Vreemde draaie..

facebook-20150413-232624

Die wekker gaan af 3:30 vanoggend. Voel vir my ek kan hom net afsit en verder slaap. Padda sê sy het haar ogies op, ek kan kigte aansit en ek is op. Doen visa run vandag.

Baie weird sisteem die in die Sandpit. Jy kry verskillende opsies van visas en ek op oomblik in daai weird spot van tussen residence visas. Ou een gekanselleer, nuwe een nog nie in process nie- red tape…

So, ek moet 5 uur op Sharjah ( een van die 7 Emirate) wees. Vlieg gou Bahrain toe, dis uur en tien minute vlug. Kan een van vele prosesse wees eens daar. Dan vlieg jy terug, sommer gou ook.

Jy hang rond nadat jy inloop by hek met arrivals, kyk jou email en what’s app en wag dat agent jou nuwe visa stuur. Dan is jy in deur e- gate en so paar draaie en welkom terug in die Emirate.

Tjoef, net so.

Dit raak nou grand, kan dit ook doen sonder om land te verlaat, maar soos alle gerief kos dit meer geld. So sit ek en kyk vanoggemd en wonder hoeveel geld hulle maak per dag.

Paar jaar terug ( omtrent so 15 jaar) was die keuses nie soveel soos nou nie. Jy het Kish toe gevlieg in Iran en klaar. Grensposte was nie heeltemal oop vir ons om net deur te ry, koffie te drink en pitstop en dan weer deur grens terug huistoe nie, al die ander lande kon. Maar ek raak van my storie af. Kish… wat ‘n belewenis. Vlugte was tjok en blok, jy moes alles langmou of Abaya dra en as jy nie het nie, gee hulle jou een op lughawe wat nog nooit ‘n wasmasjien gesien het nie. Dan hol jy vir ‘n seat op so kleinerige plane en omtrent geen sitplek lyk dieselfde nie. Sjoeeeeep is jy inni lug, sodra daai teken afgaan vir seatbealt, kom daar so norserige lugwaardin verby met ‘n mandjie ( I kid you not) met daai swieties wat jy kry as jy rekening kry in resturant. Sy “hurdle” deur daai isle en terug en dan kom die aankondiging ons maak reg om te land.

Dan is dit jy en Kish…..

Daai jare was rof oor so baie mense van Asië net daar gelos is. Jy is uit die Emirate uit, moet wag dat nuwe visa gedruk word en lughawe toe gevat word. Vroëe vlug meen jy kan dalk visa seldfe dag kry ( vir VIP fee) of as dit bad is slaap jy oor. Jy weet wat jou ondervinding is afhangwnd wanneer jou naam op TV screen kom- may the odds be in your favor…

Oorslaap. Sjoe, lyk soos ou koshuise met so klomp beddens per kamer, so amper sement strange vloer, badkamers wat jou aan bad tronk movie laat dink.. Jy is te bang om iewes te sit, maar weet ook jy kan dalk deurnag staan. So jy kies ‘n bed en maak seker jy het view van TV. En dan wag jy. Jy probeer met niemand praat nie en hoop die 30 mense vir wie jy SMS gestuur het ( geen what’s app toe nie), onthou waarheen jy is, het die copy van jou paspoort gehou en sal nou laat soek.

Dit was baie sad, van die mense daar. Van hulle is al jare gestrand daar want hulle sponsors besluit hulle wil hulle nie terug hê nie en wil hulle nie betaal nie, so daar is hulle nou. Praat nie die taal nie, klein bietjie geldjies raak op en skielik onthou almal oudste professie in die lewe. Ander bedel, ander leer taal en kry klein werkie, vreemd en die eiland floreer en hulle bly.

Wanneer jy jou naam sien is jy soos blits daar uit en sweer nooit weer nie. Ek was gelukkig, ek was nooit weer soontoe nie.

Het toe daai tyd 1 keer Doha gedoen, klein en net sand. een gedoen. Daar klim jy af, loop deur, paspoort word gestamp. Loop net daar deur hek. Ek het so ewe grand nog gerook daai tyd en met aansteek toe sê hulle final boarding call. Jy klim op dieslfde lane en 20 minute later styg ons op.

Oman toe, bly jy op plane sit, hulle skeur jou kaartjie, ander klim in en 20 minute later vlieg jy terug.

So, terug in dieSandpit. Ons land, yip, almal moet af en weer deur passport control gaan en hulle kondig final boarding call. Hierdie bene het gewikkel hoor. Terug op dieslfde plane met dieslfde crew ( ons groet soos ou vriende) en 55 minute later hier is ons nou. Nou wag ek vir my email/ whats app en visa gedoen.

Weirdste ding van die vlug… Jy koop water nadat jy deur sekuriteit is, op lughawe in geslote en totaal gekontroleerde omgewing. Jy klim op plane, klim af anderkant. Loop deur gekontroleerde en secure area. Jy sit jou sak op scanner en ….” You are not allowed to carry this water”.

Het ek iewers iets gemis? Hoe en waar het enige een ‘n kans om iets met daai water te doen, dis nie asof jy vir oomblik buite kon staan op vlerk mid- vlug en in tipiese mission impossible styl een of ander water geaktiveerde plofstof in hande kry nie.

Dalk is ek al te lank hier en besef nie hoe vreemd ‘n visa run eintlik is nie, is it a part of the process..

Author: VirgoC

...ek is 'n Generation X kind, so sê die media . Ek is mal oor die comforts van tegnologie (wat ek wil verstaan), maar ek smag na dit waarmee ek groot geword het. Ek is vandag nog netso confused soos 20 jaar terug, verskil is nou geniet ek my confusion. Die is hoe ek die lewe sien in stories, of sommer net "plain" en soos die kraai vlieg.

6 thoughts on “Vreemde draaie..”

    1. Lol, nee ousus, glo my, ons print uit en vra uit en daai smile want heuning vang meer vliëe as ayn werk hier. Wel dit of huil😀😀😀

      Like

Comments are closed.

%d bloggers like this: