Different…

Julle weeet ek bly in Dubbels en dinge hier is…different. Dalk die beste woord om te gebruik.

10259801_10154115143030173_6860717825915621786_n

Miena kom sit so op die vensterbank en kyk na Albert. “Jy sal nie glo wat by ons werk gebeur het vandag nie Albert. Die mense was in so toestand. Ek is so bly ons is al so lank hier in die sandpit, dat dinge soos dit vir ons normaal is.”. Albert kyk vir Miena en trek sy ogies so op ‘n plooi.

“Wat het gebeur my vrou? Is dit hoekom jy so vroeg by die huis is vandag?” Sy skud haar koppie op en af. “Ja. Jy weet mos nou ons gaan saam met goverment werk , so collaberation ding waar ons vir hulle die plek gaan bestuur. Wel, ons wag mos nou al van laasjaar Oktober af vir die kontrak en my grootbaas het mos die kontrak geteken so maand terug en ons wag nou vir die goverment se handtekening. Wel, vandag toe word ons sommer net so gesê ons moet asseblief die gebou verlaat tot hulle geteken het. Dit was omtrent ‘n storie, mense begin paniekerig raak en wat gaan van hulle word ens. En ergste is dit is seker oor die nuwe oorname in die goverment. Jy weet mos daar was so groot verskuiwing gewees. En nou moet al die wat sulke belangrike werke het eers seker maak hulle doen die regte ding volgens die kultuur en sorg dat al die wat net aangestel is oor wie hulle is of ken, eers ook hulle eier lê oor die hele storie en dan eers as almal nou hulle sê gehad het, dan teken hulle mos. ”

Albert skud net sy kop. Hy ken die stories al so goed. Daar is soveel dinge wat hier gebeur waarvan ander net nie weet nie. Die tipe ding is nou al normaal vir ons.

“So ek werk van nou af van die huis af tot hulle besluit wat hulle wil doen en jy weet dit kan oormôre wees, of volgende week of volgende maand”. Albert glimlag en dink hoe wonderlik dit is dat Miena so dinge kan manifest. Hy weet sy luister vreeslik na Abraham se dinge hier by die venster en dit werk nogal. Sy moet so bly wees, want nou kan sy soveel makliker haar oefen program doen en in roetiene kom dat dit makliker is wanneer sy weer kantoor toe moet gaan.

“Dit klink omtrent na ‘n opwindende dag my vrou. Die mense by die werk was seker baie bekommerd. Ek kan dink hulle dink dalk jy is vreemd want jy is so kalm.” Sy glimlag en skud haar kop “Net so”.

“Ons moet steeds hoofkantoor toe vir vergaderings, maar dit sal darem lekker wees om bietjie in roetiene te kom met die oefen so van die huis af”. Hy skud sy kop en knip oog vir haar. ” ek sê jou wat, kom ons bestel ‘n pizza van daai glutenfree plek af en eet so, dan hoef jy geen skottelgoed te doen vannaand nie. Ek sien sommer jy is nie lus vir kosmaak nie” Miena gooi haar koppie terug soos sy lag en staan nader aan Albert en druk teen hom. “Jy is so sweet”.

Dit is voorwaar ‘n vreemde land die. Ek is net bly ek is hier saam met jou, maak dinge soveel makliker.

13892187_1285140434830846_4117279827358715092_n

 

 

 

 

 

Author: VirgoC

...ek is 'n Generation X kind, so sê die media . Ek is mal oor die comforts van tegnologie (wat ek wil verstaan), maar ek smag na dit waarmee ek groot geword het. Ek is vandag nog netso confused soos 20 jaar terug, verskil is nou geniet ek my confusion. Die is hoe ek die lewe sien in stories, of sommer net "plain" en soos die kraai vlieg.

4 thoughts on “Different…”

    1. Dankie Perdebytjie. Nee, geen eiertjies nie. Ek dink hulle kom loer wel in, maar net water uit op vensterbank nou, basil vrek dadelik met die hitte. Ek wag vir winter, wil mooi voël huisie opsit vir hulle wat veilg is. Padda se nerve is op want sy is bang dit val van vensterbank af op iemans se kop. Kan nie wag om haar “invention” te sien nie😂

      Liked by 1 person

Comments are closed.

%d bloggers like this: