Boererate…

Wel, hier kom ‘n ding glo ek. Ek is mal oor boererate en al die dinge wat ons mee grootword en glo of nie. Dink ek daar is waarheid in, totaal, of dit plasebo effek is of nie, feit bly, van die goete werk beslis.

51626534_2444329152305905_938103874869264384_n

Wat doen ek?

Wel… Ek is groot voorstaner van Vicks onder die voete wanneer jy lekker verkoue het en so hoes aanmekaar, natuurlik ook so om die bors in te smeer en so bietjie oor long area oor rug.

Sooibrand… teelepel koeksoda, halwe vars suurlemoen en so knerts water in glas en totsiens vir die braaivleis vuur in jou maag; of knaag aan rou aartappel was en is nog baie gewild. Omgekrapte maag = gerasperde appel; loop maag = groot teelepel Maizena en bietjie water. Dan is daar die paar druppels garlic oil of olyf olie in jou oor vir oorpyn, ek persoonlik glo daarin om ‘n kous vol koeksoda te stop, knoop mooi toe, sit in pan en verhit en sodra lekker warm is so paar drupples suiwer Lavender oil en oor daai seer oor. Vir seer keel kook mens heuning en kaneel en gemmer saam en eet teelepels vol van dit – dink het vir blaas infeksie ook gewerk. En maak dit nou vir my sin- totaal, want knoffel en gemmer is natuur se antibiotika- so hoe kan dit nie werk nie. Vars koriander in water ( so groot glas bottel vol water en sommer ‘n hele handvol koriander)elke dag help met stadige detox van heavy metals.

543b641ba7b7bc9ea39d137a658e97c1

Een van my geliefkooste rate was altyd nog melksalf- waar kan jy beter kry vir slegte droëe vel, gebarste hakke. Dit is net ongelooflike goed.

Een van die mees gebruikte rate vir my vir die laaste paar maande is seker oor galstene- want op die stadium sien ek nie kans vir enige mes nie. Apple Cider Vinegar en peersap, applesap, en baie, baie beet. En werk dit, wel sover werk dit en help dit solank ek in my baan bly met wat ek eet ook.

My oupa Willempie het geglo aan Zambuck- kyk hy het sulke bolletjies gerol en afhangende van wat fout was, het jy soveel bolletjies gekry om te eet. My pa het geglo aan Sinkpyn spesifiek- en ek wil spesifiek van dit vergeet- ek othou net dit was walglik en hy het dit vir alles gebruik. My pa het ook so in Chambelains geglo vir jou maag of soos hy gesê het daai “gloroform is al wat die krampe wegvat”.

Ouma Toekie op Kendal het weer in Kamfer water geglo, met die stukke Kamfer wat so dryf op daai inlê bottels. Ek kan nie eens begin beskryf hoe aaklig dit was nie, dan moes jy stuk Kamfer eet en van die water drink- ek weet dit help nie vir Appendicitis nie.

Wat het ek al geleer…

Wel, ek werk nou by Alternative Medicine Clinic en dit is amazing. Ek het al dinge gesien wat ek nie kan glo nie. Wat dit vir my so ongelooflik maak, dit is suiwer dinge van die natuur, die rou version van alles. Vergeet mense hoe ongelooflik powerful dit is, beslis, tot die verpleeg personeel (ons is almal redelik nuut in Alternative Meds) vergeet soms die kragtigheid van natuurlike produkte en selfs supplements.

51Xs3WV52UL

My persoonlike opinie, ons het almal haastig geword- en dit sluit my in. Dink ek steeds eers aan ‘n Penado as ek hoofpyn het voor ek dink aan Lavender oil en hitte of koue, afhangende wat oorsaak van hoofpyn is- totaal. Dis ‘n proses, maar ek leer en ek is mal daaroor. Ek sien hoe ongelooflik kragtig dinge soos hoë dosisse Vitamine C ens kan wees. Ek lees al hoe meer boeke en inligting soos bv Dr Andrew Saul, dinge in The Gerson therapy, die ongelooflike krag en power in kos. Hoe ons toelaat dat mense die gemors in ons kos sit is ongelooflik, eet ek dit, ja moet ek skaam erken. Ek loop steeds baie moeilik by sekere dinge verby, maar ek lees meer en meer wat op goed staan en besef net dat die selfde mense wat boererate gehad het- het regte kos gaargemaak en eet.

