How can you resist?

Kyk, ek is ‘n kat- mens soos in totaal. Hulle het houding, alles op hulle tyd. Honde is mooi, maar regtig hulle is te besig vir my. Ek besef hulle is lojaal en al daai dinge, maar katte is my eerste keuse.

Ek wil vreeslik graag ‘n kat hê, Padda ook. Seker meer as ek. Ek dink eintlik sy is half ‘n kat….

Maar ons bly in klein Studio, mal oor ons huis en ons het mos nou mooi uitgesorteer en minder goed en dis oop en beter en, en, en..

Sit vandag in meeting en die Arbeidsterapeut wys my haar foon. Dis die mooiste gesiggie wat vir my kyk. Dis ” fluffy kitten adoption day” die naweek….

Ons wil albei ‘n kat hê, maar is klein woonstel, geen balkon, wat wanneer ons op vakansie gaan en die kitter moet saam terug SA toe wanneer ons eendag terug gaan…

Maar eerlik, hoe weerstaan ‘n mens daai lyfie en gesiggie, ek kan al hoor hoe prrrrrr daai klein lyfie.

En toe vertel Padda my van tea-cup katjies. Nou is ek heeltemal op ‘n mission.

Hier moet ek mooi en strategies plan maak….

Author: VirgoC

...ek is 'n Generation X kind, so sê die media . Ek is mal oor die comforts van tegnologie (wat ek wil verstaan), maar ek smag na dit waarmee ek groot geword het. Ek is vandag nog netso confused soos 20 jaar terug, verskil is nou geniet ek my confusion. Die is hoe ek die lewe sien in stories, of sommer net "plain" en soos die kraai vlieg.

%d bloggers like this: