Wel, al wat ek weet is dat Padda nou op die plane is oppad terug Sandpit toe en ek is baieeeee bly.
Iets in my dink ek verander want ek het sowaar vannaand breipenne gevat (my ousus pass seker nou uit en my ma val van haar wolkie af) en begin brei. En nee, ek kan nie eintlik brei nie, wel net gewone, maar dis iets. So ek het net so begin Youtube toe ek tyd kyk en besef: katel toe met my. Môre is weer ‘n vreeslike vroëe dag. Ons gaan weer hoofstad toe om te gaan lêrs bymekaar maak. Darem vreemd wanneer mens nou net wil hê mense moet goed doen hoe jy dinge kan uitkrap.
Eerlik, ek is nou verby baklei daarteen. Ek smile, ek gaan, doen wat verwag word , word betaal en kom huistoe. Ek weet dit gaan nie vir ewig so aanhou nie, so terwyl ek kan, laat ek brei.
Nou gaan ek eers lê en probeer slaap- want netnou- netnou is Padda by die huis!
Sê groete.🌹🌹🌹
LikeLiked by 1 person
Die weersiens is altyd so lekker! Geniet dit.
LikeLiked by 1 person
“I like you a lotlle” – so cute 😄
LikeLiked by 1 person
*sug* lottle Hester
LikeLiked by 1 person
😁
LikeLiked by 1 person
Lekker, hoop jy is uitgerus vir die weersiens daar in die sandpit
LikeLiked by 1 person
Totaal😁🌻
LikeLike
Ek laaik die geel mannerjie wat uitstaan en die pikkewyne. Wat brei jy?
LikeLiked by 1 person
Ek het besluit gaan laslappie kombers brei. Net ek sal in die woestyn sit en kombers brei😁😁. Maar ek gaan leer hekel ook, ek nou genoeg gehad van “ek kan nie”
LikeLiked by 1 person
Dit klink vir my perfek!
LikeLiked by 1 person
Kry ‘n mens darem iets soos breipenne en wol daar in die woestyn?
LikeLiked by 1 person
Lol, ja so paar plekke,veral in materiaal souk. Die kom saam van Gansbaai af so paar trips vroëer.
LikeLiked by 1 person
So jyhét al die plan gehad! 😁
LikeLiked by 1 person
Ja, net altyd gesê nie tyd nie. Nou beter dinge doen en bietjie van die elektronika af weg kom. Probleem nou is lees of brei😁😁😁. So ek deel hulle nou op in dae, alternate een aand brei, een aand lees.
LikeLiked by 1 person
Oulik!
LikeLiked by 1 person