Small things…

Yip, die is nou die een ding wat om een of ander rede altyd ‘n smile op my gesig sit. Ek noem hulle Happiness-karretjies en ek gaan nog een hê, verkieslik een soos die met blomme. Buiten dat dit my laat smile- altyd- laat dit my ook besef mens het nooit soveel goed nodig soos jy dink nie, dit wat jy nodig het, dit moet jy kan dra- of in jou kar pas, die res is fluff.

 

Ek is my lewe lank nog ‘n Beetle-baba, hoe ouer, meer geroes hulle is, hoe beter. Vir my karakter. Dis toe ek en Padda so sit en loer oplyn na dinge, dat ek besef in mate ek dink ek waardeer meer dinge wat geskiedenis het.

Dis soos ‘n vrou wat mooi en natuurlik oud word, geen gemors in die gesig, iemand wat haar wysheid en haar prag dra. Ek meen soos ‘n vrou wat haarself versorg, na haarself kyk, trots in haar het. Sy het gewerk vir daadie ouer word, daardie lewe. Plooie- of soos Neila altys vir my ma gesê het ” ouma se garingkies”; versorgde hare – kleur van geen belang nie, hande met mooi versorgde naels, nie noodwendig geverf en al daai nie, net mooi versorg, hande wat jy kan sien ken werk. Persoonlik dink ek Barbara Streisand het die mooiste hande ooit..

Ek sê nie manne is nie mooi nie. Mans, wel hulle is volgens my anders mooi. Man moet soos ‘n man ruik. Mooi groot bree hande. Ek was nog nooit iemand vir ‘n pretty boy look nie.

 

En nou dink ek, hoe het ek so ver afgedwaal van my Smart karretjie af… O ja, seker nou maar hoe my brein op die oomblik werk, dink Padda se gedagte-gang gee nou af. Die random thought pattern wat sy het.

Wat ek eintlik wil sê is dis lekker om gelukkig te voel. Om gemaklik te wees met waar ek nou is, en nie myself so te straf oor dinge so of so moet wees nie. Om bietjie meer gaaf te wees teenoor myself en om van my weer te leer. Dis ‘n hele nuwe gevoel en ek is mal daaroor.

21558740_1567836979960153_6005096020810541187_n

Poging nr 2…

 

Author: VirgoC

...ek is 'n Generation X kind, so sê die media . Ek is mal oor die comforts van tegnologie (wat ek wil verstaan), maar ek smag na dit waarmee ek groot geword het. Ek is vandag nog netso confused soos 20 jaar terug, verskil is nou geniet ek my confusion. Die is hoe ek die lewe sien in stories, of sommer net "plain" en soos die kraai vlieg.

7 thoughts on “Small things…”

Comments are closed.

%d bloggers like this: