Vandag het ek half geskrik toe ek besef hoe lanklaas ek iets geskryf het. Dis net so sjooeeeep, dan is die dag verby. Ergste is, voel nie of ek isets doen nie. Heeldag besig by die werk, maar niks kom klaar nie.
Ek dink nie ek het aldag besef hoe dit mens in ‘n mate kan de-motivate nie, die dat jou kop so moeg gewerk is, jy gedaan is by die huis en net niks kom klaar nie. Dit kan nie klaar nie want daar is nog soveel dinge wat moet gebeur en gedoen word. Ons kontrak is steeds nie geteken nie, bou veranderinge en MEP planne word omtrent weekliks gedoen. Ek wil al gil. Toe ons Maandag in 4 uur meeting sit en ek kyk so en besef dat ons (nurses en terpeute en ons facilities ou), die siviele ingeneurs, die MEP kontrakteurs en die argitekte, werk almal van verskillende planne af. Gelukkig is die MEP man so groot Ingelse Suid Afrikaner met ‘n helse groot diep stem en dink hy het ook genoeg gehad. Net daar maak hy stem dik en sorteer gou dinge uit.
So ons gaan more en Sondag ons pre-meeting hou om Maandag weer dieselfde planne te doen. Ek besef net elke dag meer en meer hoe erg red tape is.
Die dae toe mense blad geskud het en jou woord meer werd was as jou lewe- ek dink those were the days… Dis oor mense so bleddie geldgierig is en so bang is “to call a spade a shovel” dat dit so gaan.
‘n Besoek aan die munisipaliteit in een van die emirate hier het my opnuut begin glo weer aan evolusie, want die fffffffffff missing link sit daar! Hoe op aarde moet mens deurkom met dit- en dan smile want glo my, trek jou lip of frons of lig ‘n wenkbrou en jy sit alles terug met minstens nog ‘n maand of twee.
So, nou voel ek baie beter, baie dankie vir my kort rant. My plan van aksie:
- Lees elke dag so paar bladsye in ‘n papier boek
- Skryf my “To Do’ lysie uit so eenvoudig as moontlik dat ek die satisfaksie het van goed doodtrek of afmerk en voel ek het iets gedoen het
- Vertel elke dag vir Padda hoe ongelooflik blessed ek is met haar in my lewe
- Luister goeie musiek of audibles in my kar oppad werk toe (wanneer ek moet kantoor toe gaan)
- Drink elke dag ‘n amazing juice wat ons gemaak het
- Gaan eet nou dadelik soya yoghurt en muesli
Dis so oulik, ek is mal oor al jou prentjies!
LikeLiked by 1 person
😊😘
LikeLike
Bwahahaa – ek benodig dringend een van daardie volwasse doenlysies!
LikeLiked by 1 person
😁👍🌻
LikeLiked by 1 person
Ek love jou to-do lysie, ek doen ook elke dag niks nie (altans dis hoe dit voel)
Kan ons net een ding by die Today I adulated like a ……. bysit “Today I didn’t adult at all”
LikeLiked by 1 person
😘 dit en ge-add👍🌻
LikeLiked by 1 person
Lekker, sterkte met die red tape
LikeLiked by 1 person
🌻
LikeLike
Sterkte
LikeLike
Jou prentjies is kostelik! Ek voel sommer jou frustrasie met die redtape!
LikeLiked by 1 person
🌻
LikeLiked by 1 person
Die missing link sit daar. 😂😂😂😂 Jy het my dag gemaak.
LikeLiked by 1 person
😁🌻
LikeLiked by 1 person