Napier, Spoegwolf en Padda…

Ons vakansie was wonderlik. Wonderlikste tyd saam met my familie en vriende gehad.  Wat baie weird gevoel het, was die  ‘gevoel’ aan mense. Dit was vir my ‘n skok, die dat mens soveel kwaad voel. Ek het dit nie besef nie, maar binne my was so klein oorlog aan die gang want ek het van daai negatiewe by my laat begin spook. Ek besef dis seker heeltemal normaal, maar was steeds so ‘n skok.

Dinge wat ek so goed uitgewerk het in my kop was skielik deurmekaar, my teerpad in my mind was skielik ‘n erge sinkplaat- grondpad.

En net so sê Padda een dag : “maak klaar, ons gaan iewers heen”. Ek spartel en is reg, omtrent soos ‘n hond wat sleutels hoor…Ons is laat weg uit Milnerton uit, sonskyn, maar heerlik koud. En kort voor lank besef ek ons gaan Napier toe.

So is ons op met die pas en kyk uit oor Gordonsbaai…

Dis die mooiste mooi. Die feit dat ons deur 2 bobejane gehijack was, skoon ‘n distant memory nou. Dit was net die mooiste mooi.

Ons ry en Padda vir my CD gekoop van Spoegwolf, ons het een aand geoor van die songs toe ons so stukkie DST kon kyk hier in Dubbels. OMW, wat ‘n stunning CD om te luister en daardie pragtige pad te ry. Padstalletjies, stilhou plekke, plase, velde vol vall gras, omgeploegte lande, baie skape, beeste, trekkers, regte egte trekkers. Dit was ongelooflik mooi.

img_20180604_1750021-223498521.jpgimg_20180604_17355361612026594.jpgimg_20180604_17532681432434190.jpgimg_20180604_17534701684317737.jpg

Ons het gery en ek het fotos geneem. Ons het kort-kort gestop en so gery tot op Napier. En daar was ons by die Moerse padstal. En het ons lekker gekuier daar. Die lekkerste kerrie-vetkoek ge-eet. My favourite swart wilson toffies en rooi fizzer suigstokkie sweits gekoop by ander stalletjie. Daai waar mens inloop en jy wil net koop. Jy ruik koffie en beskuit en brood en terte en dit is net so pragtig gebak en gemaak jy wil sommer net koop, of jy dit eet of nie.

Ons is laat aand eers terug by die huis soos ons by Moerse padstal gekuier het. Lekker moeg en koud, maar ongelooflik gelukkig.

Dankie Padda dat jy my weer laat onthou het van al die mooi en om net daaraan te dink. Om te dink oor die tyd reg nou, en al hierdie ander dinge te los vir wanneer daai tyd reg is daarvoor.

 

img_20180604_1828336-1048545409.jpgimg_20180604_1830357891280419.jpg

Author: VirgoC

...ek is 'n Generation X kind, so sê die media . Ek is mal oor die comforts van tegnologie (wat ek wil verstaan), maar ek smag na dit waarmee ek groot geword het. Ek is vandag nog netso confused soos 20 jaar terug, verskil is nou geniet ek my confusion. Die is hoe ek die lewe sien in stories, of sommer net "plain" en soos die kraai vlieg.

2 thoughts on “Napier, Spoegwolf en Padda…”

Comments are closed.

%d bloggers like this: