Day 1…

Ek het so lank terug laas geskryf. Voel eintlik vreemd om dit weer te doen. Dis ‘n nuwe jaar, selfde week, maar nuwe dag en nuwe jaar.

2018 was op sy manier vir my rof, so anders verloop as wat ek ooit aan sou kon dink. Met al die drama het ek een ding besef: hoe vêr ek van myself af beweeg het. Hoe dit nie saak maak wat jy doen nie of hoe vêr jy in die verkeerde rigting in beweeg nie, jy word terug gebring na waar jy wel moet wees.

Nuwe Jaar, nuwe dinge. Ek het rus in my siel, ek het die wonderlikste mens aan my sy. Ek is so blessed.

Dankie.

Ek het een voorneme die jaar:

let-go-let-god

 

Author: VirgoC

...ek is 'n Generation X kind, so sê die media . Ek is mal oor die comforts van tegnologie (wat ek wil verstaan), maar ek smag na dit waarmee ek groot geword het. Ek is vandag nog netso confused soos 20 jaar terug, verskil is nou geniet ek my confusion. Die is hoe ek die lewe sien in stories, of sommer net "plain" en soos die kraai vlieg.

6 thoughts on “Day 1…”

Comments are closed.

%d bloggers like this: