Die Towerinne en Gariep…

untitled

Hierdie bloguitdaging is aanvaar deur 14 Afrikaanse bloggers wat ñ virtuele toer deur Suid-Afrika gaan onderneem. Die gasblogger van die week moet op ñ Donderdag, op die datum wat toegewys is, ñ blog publiseer oor hulle tuisdorp/streek, asook ñ fiktiewe weergawe van die ander 13 bloggers se kuier by sy/haar tuisdorp.

Klik op hierdie skakel om die lys van deelnemende gasbloggers te sien, asook die datums waarop hulle blogposse gepubliseer gaan word.

Die 14 kuiergasbloggers vir die week (en hul lesers) kan dan vir die res van die week ook blogposse bylas waarin hulle beskryf hoe hulle die kuier geniet het, of hulle kan ñ blog skryf oor die streek waarin die gasblogger van die week die kuiergaste onthaal het – vertel van ñ eie ondervinding in daardie provinsie/streek/dorp, deel herinneringe of plaas fotos wat daar geneem is. Enige lekker storie sal doen solank dit in die gasblogger se streek/provinsie afspeel. Kuiergasbloggers en hulle lesers moet asseblief ook hulle skakels byvoeg op InLinkz sodat ons almal kan saamlees. Sien: Dis Ekke vir die reëls.

Om jou blogpos by te voeg of om die ander bloggers te lees, kliek op die volgende: http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=797928

fs_gariepdam

Die groen bus kom stadig aangery en stop botstil in die pad. Die vreeslike ompad van die toer het amper sy tol begin eis, die Towerinne is moeg. Hulle het deurnag gery en almal het geslaap, buiten Lorenzo wat gesweer het hy kry almal weer op die regte pad teen die tyd dat hulle wakker is.

Die groot motorfiets konvooi staan die pad weerskante toe vol, dit lyk na chaos op die pad. Die polisie het opgegee, sodra hulle 10 motorfietse aftrek, kom nog 10 by.

93e9524f-0c16-4ffc-88f5-1fbc5b9b35e6

Lorenzo glimlag breed en groet vir Silver wat so stadig van sy Harley afklim en bus toe loop. Hulle doen so vreemde handskud wat seker net vir manne sin maak en hy knipoog vir Frannie en vee so oor sy gesig.

Hy knik sy kop vir Lorenzo en die staan op en is baie erge gebroke engels se hy: Ladies, you dress. You off bus. You go Silver”.
Die Towerinne kyk rond en almal half verward. Dit is baie duidelik, hierdie is nie die Calitzdorp Chapter nie. Die Hell’s Angels Chapter lyk na ‘ verskriklike spul bikers en “mean to the bone” . Tannie Frannie lag lekker en staan op. ” Nou goed dames, die planne is nou so. Virgo is al van die bus af soos julle weet toe ons uit Calitsdorp weg is. Sy het my gevra om julle die res te vertel. Die bus gaan nie in die dorp in nie. Almal van julle is gese om vir julle lekker broeke te bring, tekkies en T-hemde. Julle is ook elkeen gevra om by daardie stop wat ons gehad het in Calitzdorp 2 boeke te koop by die tweede handse boekwinkel. So, trek gou aan en bring julle boeke en julle oornag sakke met julle toiletries tevat en julle baaibroeke en dan gaan kies julle vir julle ‘n biker wat julle die dorp gaan invat. Ek weet julle is storm honger, so ons stop sommer so met die intrapslag by die OK bazaar en gaan langsaan by Tjailatyd ‘n lekker bord boerekos eet. Virgo sien ons daar en sal dan kom verduidelik. Lorenzo sal die bus met begeleiding van die bikers na ons kampeerplek toe vat.”

Dis it chaos in die bus. Die towerinne kyk vir mekaar, hulle het sopas bike gery in Calitzdorp en alhoewel Silver hier is, lyk die manne of niemand ooit terug praat nie. Toortsie is heeltemal in ‘n toestand- haar singstem sommer heel weg, Woordnoot wil nie eers dink wat die oom gaan sê nie. Seegogga is gouer as jy kan sê blits in haar broek en hemp en wil net uit om haar bike te gaan soek. Lekkervurig het ‘n frons op haar voorkop, wat gaan Rots sê oor sy alweer op ‘n bike is. Kameel skud net haar kop en mompel heeltyd vir haarself terwyl sy aantrek. Trommetjie kan nie ophou giggel nie. Tannie Frannie het die breedste glimlag op haar gesig en haar oë blink. Perdebytjie probeer dink en beplan hoe en waar sy haar kamera gaan moet sit, haar sakkie is te klein. Hester se oë is so groot soos pierings en sy wonder of die terugbetaling is vir daardie hangbrug- hierdie lyk na ernstige bikers. Positief hou aan vir Una kyk en Una lag net, die trane rol al. Bondels sit en wonder hoe ver sy gaan kom voor hulle weet sy is weg, Scrappy kyk haar net so en sê ” ek sou nie eers probeer as ek jy is nie. Ons gaan hierdeur kom en klaar en bid jy net hier is nie joernaliste nie”.

Die deur gaan oop en die towerinne klim stadig uit, Frannie omtrent ‘n huppel in haar stap en is sommer reguit na Silver toe wat haar sommer laat wegraak in sy arms. Hy gee haar so lekker klap op die boud en help haar om haar valhelm vas te maak. So beer van ‘n man stap sommer reguit na Hester toe en sê” en jy ry defnitief saam met my” en tel haar sommer so op en sit haar op sy groot Harley trike. Hester wil nog iets sê toe sit sy valhelm en al.

efcb5c54-8d42-4be4-b6fb-07653a84344d

Kameel begin giggel oor Toortsie se benoude gesigsuitdrukking. Sy besef dis oor daardie vreeslike biker met sy lang hare en ‘n gesig soos die stoeier ” The Undertaker” reguit op haar afstap. Toorsie gee so benoude “Oh liewe Vader” toe die man stop en sommer dadelik haar valhelm opsit en haar soos ‘n sak patats oor sy skouer gooi en na sy bike toe loop. Kameel hou teen die tyd haar maag vas soos sy lag, of dit nou senuwees is of wat, dit weet sy nie Perdebytjie giggel net so en neem fotos, al wat mens hoor is die kliek-kliek-kliek soos sy neem. Sy het gesigsuitdrukkings perfek gevang.b8a55c7d-f687-4512-9fd6-5a80c6085cc1

213fb9c8-6121-494d-9b36-7f7cc5ae0289

So 10 minute later is al wat ‘n Towerin is op ‘n bike en trek die konvooi weg met ‘n groot geraas. Baie van die manne het harder “pipes” op en mens hoor hulle myle vêr. Die bikes ry stadig Gariep binne. Hulle ry ‘n entjie en teen die tyd dat hulle voor Tjailatyd resturant langs die OK Bazaar stop, staan meeste van die mense reeds buite om die hele gedoente dop te hou. Virgo staan bo op die trappe en glimlag breed. Teen die tyd lyk die meeste Towerinne al effe bedaard en is hulle vinnig van die bikes af en op met die trappe na die resturant.

Almal praat gelyk. Hulle is opgewonde, geskok, bleek, oë blink en dit klink soos ‘n familie lunch op ‘n klein Italiaanse dorp soos mens moet probeer bybly met wie praat en waaroor.Die kos is heerlik soos altyd, opregte bord boerekos. Die chef het spesiaal vir Toortsie banting friendly bord gemaak en sy lê goed weg. Die skok het haar die aptyd van ‘n resiesperd gegee. Ons drink ‘n heerlike koppie koffie na ete en Virgo kap so teen ‘n glas….

“Towerinne, hier op Gariep gaan ons rus. Ons het almal ‘n redelike ompad gery om hier te kom en ek weet julle is effens gedaan. Ek het gevra dat julle elkeen 2 boeke moet saambring en sal julle vertel hoekom. Die dorpie hier op Gariep weet julle het redelik baie pensioenarisse. Hier is regtig nie werksgeleenthede hier nie en meeste mense wat hier is lewe, as hulle gelukkig is, op net een inkomste en dan ook op die ouderdomspensioen van hulle ma of pa. Hier is wel ‘n biblioteek op die dorp, maar almal het al al die boeke gelees wat hier is. So ons het met die hulp van al die biker manne ‘n additionele gebou gekry op ‘n great kontrak om die biblioteek groter te maak en te sorg vir nuwe boeke. En dit is wat julle vandag saamgebring het. Die ander manne wat saam toer het ook almal gebring en dit is vir ons die wonderlikste ding om te weet dat hierdie mense kan nou weer begin lees. Een van die rëels van die Biker Cafe wat ons hier het is dat jy wel ‘n boek of tydskrif moet saambring en los, of ‘n donasie dat ons kan koop en ons het die wonderlikste suskes met dit gehad. So, na hierdie heerlike middagete hier, gaan ons gou laat julle al julle sakke by die slaapplek sit en dan gaan ons verf. Die biblioteek moet geverf word en julle kan bos gaan en doen wat julle wil om dit ‘n wonderlike plek te maak vir al die mense op die wonderlike dorpie. Na ons verf, kom ons terug na die rugbyveld wat julle so agter julle kan sien. Die biker manne het ook gehelp dat ons daardie veld mooi regmaak en “user-friendly” te maak vir die kinders in die dorp dat hulle kan aanhou om sport te beoefen. Ons gaan na ‘n rugby game kyk tussen die bikers en die skoolkinders.”

Die biker manne klap op die tafels en fluit, die towerinne klap hande saam en lyk totaal verbaas en bly om te dink dat hulle soveel vreugde gaan kan verskaf aan die klein dorpie. Voor jy kan se mes is Toortsie opgetel en bike toe gedra. Die groot beer van ‘n man het vir Hester sommer net so weer op die bike getel. Kameel lag so dat die trane weer rol. Sy, Positief en Una hou net nie op lag nie. Lekkervurig skud steeds haar kop, maar nou met ‘n groot glimlag op haar gesig. Scrappy en Woordnoot sit bank-vas agter hulle bikers, Perdebytjie neem steeds foto op foto. Trommeltjie, Bondels en Seegogga vra net uit oor die bike-besigheid.

Virgo klim op haar V-Rod en ry saam met Padda en Big Daddy ry stadig voor, Tannie Frannie en Silver net so agter en die hele konvooi volg. Ons ry stadig water se kant toe en sommer naby die groot kampeer terein draai ons af waar so groot bord wys “CC Bikers Café” . Ons ry verby die gebou en stop voor die “Bikers Lodge” . Ons klomp voor stop en draai om sodat ons seker is ons kan die uitdrukking op die Towerinne se gesigte sien.

Die groot Dakota vliegtuig staan alleen langs nog ‘n kampeerterrein met opgeslaande tente en ook oop spasies vir ander kampeerders. Die kamp area is in rep en roer soos mense tente opslaan en die groot fire-pits regkry.
Towerinne, ons slaap vannaand in die Biker Lodge hierbo. Hierdie ou vliegtuig het ons omskep in ‘n lodge. Julle het reeds op die bus besluit wie deel kamers en dit is bunker beds, so ek stel voor die wat nie mal is oor hoogtes nie, moet maar onder slaap. Daar is ‘n badkamer aan die einde van die vliegtuig met genoeg ablusie geriewe dat niemand hoef te wag nie. Gaan sit julle sakke neer in die kamers wat julle kies en kom dat ons kan gaan verf.

22886237_1458594867527435_8931653387650430001_n

Die Towerinne praat soos tjoekvinke oor die vliegtuig bedryf. Kamers word gekies, ablusie geriewe beskou en dan kom hulle uitewindelik terug en is sommer dadelik na hulle bikers toe, boeke onder die arm.

Die biblioteek is aan die bo kant van die dorp en daar is reeds ‘n hele paar van die dorpskinders wat daar staan en wag. Dis ‘n vreeslike gegroet tussen hulle en die bikers en dadelik begin die organisasie om die boeke in die nuwe gebou te los. “Towerinne, ek het so paar mense nodig wat sal kan help met boeke sorter en dalk pak soos in ‘n biblioteek.” Lekkervurig, Toortsie en Trommeltjie is dadelik voor en begin sommer sorter voor ons nog ‘n woord kan se. Die res van ons gryp oorpakke, verfkwasse, rollers en begin met die groot geverf van die nuwe gebou. Dit is nie lank nie of ‘n verf oorlog begin. Die musiek speel, die kinders speel en lag en jaag mekaar en die towerinne en bikers verf die gebou in ‘n jap-trap klaar. Almal ontspan met ‘n koue bier, die kinders elk met ‘n koeldrank.

Na so uur se gerus is almal terug op die bikes en ry ons rugbyveld toe vir die beloofte game. Die bikers 30 spelers teen die 15 skoolseuns. Die bikers word soos 2 man resies aanmekaar vasgemaak en die fluitjie blaas. Dit is skreeusnaaks. Die bikers brul en kreun en die seuns hol draaie om hulle. Daar word stofwolke geval op die veld. Die dorpsmense lag en juig. Die towerinne skreeu omtrent hulle stemme weg. Voor jy kan sê mes is Kameel, Lekkervurig en Una voor met sulke bolle papier en dirigeer hulle en swaai die papier soos pom-poms rond. Dis omtrent ‘n gegil ” Jam blikke, vis blikke drie_by_drie” die dorp gil saam. Die seuns wen 34 – 0! Dis groot makietie op die veld.

Ons almal is terug dam toe en is almal in die water. Die manne het gesorg dat daar genoeg jet-ski’s is vir almal en vir die volgende uur koel almal af en geniet hulself terdee. Ons ry terug lodge toe en almal het tyd om rustig te gaan stort, so bietjie asem te skep en weet sodra hulle reg is, kan hulle afbeweeg na die Bikers Café toe. Vannaand braai ons in die groot pit en daar is slaaie, varsgebakte brode (tot Banting brood) en ‘n groot pot pap en sheba.

cafe-konspira

9585_1031520256921224_3347270921375173514_n

Die towerinne is omtrent opgewonde om in die kroeg te sit en kuier. Die bikers besluit dit is tyd vir line dancing en almal geniet hulle gate uit. Voor ons mooi besef wat aangaan het Seegogga, Positief, Bondels, Trommetjie, Hester en Perdebytjie die voortou geneem en wys almal hoe die nuwe line dance gedoen moet word. Dis nie hoe lank nie toe word die towerinne op die kroeg getel en toe begin die gedans omtrent.

Buite by die pit staan Tannie Frannie , Silver, Toortsie, Positief en Scrappy en maak seker die fire pit is goed aan die gang. Die volgende oomblik ruk Lekkervurig haar “ fire-dancing” goete uit en begin haar spesiaale dans. Sy betower omtrent almal soos sy haar dans doen en haar vlamme swaai. Die dansery kom tot ‘n einde en almal bewonder net hoe die vlamme beweeg.

43e37771956846ef8b030031f88df7e4.preview

Die gekuier kom eers teen die oggendure tot bedaring en die towerinne stap so een een lodge toe.

Laatoggend is almal op en die bikers neem ons na De Stijl hotel met die mooiste uitsig oor die dam. Daar eet ons die heerlikste ontbyt en neem fotos. Vroegmiddag word ons teruggeneem na die bus toe en die towerinne is oppad na ons volgende bestemming.

Author: VirgoC

...ek is 'n Generation X kind, so sê die media . Ek is mal oor die comforts van tegnologie (wat ek wil verstaan), maar ek smag na dit waarmee ek groot geword het. Ek is vandag nog netso confused soos 20 jaar terug, verskil is nou geniet ek my confusion. Die is hoe ek die lewe sien in stories, of sommer net "plain" en soos die kraai vlieg.

157 thoughts on “Die Towerinne en Gariep…”

  1. Bwahahahaha! Ek is alleen hier by die huis, die honde en suikerbekkies dink ek is besete!. Toorts en die undertaker! Ek wat vuurdans, o donderdag, met my hot klou en geen ritme nie!. Ek hou van die wonderlike vermoëns wat die Towerinne in Blogland het! Ek moet nou nog net tango, dan het ek klomp nooit-geraai-om-dit-op-die-emmerskoplys-te-sit belewenisse op hierdie reis gehad! Grapjas Virgo – tien uit tien. Bwahahahahahaha! NS. Ek laaik dat ons boeke geskenk het. Dis mooi!

    Liked by 3 people

  2. Fantasties, Virgo! Ek het nog altyd gewonder wat doen die motorfietsmense wanneer hulle so rondtoer. Ek is mal oor die kroeg! My kamera het amper ontplof soos wat ek foto’s geneem het. Tannie Frannie is natuurlik die grootste verrassing…sy en Silver!
    Daardie vliegtuig is ‘n briljante idee.
    Hierdie was nou so lekker geskryf…jy is ‘n doring!

    Liked by 6 people

    1. Ek het die kroeg net so geniet, Bytjie. Hierdie bike ekskursies van Positief en Virgo laat my wonder of my manlief dalkies vir my en hom ń scooter moet aanskaf…net so vir ń begin…

      Liked by 3 people

  3. En steeds lag ek! Gee, you pulled out all our stops, my sus. My biker het stil en stemmig gelyk toe ek hom uitkies, maar o genade, daar jaag hy asof die duiwel self agter ons aan is! Myself skoon in ń nuwe bloedgroep ingegil!

    Liked by 4 people

  4. Love love love hierdie. Dit was een groot heerlike pret kuier en ons het nog diens gelewer aan die gemeenskap. Virgo tien uit tien jy mag maar. Wat ń rit, toe my moterfiets man begin wheelie het ek my amper nat gepiepie. Daardie vliegtuig was uit die boonste rakke en die kroeg….. wat ń lekker dansery, ek was sopnat gesweet aan die einde van die aand, moes maar weer gaan stort.
    Ag siestog julle, my trane het omtrent geloop toe die twee ou tannietjies vir my en bondels om die lyf gryp en die styfste druk gee. Hulle tran het gevloei en al wat hulle kon uitkry was -“die Here segen vir julle dierbre mense”.

    Liked by 6 people

    1. Jy verbaas my meer en meer op elke dorp…dans soos ń jongetjie en gooi daai lyf rond! Laat my terugdink aan ons vorige kuiers… Om nie eens te praat van jou manewales agter op daai bike nie!

      Liked by 2 people

  5. Jissie, ek het twaalf jaar lank daar naby die dam gebly en nooit geweet dit gaan so jolig daar nie. Ek moet nou eers terugtrek Vuil Driehoek toe en ook ‘n dampersoon word. Die Towerinne haak behoorlik uit (op ‘n ordentlike manier bedoel ek) en laat hulle hare hang. My man lag hom ‘n papie as hy weet ek het op ‘n motorfiets gery. Daai motorfiets met die doodkissie op die Ventertjie – is dit nou die Undertaker? Liewe aarde Toortsie, nou sê ek niks meer nie. Dit was nou sommer ‘n bobaas-kuier Virgo en ek is bly ons het teruggedraai Gariep toe. Dit was beslis die ompad werd.

    Liked by 6 people

  6. Hester ek lag nogsteeds vir die prentjie van jou wat soos ‘n kind opgetel, en in Harley neergesit word. Dit was ‘n fees om almal te aanskou!!! Lekkervurig….my mond het behoorlik oopgehang….nou weet ek waar kom jou naam vandaan. Mensig vrou, jy KAN dans….en met vuur en papier speel!!! Dit was die lekkerste lekker om so saam met jou en Una te dirigeer…Jam blikke, vis blikke…drie-by-drie!!! Ag en dan die lyndanse….ek is MAL oor lyndans!!! Dankie Virgo dit was heerlik…en ja ek het baie gelag..hoe dan anders as jy saam met die Towerinne is.

    Liked by 4 people

      1. Laat my dink aan wat die Bybelstudievroue vroër jare gesê het…”We hear your laughter long before we see you.” Nou saam met die Towerinne kan ek ook weer lag!!!

        Liked by 5 people

  7. Sjoe Virgo!! Wat ‘n vol reis! Ek het gelove dat ons die boeke saamvat….en dan natuurlik het die rugbywedstryd die koek gevat!! Amazing trip…wou nog altyd ‘n Harley gery het…my biker het langs die pad afgetrek en my toegelaat om sy Harley te ry terwyl hy agter opgesit het…dit was groot van daai ou…Harley manne doen dit nie sommer nie!

    Liked by 3 people

    1. Praat jy, maar ek dink die towerinne het almal al so bekoor dat hy seker nie anders kon as om jou te laat bestuur nie. Ek meen, wie het nou enige weerstand teen ons😁

      Liked by 2 people

  8. Virgo hierdie was bobaas lekker. Alles, maar veral die kuiery so saam met die bikers. Hell’s angels met fluweelsagte harte. Tannie Frannie se klap op die boud het my laat skaterlag. Hiertso!!

    Liked by 5 people

      1. Ek het ‘n sleg rug en nek en arm en moet versigtig hanteer word. Hy gooi my sommer soos ‘n sak patats oor sy skouer soos net boerseuns doen. Genade! Ek is mos nie meer vandag se kind nie!

        Liked by 2 people

    1. Jou bike was defnitief die beste van almal, Toortsie. En ek kan getuig, jy het jou statig gedra. Na die aanvanklike skok het jy soos ń dame agter op daardie brulfiets gesit met ons almal wat jou aangegaap het. Wees gerus, jy het die Towerinne se naam hoog gehou.

      Liked by 2 people

    1. Ek het die so geniet om te lees. Dankie vir die deel Tannie Frannie. Jy het my so laat terug dink self aan daai bosoorlog tyd, jou beskrywing van daai vlug en lewe… Ek is opgelei by 1 Militêr en jy het my nou baie laat terug verlang. Jy het alles so raak beskryf gevoel was sommer weer daar😘🌻

      Like

Comments are closed.