Daai dae…

IMG-20170512-WA0612

Ek kry party keer dae tipe dae dat ek net wil weg. Weg van hier, sommer so stil-stil net ‘n tas pak (ek wil defnitief my nuwe klere saamvat) en net lughawe toe ry, op plane klim en terug gaan SA toe.

Daai dae wat jy met niemand wil praat nie, met almal wil baklei, asof dit hulle skuld is (blame is always easier than guilt). En dan raak ek regtig kwaad, want my ma is nie daar nie, my pa ook nie. Weird ding is, as sy was, sou sy my net so terug gestuur het, gesê het jy gaan terug en doen dit op die regte manier, is nie hoe jy groot gemaak is nie. My pa sou aan iets try dink om my daar te hou, alhoewel hy sou kop-knik saam my ma. Maar ek weet hy sou alles doen om my daar te hou. Dogters ken mos hulle pa’s, en myne het ek baie goed geken. Altyd gevoel ons is soos ‘n klein “gang”.

Maar nou is die “gang” nie meer daar nie, wel, nie fisies nie. En ek voel steeds om net weg te hol. Ek wil in my land wees, ek wil die berg sien en ek wil koue en reën voel, ek wil seisoene voel. Ek wil my foon optel en met mense praat en weet ek hoef nie minstens 9 en half ure te vlieg om naby hulle te wees nie. Ek mis my vriendinne, ek mis om saam met hulle ‘n koffie te gaan drink of sommer net te gaan kuier en rond te lê en oor al die dinge in die wêreld te praat. Ek wil Wimpy toe gaan omdat ek te lui is om kos te maak. Ek wil kwaad word oor pryse so die hoogte inskiet en hoe de hel die regering verwag gewone mense moet dit kan bekostig. Ek wil my dinges in ‘n krul trek wanneer ek die nuus se tune hoor sodat ek kan earphones opsit en na regte bad musiek luister en my bril afhaal dat ek niks van die lelike in die land kan sien nie. Ek wil by ‘n winkel instap en nie aangespreek word as “Sir-Mam” want dis te veel moeite om regtig na mense te kyk nie. Ek wil my taal hoor, orals, ek wil my land ruik, sy mense sien en hoor en beleef.

 

Dit maak my skaam soms, dat ek so voel. Ek het so baie blessings, so ongelooflik baie dinge waarvoor ek dankbaar is en moet wees. En ek is, meestal. Maar daar is dae, dae wat daai gevoel net nie weg gaan nie. Waar jy daai gevoel inasem, dit in jou lyf instroom soos lug wat jy inasem. Dit bind met al jou weefsels en maak nie saak hoe jy probeer nie, dit bly net daar. Is dit omdat ek in oorlog met myself is nou? Oor ek dinge het wat ek net nie aan die gang kan kry nie. Al my roetiene, al my dinge wat ek so sonder dink gedoen het, dis weg. Ek eet nie reg nie, ek voel nie reg nie. Ek oefen nie, ek doen net…niks.

Weg.

Hoe kry ek dit terug? Voel hoe harder ek probeer, hoe verder en verder gaan dit weg. Dis net buite my bereik en ek weet nie hoe om dit te gryp en vas te vat en te hou nie. Hoe ek weer daai dryf en wil terug kry nie. Ek weet dit eet my, kan dit voel. Ek wil nie werk nie, ek wil nie lees nie, ek wil nie skryf nie, ek wil nie verf nie.

Al wat ek wil doen is hardloop…

FB_IMG_1471193134991

Maar môre, môre gaan ek vir ‘n sessie iemand sien en van dan af, van dan af, skop ek gat!

23621155_139629340131353_6103453313257280922_n

Author: VirgoC

...ek is 'n Generation X kind, so sê die media . Ek is mal oor die comforts van tegnologie (wat ek wil verstaan), maar ek smag na dit waarmee ek groot geword het. Ek is vandag nog netso confused soos 20 jaar terug, verskil is nou geniet ek my confusion. Die is hoe ek die lewe sien in stories, of sommer net "plain" en soos die kraai vlieg.

9 thoughts on “Daai dae…”

  1. Culture shock. Die gevoel van behoort kry mens baiekeer net daar waar joy wortels lê. My kind wat 7 jr in Holland gewoon het het net so gevoel. Sy wil nooit weer terug nie.

    Liked by 1 person

Comments are closed.

%d bloggers like this: