Soveel dae, soveel dinge..

Ons het almal maar ons dinge waaroor ons nogal sterk voel en dis okey. Een van myne is die feit dat vroue hulle so vreeslik laat bespuit met “fillers” en “botox” en al daai twak. Maar, soos ek sê, is hulle dinge. Ek kon net nog nooit verstaan hoe jy in die oggend wakker word en dink”hmmm, ek wil dokter toe gaan want ek wil hê my lip moet lyk of ek ‘n shrimp-allergie onder lede het” – en daar gaan jy. Volgende wat jou man of partner of kinders of wie ook al jou sien, skrik hulle en wonder of jy dalk ‘n ligte beroerte gehad het want jy drool dan nou met tye.

Botox nie veel beter nie. Ek meen jou gesig bly soos ‘n stok-mannetjie staan, of jy nou kwaad is, of jy frons, smile, surprised is- soos hulle hier sê : “same-same”.

Die eintlike rede vir die storie is nie soveel oor fillers en botox nie, maar oor grimering. Nou kyk, ek is die eerste een wat ekren, dit lyk mooi, dit vat tyd en ek wens ek het die geduld gehad. Ek smeer soms, as ek onthou of skurf voel, sommer enige cream op my gevreet. Was met waslap en seep, niks van daai vreeslike regime ens nie. Ek bewonder vroue wat dit doen, is mal oor die botteltjies en kwassies ens en dink dit lyk so grand en vroulik ens. Ek wens ek kon blusher dra, maar met my rooi wange is dit so uit soos perdry in die kerk. Hier by ons is in die sandpit is dit op ‘n ander level- en ek meen seriously ander level. Ek weet nie hoe laat party moet opstaan om so te lyk nie, alles is perfek of omtrent ‘n bottel vol. Die locals lê vreeslik klem op hulle oë want dis wat mens meestal sien (as hulle nie vol gecover is nie).

By my werk het een van die vroue in ‘n baie hoë posisie nou so laptop gekry met facial recognition, vreeslike mooi stuk masjien. Sal my nie help nie, hy maak net sulke spel foute soos die cheap een. So sit sy op die naweek haar laptop aan en die gee boodskap dat dit nie sy is nie- want die laptop herkoen haar nie sonder haar grimering nie… Ek het gelag dat ek wou uitpass, dit was so snaaks.

Tot ek toe nou die artikel raak lees het ek besef ek moet dit deel…

IMG-20180803-WA0000.jpg

Author: VirgoC

...ek is 'n Generation X kind, so sê die media . Ek is mal oor die comforts van tegnologie (wat ek wil verstaan), maar ek smag na dit waarmee ek groot geword het. Ek is vandag nog netso confused soos 20 jaar terug, verskil is nou geniet ek my confusion. Die is hoe ek die lewe sien in stories, of sommer net "plain" en soos die kraai vlieg.

9 thoughts on “Soveel dae, soveel dinge..”

  1. Aggenee! Ek lag my dood. Ek dink sy lyk beter sonder die grimering. Ek gebruik bitter min grimering…net mascara. Ek dink my rekening vir mooimaakgoedjies, is omtrent R70 elke tweede jaar, wanneer ek my mascara aanvul.
    Gebruik sommer Aqueousroom vir bevogtiging. Maar dis soos jy sê, elke vrou doen maar haar ding op haar eie manier.

    Liked by 1 person

  2. Nee wat wie wil nou ń masker gesig hê, daar is geen teken dat jy gelewe het nie.
    Siestog 🤣🤣🤣🤣😲 die arme man, hy dog toe hier was ń omruilery en hy het die skoonma gekry🤣🤣🤣

    Liked by 1 person

Comments are closed.

%d bloggers like this: