Jou siel…

Ons is terug van vakansie af, het die heerlikste tyd gehad in SA. Van kuier en by plekke aangaan en goete sien, was net great. So surprise Padda my en ons gaan slaap en aand op plek in die middel van nêrens, in ‘n Airstream karavaan. Ek is malllll oor hulle, maar hulle is meestal net in die States.

Dis een van daai droom mooi plekke, nie soos in daai ski vakansie oorde of hierdie 5 stêr hotel manie waar ons bly in die sandpit nie- nee, dis daai mooiste mooi plekke wat so in jou siel inklim en jou laat onthou wat regtig belangrik is in die lewe.

IMG_20180815_1007553.jpg

Dis ons huis daai:die tema is Life before colour.

IMG_20180815_0952436.jpg

Alles swart en wit binne. Droom-mooi. Wat eerstens so besig lyk, pas eintlik so goed hierin. Die bed met sy eie warm-watersakke, heerlike linne, die mooiste bad. Die kombuis met sy kleine yskas, alles wat mens nodig het.

En net daar sit die twee van ons en lê ons karavaan uit vir eendag. Wat gaan waar, hoe verander ons die, wat gaan uit, wat kom by. Waar is ons skryftafeltjies in, hoe en waar sit ons wat. Die heerlikste droom en beplan.

Op daai stoepie sien jy vir myle voor jou, dis plaas en rus en vrede. Geen Wi-Fi sein nie- wel net in Ontvangs of as jy in die groot eetsaal deel is.

IMG_20180814_1608044.jpg

Die groot braaivleis vuur is al aan die gang toe ons daar aankom. Die swembad leeg (winter in SA en in die berge is geen grap nie) – en nog minder is ‘n 20 grade celcius temperatuur verskil, wel eintlik 23.

Dis nie lank daarna nie, toe word al wat kaggel is aangesit en mense kom in en kom sit en kuier, ‘n hele paar met hulle tables en selfone (soms moet jy maar net bid vir mense want slaan is teen die wet). Ander sit en gesels met mekaar, ek en Padda speel bord games. Ons het so gelag en so lekker gekuier. Ons het ons tafeltjie mooi langs die kaggel getrek om seker te maak ons bly warm. Wat dit so ongelooflik mooi maak is die groot vensters en die view…

IMG_20180815_1007359.jpgIMG_20180815_1007193.jpg

Dit het my net weer laat besef hoe ongelooflik blessed ek is. Die feit dat ek so iets kon beleef, dat ek dit kon waardeer, dat iemand soveel vir my omgee dat hulle daardie prag en vrede met my wil deel.

Dankie Padda,xxxx

 

 

 

Author: VirgoC

...ek is 'n Generation X kind, so sê die media . Ek is mal oor die comforts van tegnologie (wat ek wil verstaan), maar ek smag na dit waarmee ek groot geword het. Ek is vandag nog netso confused soos 20 jaar terug, verskil is nou geniet ek my confusion. Die is hoe ek die lewe sien in stories, of sommer net "plain" en soos die kraai vlieg.

7 thoughts on “Jou siel…”

    1. Ousus, dis prentkie mooi. Ek sê kort-kort vir Padda, ek sweer voel of ek in ‘n movie is,lol. Volgende keer is julle saam ons (in julle eie karavaan), maar in die somer.

      Like

Comments are closed.

%d bloggers like this: