Happy Mother’s Day…

MothersDaymothers-day-2018-quotes_650x400_71526024088

Dis so ‘n spesiaale dag vandag, wel volgens my. Ek kan onthou klein tyd in die skool hoe ons juffrou ons altyd laat onthou het van hierdie spesifieke dae. My standerd 3 juffrou, Mariet Greyling, het ‘n ongelooflike indruk in my lewe gemaak, vandag nog. Ek onthou die papier kaartjies maak. Ek is links en skryf regtig baie lelik (dink ek het my eie font). Maar op daai kaartjie, shoe, ek het omtrent uitgehaal en wys. Daai sag op en hard af letters mooi geoefen, geen foute op die kaartjie nie.

439380058dc654c6a88d99901193f999

My pa het geglo al die dae is geld maak- tot dit by Vadersdag gekom het, altyd so lekker gelag, maar hy het saam gewerk aan die dag. Dit was uiteet of kuier of iets wat my ma wou doen.

1696_MothersDay_Page_015_580x

My ma is op moederdag dood. Lillie, die suster in ICU het so ongelooflik gehuil en net aanhou sê “but it is mother’s day”. Ek het haar gedruk. In my binneste het ek gedink “this is a real statement Emma”. My hart was stukkend en alleen.

c89f4d54b34671078d79af4e6fdf82a4

Ek het gedink sal vir my ‘n demper op die dag sit en dit het seker so vir die eerste paar jaar. Ek is groot gemaak met ongelooflike vroue in my lewe, regtig. Ek is ongelooflik blessed met hulle in my lewe, die feit dat ons ongelooflik lief is vir mekaar en so naby mekaar is. Ek het regitg baie ma’s in my lewe, tot vandag nog. En nie net ma’s nie, vrouens wat ma’s is en so ongelooflik is.  En dit het my so klein rukkie gevat om te bsef die dag is ook vir hulle.

Mothers-Day-cardsimagesan-open-letter-of-apology-to-all-stay-at-home-moms-christy-m-stay-home-mom-jobs-drts

So aan almal van julle, julle is amazing. Dankie is klein, maar al wat ek  en ons kan sê. Vir die amazing vroue in my lewe vandag- dankie,xx

mothers-day-quotes1simple-reminder-holiday-happy-mothers-day-tribute-2w4e.th

 

Author: VirgoC

...ek is 'n Generation X kind, so sê die media . Ek is mal oor die comforts van tegnologie (wat ek wil verstaan), maar ek smag na dit waarmee ek groot geword het. Ek is vandag nog netso confused soos 20 jaar terug, verskil is nou geniet ek my confusion. Die is hoe ek die lewe sien in stories, of sommer net "plain" en soos die kraai vlieg.

11 thoughts on “Happy Mother’s Day…”

  1. My ma is oorlede net na die moedersdag wat ek vir die eerste keer in jare nie saam met haar spandeer het nie. Ek was nie betyds daar om haar te groet nie en ek betreur beide die moedersdag wat ek gemis het en die moeder wat ek nie gegroet het nie. Vir my is dit ‘n baie teer saak. Maar jy is reg, mens moet liewer kyk na die vroue wat saam saam met jou leef.

    Liked by 3 people

      1. Jammer om te hoor Perdebytjie. Dit is seer en die “wonderlik” daarvan ( jammer weet nie hoe anders om te sê nie), mens onthou net die mooi, altyd. Groot druk,x

        Liked by 1 person

    1. Dit bly hartseer, ek glo hulle weet ons intensies en gevoel daar waar hulle is. En soms dink ek ons is bietjie hard op onsself met sulke dinge. Dat jy haar mis verstaan ek, ek glo eerlik sy weet, ma’s is spesiaal op daai manier. Die Liewe Vader het mooi gewerk toe Hy ‘n ma gemaak het,xx

      Liked by 1 person

    1. Ai Dromer, Mina en Albert en hulle kinders het nog nie terug gekom nie en ek glo met hulle gaan dit goed. Arme Mavis en Noel se eerste poging by ons het glad nie goed gegaan nie en hulle twee het getrek. Hulle het “dud-eiertjies” gehad en sy het dae lank op daai nessie gesit. Eventually het sy seker besef, het tot vir paar dae terug gevlieg om te kom kyk of iets gebeur het. Hulle was nog nie terug van toe af nie. En nou met somer aan die kom leef niks wat buite is nie. Ek glo steeds hulle kom drink water op die vensterbank by ons…

      Like

Comments are closed.

%d bloggers like this: