A new Page…

152291_54_news_hub_138058_656x500Wel, ek het vandag gehoor ek is oppad Ierland toe vir training, sommer net so vlieg ek 24e uit , train en vlieg 7e Maart terug. Ek gaan leer om ‘n Colon Hydrotherapist te word. Net so!

Ek het begin by ‘n nuwe kliniek en hulle doen net alternative medicine en dit is wonderlik. Ek weet bitter min van dit af, maar my baas is die wonderlikste vrou en sy wil net teach en het amazing idees. Sy bly in plek in Dubbels met naam Sustainable City en soos die naam sê is dit presies wat alles daar gebeur. Van skoonmaak produkte en alles is alles om die omgewing te help en nie by te dra tot enige goed wat dinge slegter maak nie. Nogal iets om aan gewoond te raak want ek is te haastig en sal gou dink ek self kan nie skade doen met die of dat nie. Big surprise.

Sy is ‘n Family Medicine practitioner en toe besluit sy gaan die natuurlike righting, so sy doen nou: Anthroposophical Physician Training and Medicine, Naturopathic Medicine, acupuncture (facial, advanced techniques, scalp), Waldorf/Steiner education, NAET(advanced certifications), Life-Coaching, Dorn therapy, KST alignment (Koren Specific Technique). Eerlik, ek lees nog op oor van die goete, maar wat ek weet is dat die dinge werk. Sy is so te sê ‘n Vegan en lag lekker vir my wat net met sulke groot oë na haar kyk en weet nou moet ek wragtig dieet want mens kan seker nie so rond soos ‘n strandbal wees en dan wil mense help nie. So hallo green world…..

Ek sien verskriklik uit om te begin, sal so paar dae ingaan volgende week en dan Ierland toe met my. Ek gaan na plek Ballsbridge toe (en sory, is seker nou maar net my slegte sin van humor want ek kon nie ophou lag nie) vir die bedryf. Bly in die mooiste plek en is loop afstand van die skoolaf.

download

Grootste skok is dat ek skielik moet begin swôt, maar dit is dinge wat ek glo en van hou, so die keer bly dit dalk in my kop. Ek dink steeds ander medisyne het hulle plek en daar is sekere dinge wat al die Chakra’s in die wêreld nie mee kan help tot goed reg gemaak is nie, maar die is wat ek wil doen.

Vir die eerste keer in baie, baie jare voel ek lus om te gaan werk en het ek ‘n smile op my gesig wanneer ek instap. Hoe zen kan ‘n plek dan nou voel.

Ek besef net weer, ek is regitg blessed. Dankie Vader,x

Chakra-Poster-PhuketCleanse

Author: VirgoC

...ek is 'n Generation X kind, so sê die media . Ek is mal oor die comforts van tegnologie (wat ek wil verstaan), maar ek smag na dit waarmee ek groot geword het. Ek is vandag nog netso confused soos 20 jaar terug, verskil is nou geniet ek my confusion. Die is hoe ek die lewe sien in stories, of sommer net "plain" en soos die kraai vlieg.

25 thoughts on “A new Page…”

  1. Ag baie geluk! Nou kan ju op jou blog vir ons vertel hoe om gesond te bly of te word. Ek glo nogal aan naturapatie- nadat my ma se groit galsteen na n dieet van meestal suiwer appelsap sommerso binne minder as 7 dae verdwyn het. Die gewone dokters wou die galblaas verwyder. Maar na hierdie naturopatiese 7 daelange dieet was die galsteen vir altyd weg! Resep pp aanvraag beskikbaar

    Liked by 1 person

    1. Dankie Perdebytjie, praat jy oor die koue… blykbaar maak dit nie saak dat ons ook nou winter het nie (vandag word 21 grade) – dis effnes kouer daar😲🧣🧤🧥

      Liked by 1 person

  2. Dit klink na ‘n opwindende nuwe rigting vir jou. Alles van die beste en met die reis, die skool en die nuwe werk. Wanneer jy tyd het, moet jy ‘n paar gesondheidstips in ons rigting gooi.

    Liked by 1 person

  3. Sjoe!!! Dis absoluut freakin amazing!!! Ek is nou al vir 6 maande op natuurlike meds en voel sommer tonne beter…you go girl!!! Gaan GROOT!!

    Liked by 1 person

      1. Ek weet hoe jy voel. Ek gaan ook die jaar registreer vir studies. Dit kos baie geld en en ek is nie juis die leertipe nie, en dan gaan ek werk oorsee soek. Voor ek 50 raak. Dis die groot uitdaging. En bangmaak ding. Maar joune klink baie meer opwindend!

        Liked by 1 person

  4. ‘n Nuwe uitdaging….net die regte ding om jou mooi en aan die gang te hou. Geniet en sterkte…..en ja asb ‘n paar gesondheid tips, veral vir hierdie kolon van my wat my soos ‘n opgeblaaste tube laat voel. Geniet Ierland!!!

    Liked by 1 person

Comments are closed.