Is ek ‘yellow’?
To be yellow-bellied is to be cowardly or easily scared. If you’re yellow-bellied, you’re not brave. It’s the kind of word cowboys use, partner. This word originally applied to birds that literally have a yellow belly, like the yellow-bellied sapsucker. From there, it came to mean an insult for cowards.
Ek kyk vandag FB vir eerste keer in paar dae en my hart is so seer. Ek kyk na dinge wat gebeur in my land. Ek is seker die laaste een wat iets kan sê daaroor, ek is nie daar nie, ek beleef nie hierdie dinge nie en ek het nie kontak met dit nie, nie meer nie. Ek kyk nie nuus nie, ek lees nie koerant nie, ek lees of kry nie nuus in my feed nie (het nie eintlik een nie om eerlik te wees). En dis juis daaroor.Ek wil nie hierdie dinge weet nie. Ek wil nie hê dit moet in my kop wees nie.
Am.I.Yellow?
Ek dink nie daar is mense in ons land wat nie deur al die gemors getref is nie, party baie erger as ander. Party se lot hou net nie op nie. Ek sit in die woestyn, baie, baie vêr van dit en wonder net: wanneer hou dit eendag op? Hoe gaan dit ophou? Wat gaan mense doen? Wat gaan gebeur?
En dis juis dit wat my sover as moontlik van sulke dinge af wil hou. Want dan begin dit maal in my kop, ek raak hartseer, ek raak kwaad, ek raak vies vir die wêreld, ek wil mense wat selfies vat sommer klap (harder as wat ek gewoonlik wil) – die wêreld om jou vergaan en jy neem fotos van jouself want jy kan nie onthou hoe jy lyk nie! Ek wil bedorwe Arabiere aanrand en skud, ek wil mense skud totdat hulle besef dat Afrika aan die ondergang is en hulle gaan aan asof niks gebeur en dit niks met hulle te doen het nie.
Dis dan wanneer ek sommer moeilik raak as ek bid ook, wanneer ek my wil en wat ek dink moet gebeur sommer wil voorskryf. Dat ek regtig bakleierig raak met die Groot Man.
Dit vat my baie lank om die blog te skryf, want ek kan voel idees wil met my weghol soos ‘n perd die veld in. Ek luister en lees Abraham en ek sit en praat met Padda. Sy is my rustigheid, dis sy wat my terugbring en rustig maak. Wat my net laat bedaar en rustig dink.
En ek smile. Want ek besef hoeveel mooi dinge ek vandag gelees het, van mense daar, my mense. Hester se memories oor haar pa, my ousus oor die skou, almal se saamdink en deel, Regina se mooi mandjie vir moedersdag wat so in my kop bly. Selfs my 2e rondte op FB sien ek mooi goed en ek begin share, en onthou dit is wat ek van hou. Share mooi goed, net dit.
En dit is waaraan ek gaan vashou. Ek wil glo dat iewers gaan die goed wat mense doen iets trigger wat gaan lei dat dinge beter gaan. Ek sal nie laat daardie hoop in my doodgaan nie. Ek kan nie.
Ek dink terug aan my ma en haar skietery en ek sien haar voor my. Ek sien haar gesukkel en hoe sy net nie opgee nie, hoe sy aanhou en aanhou. En ek dink aan ons gesprek toe ek haar eendag vra “maak dit jou nie kwaad nie moeks?”
Sy het opgekyk na my, daai skewe smile op haar gesig, haar Horn- kennetjie so uitgedruk en gesê “Meidjie, ek het nie tyd om kwaad te word nie. Ek het al my energie nodig om beter te raak en dinge te doen, ek kan nie nog krag op hulle mors nie”. En sy spartel voort om haarself reg te skuif in haar rystoel…
(En ja, weer die wildtuin..)
jou ma was wys – bly haar wysheid leef aan in jou.
LikeLiked by 1 person
😘🌻
LikeLiked by 1 person
Ek is bekommerd oor daardie land, is ook ver weg. Nog baie familie, vriende en kleinkinders daar. Sien al die aaklige dinge en wil dit nie meer lees nie, wil ook nie meer daaroor praat nie, want ek besef, dit sal nog baie slegter word, voor dit sal verbeter.
LikeLiked by 1 person
Ek dink jy is heeltemal reg daaroor. En dis hartseer want die potentiaal is unlimited daar vir wat kan wees. Baie bid, baie gee en nog meer glo…
LikeLike
Jy’s reg, hier is tog nog baie mooi in hierdie land. Soms moet jy net dieper kyk en jy moet raaksien – ek glo nog steeds dat die mense wat wil moeilikheid maak en afbreek, is in die minderheid. Die res van ons wil in vrede saamleef. Jy moet spesiaal kyk vir die mooi dinge wanneer jy hier kom vakansie hou en dit geniet.
LikeLiked by 2 people
Dankie Hester, is goed om dit nou en dan raak te lees weer. Ekhet prente gekyk van SA tot ek uit my mood was tussen gister en vandag en is weer net so opgewonde soos vroëer. Volgende week die tyd kyk ons wild- whohoooooooo
LikeLiked by 1 person
😄
LikeLiked by 1 person
Dink glad nie dis lafhartig om op die positiewe te konsentreer nie!
LikeLiked by 1 person
😘🌻
LikeLiked by 1 person
Ek loer bietjie laat in…. laas toe ek gehoor het was jy in die Kaap en dit was koud 😊 Ek lag vir jou oor daardie selfies wat jy die mense sommer oor wil klap. Sien die prentjie 😀😀😀😀😀 Weet jy wat vang my… wanneer ek op Earth app in ander lande rondloop en dit lyk soos in my kindertyd. Geen hoë mure en elektriese drade nie. Oop en vry!!!
LikeLiked by 1 person
Ek hoor jou oor die oop en vry, so lekker om te dink ek kan 11 uur in aand gaan stap of taxi ry en is veilig (Dubbels). Nog in die Kaap, nog mal oor die koue. En ek het weer sommer baie hoop vandat ek hier is en dis ‘n wonderlike gevoel😘🌻
LikeLiked by 1 person