Would’t it be nice…

maxresdefault

Ek is mal oor daai travel channel op ons TV, daai wat house hunter ens op het. Hier wys hulle Island hunters ook, ek meen mense wat besluit hull soek eilande…Ja ek dink daar is paar van ons wat sommer net so iets sal sê “ek gaan bly sommer op my eie eiland”. Maar die mense doen dit actually.

Nou kyk, ek praat met daai mense op house hunters soos my pa destyd met die Rev in rugby gepraat het. Daai klomp wat so kan k& kla maak my sommer naar. “We have to redo this kitchen , it is dated” of “I hate this floor, or carpet” My absolute ding is as hulle begin met “this room is too small”, dan moet hulle omtrent mekaar ‘n what’s app stuur om te praat. Wat de hel doen hulle in hulle kamers? Tensy hulle sweefstok-artists is, verstaan ek glad nie hoekom mens ‘n halwe ranch moet hê om in te slaap nie.

So kyk ek en hier kom ‘n couple op wat eiland wil koop. Ek nou al so amper gewoond aan die wat hulle sê hulle het 1 of 2 miljoen dollar om te spandeer. Maar nee hoor, die twee kom op, hulle charter yachts vir ander mense ens. En hier sê die man hulle het ‘n budget van 10 miljoen dollar!

Tien miljoen dollar! (R136119000.00)

En my droom begin…

FB_IMG_1474905072197

Ons het die mooiste standplaas op Gariep gekry, ons het uitgesplash want ek het sommer 2 container huise laat kom en ek en Padda het omtrent gewerk en reg gemaak. Toe belsuit ek defnitief koop ek nog van hulle, een 40 voet een vir ons swembad, ek kan heerlik lengtes swem, lekker verhit vir die winter want ales gaan solar power hê.

Ons koop die OK basaar op Gariep en sorg dat meer mense werk het. Ons maak seker daai community bly so wonderlik soos hulle is.

Ons maak die rugbyveld/sokkerveld reg en sit mooi spreiligte op dat die kindertjies kan sien wanneer hulle speel en ‘n pawiljoen dat die ma’s en pa’s kan kom kyk wanneer die kinders speel.

Daai ouetehuis wat te koop is vir 9 miljoen rand koop ons net daar. En ons maak dit oop. Ek het al klaar mense wat daar gaan werk. Daar gaan socialclub wees vir hulle, nurses en care givers wat na hulle kyk. Ons plant die wonderlikste groente vir hulle dat hulle vars groente en ordentlike vleis kan eet. Ek soek nog net ‘n dokter, nie ‘n geld-wolf nie, een wat omgee en regitg nog mense wil help. En as ek hom/haar nie kry nie, kry ek ‘n nurse practitioner om die kliniek te run.

Die biblioteek op Gariep wat gesluit is oor al die boeke al gelees is en so vol is dat daar nie meer boeke inpas nie, maak ons groter. Almal wat op Gariep kom kuier word gesê by die eetplek 2 winkels van die OK af, as jy hier eet moet jy ‘n boek donate, of betaal vir een of tydskrif koop en donate dat ons kan sorg dat almal nog kan lees. Dat die oumense op staatspensioen kan leef en steeds kan lees en op hoogte bly met dinge.

Ons maak daai gemeenskaps-saal oop en ons laat die tannies en ooms bak, brou, brei, hekkel en bou. Ek kan my indink hoeveel talent daar moet wees wat net daar sit en hoeveel joy hulle die wêreld kan gee met al daai talent, en belanriker is dat hulle onthou hoe belngrik hulle self is. Ek wil tuk-tuk’s koop sodat ons die tuisgebakte goedjies kan rondry en ook na die ander oumense wat in die dorp wil bly kan kyk en sorg dat hulle na omgesien word. Ons sorg dat die hengel klub so goeie hupstoot kry en dat die ooms wat wil visvang tyd het en vervoer (tuk-tuk) het om water toe te gaan. Ons maak ‘n sop kombuis oop dat almal atyd weet daar is ‘n warm bord kos vir hulle, geen mens moet honger wees ooit nie.

Ons maak defnitief ‘n Biker stop daar oop en cafe vir al die bikers wat van Gauteng af Kaap toe gaan. Ook een op Sutherland. En beide so lekker kamp en slaap plek vir hulle.

En dan op Moreesburg koop ons die hotel wat nou al hoe lank op property 24 adverteer. En daai 16 bed hotel maak ons ‘n aftree oord vir al die “pienk mense” wat niemand het nie. Dis nie om ander uit te sluit nie, daar is net soveel mense wat weg gegooi is oor hulle lewe en dis dalk kans om iets terug te gee. Dis naby genoeg aan die Kaap en daai is ‘n baie gesonde “pienk lewe” daar en ons kan sorg dat daar uitstallings is, cook-outs, karnavaal, dinge om mense soontoe te lok dat die inwoners wat sulke ongelooflike talent het kan nkomste verdien en besef hoe waardevol alle mense is. Ek het al klaar ‘n chef, sy weet dit nog nie, maar weet sy sal spring, het klaar iemand vir die social club, verpleeg mense en sal caregivers oplei. Dink aan al die talent wat nooit die son sien oor mense net nie kan uiting gee daaraan nie.

En ons begin ons eie caregiving besigheid. Ek wil vroue (en manne as daar is) help wat nog nooit gewerk het nie, skielik is hulle alleen weens skei of dood of wat ook al. En hulle het nog nooit ‘n dag gewerk nie. Skielik het hulle niks, weet nie hoe en wat nie. En vir hulle leer ons oor care giving. En ons adverteer dat hulle na oumense in hulle huise gaan kyk. Mense kan nie bekostig om oumense in ordentlike ouetehuise te sit nie, dis onbekostig duur. En as hulle by die dogter of seun bly, kan hulle dan in hulle huis versorg word deur die caregivers. Dis nie om geld te maak nie, dit is om te sorg dat twee groepe mense wat in mate vergeet word kan onthou hoeveel hulle het om te gee. Ek wil niks hê van hulle inkomste nie, dit moet iets wees wat mense kan bekostig. Maar wanneer jy opgelei is en aan ons agentskap behoort, betaal hulle ‘n jaarlikse fooi (R100) en gee 5% van hulle inkomste terug na die agentskap om te sorg dat ons nog meer mense kan oplei en help onthou dat almal het purpose in die lewe. Die opleiding is nie teen betaling nie, dit is om te sorg dat mense kan ‘n lewe maak en dat mense onthou dat ons na mekaar moet kyk. Ons moet onthou hoe waardevol mense is en dis in ons hande om mense dit weer te leer. Die geld wat die care givers maak, is hulle geld.

En dan….

Motorfietse!!!!!!!!!!!

Ek weet Padda sit nou kierts regop want die is vir ons ‘n groot dilema. Wat op aarde gaan ons koop. Klink seker nou soos daai bedorwe mense met hulle eilande, maar ek sal regtig sukkel om nie net wild te wil koop nie. Ek het al paar op my lys, weet Padda het ook. Hoef nie nuut te wees nie, mens weet sommer net as jy staan en jy sien haar en sy praat met jou, dan weet jy- jy gaan na daai mooi gararge toe.

Ons sal moet ‘n kar hê want dit rëen in SA). Ek wil defnitief ‘n ou Beete hê, regtig oud, met ‘n olie-lek (mens trust geen Beetle wat nie ‘n olie-lek het nie). En sy moet ‘n roofrak ophê en dan gaan ek haar vol blomme paint, dalk los ek haar net soos sy daar is, te pragtig. Nie seker wat se kar Padda sal wil hê nie, maar weet hy sal so netjies binne wees en net die beste sorg uit kry. Ek probeer dink aan ‘n naam vir haar en al wat by my opkom is Charlotte, sy lyk soos ‘n Charlotte dink ek…

FB_IMG_1501132456630

OMW, besef ek nou, ons sal defnitief ‘n groot gararge moet bou, karavaan om in te bly, maar gararge sal moet gebou word. Dit en die studio, sy wil houtwerk en metaalwerk doen, ek wil paint en inkleur en leer naaldwerk doen. Sien ousus, jy sal vir dae lank moet kom kuier en my leer. Ons gaan leer pottery en ek wil quilt en brei (val my ma nou van haar wolkie af).

Sjoe, dit was nou lekker.

FB_IMG_1512674224210

Author: VirgoC

...ek is 'n Generation X kind, so sê die media . Ek is mal oor die comforts van tegnologie (wat ek wil verstaan), maar ek smag na dit waarmee ek groot geword het. Ek is vandag nog netso confused soos 20 jaar terug, verskil is nou geniet ek my confusion. Die is hoe ek die lewe sien in stories, of sommer net "plain" en soos die kraai vlieg.

5 thoughts on “Would’t it be nice…”

  1. Jy is omtrent vol planne…. ek dink die geld moet jou kant toe kom sodat jy mense kan help. Ek weet net nie mooi van Charlotte nie… nie die kar nie, die naam. My vriendin Charlotte is so ‘n verfynde Victoriaanse mensie dat dit nie pas nie 😀😀😀😀

    Liked by 1 person

Comments are closed.

%d bloggers like this: