Another world-kop in by-nes druk nou…

12645130_991007150934845_1145603246927653691_nEk lees vannaand Leja se post en sy het my so laat dink. Die wêreld het so verander met internet, cyberspace…the new frontier.

Leja se skrywe laat my dink aan my eie dilema op die net. Ek is soort van nuuskiedig gebore en glad nie skaam om te vra as ek nie verstaan of iets weet nie.  Na ek die reeks 50 Shades gelees het oor almal so aangegaan het, besluit ek ‘ nope, this is too good to be true. Niemand gaan vir my met perde- sweep slaan en ek gaan bly wees daaroor nie’. Iewers lieg iemand en ek wil nou weet.

Onthou, hier in Dubbels is alles gesensor. Maar waar ‘n wil is, is ‘n weg. Ek het ‘n program op laptop wat my adres blok en kan soos enige normale mens na enige website kyk. So soek ek op en kom op een van hierdie vreemde plekke uit. Ek het my vals naam en alles en so met entry in die groep vra die host ” Big Daddy John” wat is my plesier. Ja, ja, ek weet, sy naam moes my klaar gewaarsku het, maar aan die anderkant is dit juis die naam wat my laat besluit, wees nou maar eerlik. Ek sê ” I read 50 Shades and somewhere somebody is not being honest or they are not really beating people properly. I got many hidings as a child and whatever Ana felt, I promise you was not even in my vocabulary. It was pain, plain and simple”

Big Daddy wil hom doodlag, hy sê net hy kan nie glo iemand is so eerlik nie. Ons chat te lekker, ek word van die rëels vertel. In a nutshell: all goes, do not insult people and their fetish, if you feel something is really bad, let me know the name of the person and I will review the conversation. If somebody sends you a private message and you need help, let me know” Ek stem in, word weer gesê basies all goes en hy sal saam my in wees dat ek net eers ‘n feel for the place kry.

Ek sê weer, ek het ‘n oop- kop en het regtig gedink ek weet baie. 🤐. My bek het letterlik oop gehang. Ek het in psig baie geleer oor fetish en self pasiënte met dit gehad, ek het geen probleem met dit nie, maar die….

Ek word voorgestel, sê hallo omtrent honderd keer. En skielik vra iemand my oor watersport. Ek voor ek my kan keer dink ek net great! Ek ” oh yes, love it” Big daddy sê ” I am not sure you are on the same page as him”. Boetie is te bly om te lewe en chat heerlik met my, big daddy lag net. Boetie vra ” since when are you into watersport? Ek dink en sê ” since I can remember, honestly I love it”. En toe kom die groot ontnugtering …

Boetie vra ” so do you like to pee on your partner or do you like to have somebody pee on you?

Ek is stil, ek lees weer en weer die vraag en dink wat praat hy nou.

Ek sê ” why in the world would I do either? ” En toe sê big dadfy ,” I told you it isn’t what you were thinking”. Ek is stom, boetie vra wat het jy gedink meen ek. Ek sê kayak, swem, snorkel, windsurf en sulke goed. Wel, vir ‘n dag was ‘n baie, baie weird groep mense baie entertained. Dit was asof hulle nie kon glo mense weet nie van hierdie privaat wêreld nie. Ek is gevra wat ek dink van dit en dat. In my lewe het ek nie geweet die dinge wat ek van geleer het gebeur elke dag, met normale mense, met normale lewens in normale buurte in normale lande nie. Ek sê normaal omdat dit die notion is waarmee ek groot gemaak is.

Moet my nie verkeerd verstaan nie, ek glo steeds dat daar nie met van die dinge fout is nie, mense is verskillend en party het net in my persepsie ‘n vreemde behoefte voor hulle normaal kan voel. Ek het geen probleem met fetish nie, each to their own. En soos alles in die lewe is dit die deel van “dat daar nie met VAN die dinge fout is nie” waar die moeilikheid begin…

Baie van die dinge het ons oor gelag, ek het gerus genoeg gevoel om te vra en is die antwoorde gegee, ek het eintlik baie nice mense ontmoet wat net anders voel oor dinge. Ek het met mense gepraat met baie hoë poste wat net voel hulle wil net geen besluite maak in hulle privaat lewe nie en wil as slawe hanteer word, couples wat getroud is wat saam chat en fotos deel. Ek was stom, hulle het dit geniet om te praat en te verduidelik en ek is nie skaam om te vra nie. Ek het baie geleer, nie alles waaroor ek bly was nie.

Wat ek regtig mee ‘n probleem gehad het was dit in die groep daar verskillende ‘,rooms’ was en jy kies waarheen jy wou gaan. En die hoeveelheid van daardie rooms wat ‘ dedicated to young ‘ , het my amper die horries gegee. Ek kon nie glo wat ek lees en sien nie, wat mense vertel het om kinders in te lok nie, selfs hulle eie kinders is gebruik as “bait”. Ek was naar en so bly ek het geen kind nie, want ek kon nie dink hoe ouers dit ooit sal stop nie. Mense is oop en bloot met wat hulle voel, doen en ‘advies’. Ek het gesit en net gewonder hoe stop mens dit ooit?

