Stukke…

Ek wonder of dinge erger raak hoe ouer mens word. Padda is nou hier uit lughawe toe, sy vlieg so 2 weke voor my SA toe. Sy gaan in die Kaap wees in die tyd en ek sit hier en voel totaal verlore. Ek weet nie hoekom nie, ek weet nie wanneer dit gebeur het nie, maar skielik is daai deel dat ek nie meer sonder haar wil wees nie sommer net baie erger.

Ons is so ongelooflik verskillend, ek weet soms verstaan mense nie hoe ons net click nie, maar ons doen. Sy is my tuiste, my veilige plek.

Daarom vannaand sê ek net die hele tyd dat dinge wil ooborrel: Dankie, dankie, dankie dat sy in my lewe is.How blessed am I?

Veilig vlieg Padda, waai vir die berg en gooi solank vir my ‘n klippie inni see,x

Author: VirgoC

...ek is 'n Generation X kind, so sê die media . Ek is mal oor die comforts van tegnologie (wat ek wil verstaan), maar ek smag na dit waarmee ek groot geword het. Ek is vandag nog netso confused soos 20 jaar terug, verskil is nou geniet ek my confusion. Die is hoe ek die lewe sien in stories, of sommer net "plain" en soos die kraai vlieg.

5 thoughts on “Stukke…”

Comments are closed.

%d bloggers like this: