Ek 733…

Kyk, ek sê nog altyd, ek nurse eerder, maar vir mense dra ek nie kos aan nie. Ek sal nooit ‘n waitress kan wees nie en nog minder ‘n lugwaardin. Ek haal my hoed vir hulle af, want ek dink hulle moet deel met baie onaangenaamde dinge en hulle moet smile en aangaan. Ek pla hulle nie, ek hou vir my besig op daai plane, ek movie en game die hele vlug deur, insluitend die die 13 ure States toe ‘n paar jaar terug. Ek sit agter in die plane, in die isle en ek hou my rustig. Maar gister het ek vir my amper in ‘n ander bloedgroep in gewip vir ‘n lugwaardin op die vernaamde Emirates vliegtuig.

Ons styg op uit die Kaap uit, laat, nie dat ek kla nie, hoe langer ek inni Kaap is hoe beter. Dis nogal so rowwe trippie die eerste ruk en die kaptein sê ook dit gaan op paar plekke rof raak. Om een of ander rede besluit ek op die lughawe ek koop vir my ‘n take-away chicken en mayo van Wimpy- want hulle mag maar. Ek is totaal Wimpy verslaaf. Ek dink ek wil nog deur die land reis en by elkeen eet as ek kan.

IMG_20180603_1505589

Anyway, so vlieg ons en klaar is aandete vir my so half ‘n riller. Gestoomde vis en ek is nie maats nie en kerrie hoeder ook nie. Laat ek dit eerder so stel, as jy geen “warm” goed eet nie, vra jy nooit ooit in die deel van die wêreld of iets warm is nie- die antwoord is altyd “no, it is very little only”. Hulle lieg, plein en simpel. Maar, ek verstaan dit heeltemal en weet daar is altyd rolletjie en kaas en sulke cracker goedjies ook op en kan dit eet saam tee. En my Wimpy broodjie eet.  Die snack voor ons land is vegeterian pizza en ek slyp tande hiervoor.

img-20180602-wa0001-578593544.jpg

Fast forward 8 ure later…

Die girl staan langs my met so en lyk glad nie bly om by die werk te wees nie en sê net”I brought you a sandwich”. Ek kyk haar en besef nie wat aangaan nie en dink sy is dalk by die verkeerde persoon. Ek sê “I did not order a special meal, but thank you. I think you are at the wrong seat”. Ek sien sy trek haar nekkie so bietjie stywer en skielik besef ek hulle het te min kos gepak vir die plane. Sy raak insitant en sê “this is for you, take it”.

Ek “No thank you, I ordered a regular meal and will wait for the pizza”

Poppie ” There is a chicken or a tuna sandwich for you”

Ek “No thank you, it is fine, can I just get a cup of tea?”

Poppie “So what can I do to please you?”

Ek (in my moer in gewip) “Just a cup of tea thank you”

So vreeslike groot man oorkant my sê vir my “they are really trying to please you” Ek kyk hom en sê “I did not ask for anything but a cup of tea. ” Hy hou aan en ek sê vir hom “you do realize I am not the wrong party here right? I am not asking for anything, I only asked what I paid for, none of this”. Hy sê ja, ek is reg en lyk skaam om dit te besef.

Die volgende oomblik kom Poppie aan met 2, ja 2 bakke slaai, hou hier onder my en vra of ek wil hê. Ek sê nee dankie, ek wil net koppie tee hê en as julle dalk nog van daai crackers oor het. Poppie se maatjie kom met skikbord vol chocolates aan en wil net gee, ek sê nee dankie. Finally bring Poppie vir my 2 pakkies crakcers en 2 clover kasies en dit was heerlik saam tee.

Ek maak my future life poeier aan wat ek om een of ander rede ingesit het in ‘n shaker en is lekker versadig toe ons land.

Ek dink wat my die kwaadste maak is die feit dat hulle dit kan doen en hulle vra ‘n paar ronde randjies vir daai kaartjies. Dis nie dat dit gebeur het nie, hulle het regtig hard probeer, en ek haal my hoed af daaroor. Wat my kwaad gemaak het was dat sy my uitmaak as die moeilike een en net nie wou erken nie.  Dis hartseer genoeg om te sien hoe hulle agteruit gaan. Die eens unbeatable company self deal met dieselfde dinge as waarmee almal van ons doen. Mens se houding kan so baie maak of breek.

So van nou af is dit vlieg met padkos….

 

Author: VirgoC

...ek is 'n Generation X kind, so sê die media . Ek is mal oor die comforts van tegnologie (wat ek wil verstaan), maar ek smag na dit waarmee ek groot geword het. Ek is vandag nog netso confused soos 20 jaar terug, verskil is nou geniet ek my confusion. Die is hoe ek die lewe sien in stories, of sommer net "plain" en soos die kraai vlieg.

8 thoughts on “Ek 733…”

  1. Ai, pleks jy nou maar soos ‘n soet dogtertjie jou broodjie geeët het 😊 Jou verpleging job is definitief bo aan my lys van NO NO’s. Sal eerder iemand ‘n toebroodjie probeer inforseer as ‘n bedpan aandra 😕

    Liked by 1 person

  2. Dit was nie lekker nie. Op die lang vlugte, kan ek die kosstorie verstaan, maar op baie van die korter vlugte, kan hulle maar amper die kos los en met die helfte minder kajuitpersoneel vlieg. Op heelwat vlugte, moet mens deesdae alles wat jy wil geniet, koop.

    Liked by 1 person

Comments are closed.

%d bloggers like this: