Ek skryf min deesdae en dit pla my. Dis weer die tyd verskoning ding, is heeldag op laptop by die werk, wel tussen dit en planne en dan ander dinge en moet nog dit en dat en dan is dit 11 uur die aand en moet ek gaan slaap en, en, en….
Padda is hondsiek vandat sy terug is van SA af. Klink omtrent of sy ‘n long ophoes. En sy drink nie medisyne nie. So die verkope van suurlemoen, gemmer en heuning het heelwat opgegaan hier by ons en stel dit so, die suurlemoene bewe as ek nader stap. Ek dwing protein af en al wat groente en vitamines is. Kyk, Vit C bedryf het hulle huur te danke aan ons. Soos Dr Andrew Saul sê, jy drink Vit C totdat jy diaree het en dan weet jy dat jy nou jou dose limit het. Dis Olive leaf extract en Milk Thistle en ek het gemmer, garlic (hoender-lose) hoendersop gemaak. Dis vars lemoensap met wortels en gemmer in, vars appels en applecider vinegar, maar beter is sy nou al. Die hoes klink nog woes, maar die koors is oor en al die ander nasty goete.
Dit is juis oor die dat ek ook ‘n ding op FB te sit oor die “flu vaccine”. Ek meen , my blad, my rules reg. Wel… Vat so klein snotkop kind my aan daaroor. Ek het geen probleem met mense se opinies nie, wat my bang maak is as mense alles glo en nie heeltemal dink nie- en dan wil stry. Ek sê lees weer die artikel, doen bietjie meer research. Wow, weer ‘n groot bek vol goete van dat al die goete in jou kos is en mense moet ophou so anti goed wees. En ek dink…sy het nie net die trein gemis nie, sy is nie eers op die stasie nie!
Dis dieselfde mense wat die gemors in jou kos sit wat die muti maak. Wat mis sy? Nou kyk, ek verstaan ook dat daar elke week een of ander berig is oor moet nie dit eet nie, moet nie dit drink nie en alles. Maar kyk na die feite en lees alles, nie net die dele waarvan jy hou of mee saam stem nie. Die feit dat daar van dieselfde inhoud in kos goed gesit word om te preserveer as wat in medikasie is- vir haar geen probleem, want mense eet dit elke dag!
Ek weet die is soos om jou kop in ‘n bye-nes te druk en eerlik ek het nie krag vir dit nie. Nog minder om vir iemand te sê lees net die inhoud, labels, dis al wat ek vra. Ek is die eerste een wat ‘n pil wil gryp as ek pyn, nee, wag ek lieg nou, dis wanneer my vertigo begin, ek kan nie vinnig genoeg sluk aan dit nie. Maar daar is so paar goed wat ek sal vat, die res….ek raak al meer skepties oor dinge. Ek glo daar is goeie vaccines, natuurlik, maar is almal reg, not on your life. Ek glo steeds ons is totaal over medicated en vaccinated en although overfed- very malnourished.
Daar is dinge wat ek leer en probeer volhou en ek dink ek doen beter daarvoor. Dat mense ongelukkig alles glo wat hulle op een plek lees of omdat deur die regering of drug companies gesê word, dit is sad. Jy noem dit en hoop hulle sal labels lees en leer om vrae te vra. Of dit oor kos of medikasie is, vra net hoekom die pille wat jy vir ‘n hoofpyn voorgeskryf is ‘n newe effek het van “dit gee jou hoofpyn” en die feit dat “might cause death in some cases” is regtig nie die mees comforting thought uit nie. Vra net. Die VSA laat die dinge toe, die res van die wêreld volg en glo alles- en Rusland, hulle verban dit. Laat mens wonder…
Wat ek nou geleer het, is haal asem- stadig en bly rustig. Dis mense se keuse, jy stel voor hulle lees wat hulle eet of drink.
En nou gaan ek eers my oranic hoenderbolle wat nou net afgelewer is eet en bietjie TV kyk saam Padda.
Hier by ons het 3 van die 6 kleinkinders DIE GRIEP gehad, of het steeds. Sterkte, my sus. Die koors en lyf-geirriteerdgeid is die ergste.
LikeLiked by 1 person
Ja, ons is nou al so diep in die ding, ek dink nie ons weet hoe om daar uit te kom nie. Maar snuiters met groot monde maak my ook moedeloos.
LikeLiked by 1 person
En dan moet ek myself herinner dat ek self ‘n snuiter was met ‘n massiewe groot mond, het hom steeds, maar dink ek is nie meer ‘n snuiter nie.
LikeLiked by 1 person
😂😂😂😂😂👍👍👍👍👍👍, so waar Toortsie. To top that het ek tot vir die “dark side” gemotivate😬
LikeLiked by 1 person
Goeie artikel. Ek lees ook nie regtig etikette nie, want ek voel as ek die kos nodig het, moet ek dit in elk geval koop. Dis boos, want ons het nie regtig beheer daaroor nie. Hier om my sterf mense soos vlieë aan kanker, veral panchreaskanker. Daar moet ‘n verband wees.
Jy sal altyd snotkopwysneuse kry…ek was ook een..lol!
LikeLiked by 1 person
👍😂😂😂😂😂, ons almal was
LikeLiked by 1 person
Dis die voortvarendheid van die jeug!
LikeLiked by 1 person
Daar is beslis ‘n verband hier, dis regtig skrikwekkend hoe meer mens lees en uitvind
LikeLiked by 1 person
Ons is vasgevang hierin. Die enigste manier is om selfversorgend te wees…jou eie boerdery en groentetuin. Maar met soveel mense op aarde en ons tipe leefwyse, is dit nie moontlik nie.
LikeLiked by 1 person
Food for thought
LikeLike