35680b171cc7a119f452dc61ac7739d3

Soos hulle sê, “what grandma used to do in a normal day, is now considered organic non gmo” Dalk het hulle baie, baie meer geweet as wat ons ooit kon en sal. Time to get back to nature. Of soos die pa van medisyne gesê het “Let food be thy medicine”

food-colors-meaning-health-benefits

Author: VirgoC

...ek is 'n Generation X kind, so sê die media . Ek is mal oor die comforts van tegnologie (wat ek wil verstaan), maar ek smag na dit waarmee ek groot geword het. Ek is vandag nog netso confused soos 20 jaar terug, verskil is nou geniet ek my confusion. Die is hoe ek die lewe sien in stories, of sommer net "plain" en soos die kraai vlieg.

17 thoughts on “Boererate…”

  1. Sjoe! Het ek nou lekker gelees! My ma het vir ons ook ‘n pons gemaak met gemmer en heuning en wat nog alles vir verkoue. Hy het geglo in dadels vir die maag, of dit vas was of los.

    Liked by 1 person

  2. Dit is nou interessante leesstof en die prente wat jy ingeplak het, gee ook baie inligting. Dit lyk asof ek myself op die skouer kan klop wat eetgewoontes betref – kyk hoe swaai my stert. (Ons praat nou nie uit oor nou en dan se stoutighede nie.) Die Zambuck waarvan jy praat – ek het gewonder of dit die Zambuksalf is waarvan jy praat, want ek het al gelees dat mense dit aanbeveel vir maagsere. Ek het ook al gelees van garlic en olyolie in die oor. Dalk moet ek dit probeer en ophou skel op die oor-, neus- en keelspesialis. Of dalk moet ek net nie in die see swem nie. Ek dink jy’s reg, ons gryp te gou na moderne (ingrypende) mediese prosedures en medisyne.

    Liked by 2 people

    1. Dit is die Zambucksalf en het ook al gehoor. Met maagseer het ek nog by ouuuuuu spesialis wat saam ons gewerk het geleer: eet omtrent elke 2 tot 3 ure iets- veral Blue label Marie beskuitjies, dit maak so mooi laag en beskerm maagwande en slap oats pap elke oggend, daai wat so amper slymerig lyk as jy dit maak. Moet nie dat jou maag leeg raak nie, dis regtig waarvoor Marie beskuitjies daar is. Vir die oor doen ek kous, ek wil mal word met daai gevoel van iets in my oor. Weet jy is lief vir lees en sy goed nogal redelik “out there” , maar as jy kan, lees bietjie boeke van Anthony William, the medical medium- laat mens nogal dink

      Liked by 1 person

      1. Ek lees vandag eerrs alles en ek gaan nou dadelik Marie Bisciuts koop…en die oats eet..want hierdie maagseer begin nou lelik lol….baie dankie vir al die inligting..ek het dadelik gecopy en gepaste.

        Liked by 2 people

  3. Mmmm… van Vicks wil ek nooit weer in my lewe hoor nie! My ma het my gemartel moet daai goed!
    Ek het in die laaste paar jaar geleer oor die belangrikheid van die kos wat ons eet! Ek het my suikersiekte (en ‘n klomp ander kwale) weg gejaad toe ek suiker en kolidrate uit my lewe verdryf het!
    Go #LCHF, go great!
    NS – daai is ‘n splinternuwe gesegde… net vir jou! (En vir my… ) 😉

    Liked by 1 person

    1. Love die gesegde! Dit is wonderlik dat jy dit gedoen het en kan net dink hoeveel beter jy moet voel. het baieeeee mense sommer ‘n nuwe uitkyk op die lewe gegee- 🌻🤗

      Liked by 1 person

Comments are closed.