Weet ouers hoe maklik dit is, hoe geslepe die mense is. Dat hierdie mense nie regtig dink wat hulle doen verkeerd is nie. En wat dit die ergste maak, die was nie die regte ‘bad people’ groep nie, die was mens met fantacies . Mense wat as dit regtig was wat jy ‘nodig’ het in die lewe, kon vertel hoe om by die regte bad mense uit te kom, maar hulle wou niks daarmee te doen hê nie. Dis daar waar ek gehoor het hoe gewone gardening sites, bird watching site ens gebruik word as ‘n front vir baie, baie donker plekke.

Ek het besef dat dit so waar is in die lewe, met alles, alles is nie net goed of net sleg nie. Soveel amazing dinge wat die internet vir ons oopgemaak het, het dit sowaar ook ‘n baie, baie donker plek oopgemaak. Ek glo nie dit is iets wat net nou bgin het nie, ek dink net dit het soveel meer mense soveel meer kanse gegee om dinge onmiddelik te kry en te beleef en mense wat soos hulle voel te ontmoet.

Ek dink aan hoe ons (en ek meen nou maar die mense in my ouderdoms groep) sukkel om goete te kry en te leer op die net. Kinders gaan skool en het dit as ‘n vak. Hulle weet klaar soveel meer as ons van die wêreld en ons glo en hoop en vertrou dat ons hulle kan perk op wat hulle kan doen. En ek glo ons kan, maar net om meer betrokke te wees.

23172584_144001782903852_1975545043244269210_n

Dit breek my hart om mense te sien wat steeds meer aandag aan hulle fone as hulle kinders gee. Ek wonder baie of hulle ooit besef hoe vulnerable kinders regtig is. Hulle word groot in ‘n wêreld met kits-alles… instant gratification. Hulle leer so min van werk, beplan, spaar, koop die een waarvoor jy gespaar en gewerk het, daardie hele deel word net so van hulle weg gevat. Daar is ‘n groot deel van groot word wat hulle net heeltemal uitmis en die bietjie wat oorbly is ouers so besig met hulle eie dinge en ‘cyber’ wêreld, dat ons hulle letterlik vir die wolwe gooi.

23316259_144001929570504_2936687847253227334_n23172925_144002092903821_7293028153556032287_n

Ek haal my hoed af vir ouers wat dit probeer balanseer en so hard werk om nog in hulle kinders se lewens te bly. Ek praat dalk maklik, ek het nie kinders nie en het in elk geval nie die senuwees daarvoor nie. Al wat ek kan sê is moet nooit ophou nie, laat hulle dik-mond wees, maar bly daar, bly aktief deel van hulle en weet soveel as wat jy kan van hulle. En moet net nooit dink dat dit net die internet is nie, mense het geen benul hoe hulle getrack woord deur hulle fone nie. Ons gee soveel inligting van onsself uit oor ons net ‘n app wil laai of dit makliker te maak om dit of dat te doen. So onskuldig, maar soveel blootstelling deur dinge.

FB_IMG_150636276208212642845_991007197601507_8465214168335625143_n

Onthou net ‘there is a second language to the language you speak everyday’ waarvan ons nie eens bewus is nie. En al hoe jy dit ooit uitvind is om betrokke te bly en te sorg dat jou kind met jou kan praat- oor alles.

10599699_10152589152111112_7976711409048984345_n

 

Author: VirgoC

...ek is 'n Generation X kind, so sê die media . Ek is mal oor die comforts van tegnologie (wat ek wil verstaan), maar ek smag na dit waarmee ek groot geword het. Ek is vandag nog netso confused soos 20 jaar terug, verskil is nou geniet ek my confusion. Die is hoe ek die lewe sien in stories, of sommer net "plain" en soos die kraai vlieg.

7 thoughts on “Another world-kop in by-nes druk nou…”

  1. Mmm, ek het myself ook al uitgespreek oor 50 Shades (sien https://wp.me/p9ruaE-lu), maar jy is reg, dit is nie noodwendig ‘n “verkeerde” lewensstyl nie, net solank as wat dit nie ‘n onwillge partner of nog erger, kinders, betrek nie. Dis net nie vir my nie. Ek is so bly my kinders is nou groot en ek hoef nie meer te probeer om hulle in ander rigtings te stuur nie. Jy is reg, kinders het meer nodig as net ‘n selfoon in die hand om vir ma te bel in geval van nood.

    Liked by 2 people

    1. Hester, ek het nou so lekker gelees en gelag en stem saam met jou. Dit het my die wêreld se goed gedoen om te lees. Ek sê soos jy’each to their own”, maar vir my slaat jy glad nie- nie as jy nie harder terug geslaat wil word nie. Dankie vir die, dit het regtig my dag gemaak.

      Liked by 1 person

  2. Jy maak nou vir my ook ‘n vreemde wêreld oop. Ek weet nie of vandag se kinders noodwendig slimmer is as ons nie. Hulle word blootgestel aan baie onnodige dinge, wat soms lelike gevolge het. Ek is so bly my kinders is groot!

    Liked by 2 people

Comments are closed.

%d bloggers like this: