Decisions…

 

1bd24549223f65c7b6a046af112a8f4d--bad-decisions-quotes-decision-quotes

Harde woorde en nie lekker om te erken nie. En ergste is, as mens jonk is en ouer mense sê vir jou dat dinge jou eendag inhaal. Jy kyk na hulle en dink “yeah right, dit is nog jare voor ek daai ouderdom is” en jy gaan aan. Dan raak jy op ‘n stadium bietjie makker en party dae ruk jy hand uit en ander dae nie.

Model of the story is: dit haal vir jou in en klaar.

Weet nou nie of dit met ander gebeur nie, maar dinge gebeur mos nie een op ‘n slag nie. Hulle wag dat iets jou so amper op jou kniëe het en dan spring al die ander goete ook op en so saam-saam wil hulle vir jou diepte in trek…

IMG-20170512-WA0381

Ek werk my lewe lank nog vir die “dark side”. Ja, ek glo meeste dinge in medies is nogal donker. Ek het vir baie jare nie gedink aan die donker nie, maar hoe ouer ek word, hoe meer besef ek daar is so baie wat ons nie weet nie. Lang storie kort, my slegte gesondheids-keuses haal my in en ek is nou soort van op plek waar ek spesifieke besluite moet maak. Ek eerlik ‘it scares the crap out of me”.

Decision-is-like-a-war-Tony-Robbins

Ek is die kant toe en daai kant toe, het wat ek dink regte amazing ouens gaan sien oor my keuses, en almal sê dieselfde ding. So uit mediese oogpunt (my brein deel), weet ek wat hulle meen en hoekom – maar my hart bewe dat ek voel ek sing soos ‘n wind chime.

Ek is ongelukkig daar nog baie nurse soos ek al vroëer op ‘n blog gesê het, kopseer equals ‘n brein tumor ens. So in my kop is ek al ‘n jaar of 2 na die surgery en sien al die dinge wat skeef loop. Dis groot goed vir my, daar is ongelooflik baie mense wat dit al gehad het en geen probleem het daarmee nie. Ek bly steeds bang.

images (1)

Ek het al gewonder, as mens op daai jong ouderdom nie wil luister nie, dink ek dat die fairy godmother jou daardie aand moet besoek. Sy moet sulke fairy dust op jou gooi en jou in jou droom daardie klomp jare vorentoe vat en dit so intens en realisties maak dat jy in jou droom jou huidige ouderdom is. Jy moet ‘wakker ‘ word, in daai gevoel , met al die dinge wat nou tans in jou lewe aangaan. Miskien as mens daai gevoel dan kry, luister jy meer en maak dalk beter keuses. Ek sê nie word ‘n health freak nie, ek sê net maak dan net 3 uit 6 keer ‘n beter keuse. Dalk, net dalk, moet jy nie later sit en oor die dinge worry nie.

12791129_983101828442844_6273510329152142934_n

Ek het soort van my lewe lank nog geleef en my keuses gemaak op 2 principals:

  1. As jy twyfel, is dit nee
  2. Always trust your gut

As die twee nie werk nie was my volgende principal altyd:

1000-life-decision-quotes-on-pinterest-tough-decision-quotes-799619

Maar ek twyfel, my gut sê ja en ek weet nie of ek regtig nommer 3 wil volg nie.

So ek het belsuit:

  • Niks op die oomblik is life threatening nie
  • Ek hoef glad nie nou keuse te maak nie
  • Ek het ‘n heerlike vakansie wat voorlê
  • Dalk is die keuse moeilik oor ek weet ek dalk ‘n breuk nodig het na ‘n redelike helse jaar
  • Dalk is die ‘n goeie cross road in my lewe en is ek eintlik blessed want ek het regtig tyd om keuse te maak
  • BABY STEPS… even small steps get you moving forward
  • So vir nou, volg ek Abraham se raad: “2b7f7b6514eec5acb6f24d461bee14d38f89e2d652fecc933b25bb810328120a--creation-quotes-your-best-friendebc6006e88c98503f3ab9f8bdef35e61

    En die maak meer sin

  • 0be0f17f48295e2295147c4064a1c8e6--abraham-hicks-quotes-relationships-truth-quotes of gaan op vakansie…. 10 slapies……

 

Author: VirgoC

...ek is 'n Generation X kind, so sê die media . Ek is mal oor die comforts van tegnologie (wat ek wil verstaan), maar ek smag na dit waarmee ek groot geword het. Ek is vandag nog netso confused soos 20 jaar terug, verskil is nou geniet ek my confusion. Die is hoe ek die lewe sien in stories, of sommer net "plain" en soos die kraai vlieg.

13 thoughts on “Decisions…”

  1. Geniet jou vakansie, klink my jy kom hier na “ons” toe. En sterkte met jou besluite/denke. Begin by die begin en gee tyd, tyd. Ai dis nie altyd maklik nie.

    Liked by 1 person

Comments are closed.

%d bloggers like this: