wag vir die lig om oor te slaan
  13. Mense wat vir jou wys hulle is hel kwaad en nie skaam om te sê nie FB_IMG_1496235115849
  14. Ek gaan koud kry:):):): – Padda nog meer as ek (ek hoor haar al “Pikkewyn, sit aan jou broei-knoppie”)
  15. Ek kan weer aan die ‘regte kant ‘ van die pad bestuur
  16. Daar is regte egte Chappies en mense weet wat Beechies is
  17. WIMPYYYYYYYYYYYYYYYYYYYYY
  18. Ons gaan seker met tye nie krag hê nie
  19. Daar is nie oral WiFI nie
  20. Daar gaan steeds kinders met kaalvoete wees
  21. Albany brood…ja ek weet is seker baie erg, maar dis sagte, wit brood wat mens heerlike sooibrand gee (hallo Gaviscon)
  22. Superfine appelkoos konfyt
  23. Woolies hoender.. (en dan wonder ek hoekom ek so lyk, hoeveel kos goed het ek nou al genoem) 10981742_10206651172143493_5447636108110402277_n
  24. Dischem!
  25. Rëen… omw, ek gaan dalk rëen sien.. ek meen regte, egte rëen, nie seeding nie, dit wat regtig val

     

  26. Ons gaan dalk ‘n bike kan koop
  27. Ek kan vir my werk sê ‘ due to being in the bush, I will not be reachable until my return’ ….Bliss.
  28. Ek en Padda gaan saam op vakansie wees
  29. Dis WINTER (net ingeval iemand dit vroëer gemis het)
  30. Did I mention…I am going to Africa!

 

Al wat ek kan sê is Dankie…

10292383_279994672162539_45480671231143602_n

Author: VirgoC

...ek is 'n Generation X kind, so sê die media . Ek is mal oor die comforts van tegnologie (wat ek wil verstaan), maar ek smag na dit waarmee ek groot geword het. Ek is vandag nog netso confused soos 20 jaar terug, verskil is nou geniet ek my confusion. Die is hoe ek die lewe sien in stories, of sommer net "plain" en soos die kraai vlieg.

24 thoughts on “YAPOOOOOOOO…”

    1. Ons almal doen dit, ek net bly ek kan dit weer sien en beleef, mis dit so ongelooflik baie. Dankie vir die mooi wense,x

      Like

  1. Jou opgewondenheid is aansteeklik.🤗 Ek sien ons is eerste op jou lysie, maar ek wonder. Teen die tyd wat ons julle oplaai, was jy klaar in Wimpy, en weet ek sommer jy het Albany brood iewers gekoop.xx

    Liked by 1 person

    1. Ons maak so Tannie Frannie, ek dink julle defnitief meer opgewonde as ons. Dit is wonderlike nuus en julle gaan mekaar stukkend kuier. Sjoe, 8 jaar…

      Liked by 1 person

  2. Whoohoo, ek kan jou opgewondenheid met ‘n stomp tafelmes sny. Afrika klink sommer lekker uit jou mond. Geniet dit gate uit. NS. Was Ousus nie onlangs in die wildtuin nie of is hulle nog steeds daar?

    Liked by 2 people

    1. Jy is reg, Hester. Ons was 2 weke gelede daar. Maar daar is mos nou geen manier om nee te sê vir hierdie opgewondenheid wat so oorborrel nie! Kan net ons klomp kinders se opmerkings hoor as ons oor 3 naweke weer wildtuin toe ry. Gelukkig weet almal in die familie dat Carien en haar boetie semi wildtuin-bloed in hul are het. As die natuur roep, moet ons gehoor gee! Sy en Padda vlieg ook sommer van Oliver Tambo lughawe af direk Skukuza lughawe toe…dit wil gedoen wees. Die boodskap lui: Ousus, julle laai ons tien oor twee die 25ste by Skukuza op. Sien julle, kan nie wag nie.☺☺☺

      Liked by 1 person

  3. Jy laat my sommer glimlag. Mens weet nie altyd wat jy het, totdat jy dit nie meer het nie
    Una – semi wildtuin-bloed klink soos ‘n storie. Hoe kry mens dit?

    Liked by 1 person

    1. Lololol, jong mens se pa jaag jou daai muti in van klein-tyd af😀. Stel dit so Positief, ek was 13 toe gaan ons skielik see toe vir vakansie. Ek het my byna dood gehuil en kon nie dink wat ek verkeerd gedoen het dat ek so gestaf word nie😂, volgens my gaan jy net wildtuin toe… Maar ek is mal oor stil water en hoe ouer ek word oor die see. Daai water is vir my die perfekte vegelyking van die lewe, staan nooit stil nie, verskillende maniere, getuie, eie tyd, eie manier, altyd in beheer of ons saamstem of nie. Groot respek vir daai “Blou Lady” . Maar die wildtuin… ek belowe na 2 dae voel dit of ek op solar power plaas geslaap het ek is so “gecharge” , bang vir olifante en al😀😀

      Liked by 1 person

Comments are closed.

%d bloggers like this: