In the worlds of Forrest Gump…

thats-all-i-gotta-say-bout-that

Ek het baie lank terug laas geskryf en kan nie glo amper nog ‘n week is om nie. Ek weet net, die weke kan nie vinnig genoeg omgaan nie. Hoe werk dit dat jy nog geen perseel het nie, ander mense se goete doen en hulle relax en “ons” moet stress?

So, die weer hier lyk so: (actual foto)

37969480_10155467587327413_7362696289017921536_o

Vir die wat nie seker is of hulle sinus het nie, die is veseker ‘n manier om dit te toets. Dit is nie so droog soos almal dink nie, want die humiditeit het belsuit om dieselfde week ook nou te begin. Ons doen audits in Al Ain, dis so 150km van ons af in een van ons ander takke. Want iemand hier in die groot posisie het besluit om ‘n company aan te stel wat ons sopas seker 30 jaar terug gesit het in nursing. Hulle het besluit ons skryf nie genoeg nie, so nou, moet elke ding wat gecharge word- reflect in die pasient se notas. (sou ‘n goeie ding wees as ons nie ‘n lang termyn geventeleerde eenheid was nie)

So…ons ry elke oggend met die drywer hier weg dieper die woestyn in, kom daar, vaar die sale in en gaan audit, terwyl die ander teach. En so was ons nou in die hoofstad in die een tak en is nou in die ander. Mens is nie so van ry aanmekaar gesit nie. Op die stadium voel ek soos grumpy cat….

10468200_10154297202400220_6630327669453423256_n

Mens voel skoon violated met al die op en af tussen die duine deur en soos ek sê die sandstorms en die humiditeit help niks

10411425_10152487576656197_7953346775661305296_n

Nou ja, nou moet ek klaar maak want ek moet vroeg gaan lê, soos Padda sê mens staan al gister op om al die dinge in te pas. So laat ek my goedjies regkry en sorg my “pompie” is reg..

Al wat ek weet nou, is dat ek eintlik geen clue het wat ek doen nie, wel, nie een van ons het nie. Solank ek betaal word tans, gaan ek nie kla nie.

FB_IMG_1440657233520

Ek hoop dit gaan met julle almal goed. Nou gaan ek lê, gebreekte voet inni lug en droom van die theme song vir werk more…

going to work

Author: VirgoC

...ek is 'n Generation X kind, so sê die media . Ek is mal oor die comforts van tegnologie (wat ek wil verstaan), maar ek smag na dit waarmee ek groot geword het. Ek is vandag nog netso confused soos 20 jaar terug, verskil is nou geniet ek my confusion. Die is hoe ek die lewe sien in stories, of sommer net "plain" en soos die kraai vlieg.

30 thoughts on “In the worlds of Forrest Gump…”

    1. Soos in voetbrug gebreek, van stoel afgeval ( and that is all I have to say about that)🤐. Als ok, krukke en spaceboot en daar gaan ek. Sal oor naweek een van ouens sien wat ek vertrou en hoor. Maar alles ok met my- honestly,x

      Like

        1. Ousus, eerlik, ek nie gedink is af nie, ek twyfel steeds. Wil by ordentlike ortho uitkom eers, die een wat ons medies aanvaar maak my nervous. Ek is heel rustig nog en sal laat weet, belowe. Besluit ek span more ons arbwidsterapeut en fisio ook sommer aan en kry raad,x

          Like

    1. Spaceboot aan, lyk soos halwe astrenaught en krukke en laat waai nou hoor. Ek sien goeie ou die naweek, dan is alles gesort,🌻😴

      Like

  1. Ag by nou is jou voet hopenlik uitsorteer…. is dit? En die lug lyk nie die ene sand nie… wat soek jy in daardie wêreld? Mooi dag vir jou!!!

    Liked by 1 person

Comments are closed.

%d bloggers like this: