Kosfees om die langtafel op Rebusfontein..

Wat ‘n opdrag was die nie. Ek het dadelik geweet wie ek wil nooi omdat ek sommer net wil sê dankie en ek was en is mal oor jou en dankie vir die ongelooflike lesse wat ek by jou geleer het. En meeste van alles- die wêreld het defnitief groot trane oor jou. En dankie jy sit aan my linkerkant- want ek is sommer ‘n hot-klou ook.

robin-williams-quotes-inspirational-and-did-you-know-inspirational-quotes-guru-the-actor-robin-williams

Ek het altyd gesê hy is my secret fantasy, die een akteur uit 3 wat ek graag sal wil ontmoet. En dit het alles begin met ‘n movie wat baie mense gedink het is ‘n klomp sn*t. The Fisherking.

Dit het so met my binneste gepraat en ek het daardie dag besef dat elkeen van ons sy eie demons het, dat daai demons vir jou jaag tot jy die dag sê “enough, ek is bang, maar vir jou gaan ek uitsort en klaar”. Ek het alles van hom gesien, buiten ‘n fliek waar hy ‘n slegte persoon was- ek kon net nie vir my kry om hom so te sien nie. Ek wonder baie, wat weet mens regtig van sulke bekende mense. Wel, een van die dinge wat ek gelees het is dat hy soos sy eerste prent mense wat gesukkel het gehelp het. En ek het besluit vir my is dit genoeg, dis al wat ek wil weet. Hy het baie mense vreugde en ‘n glimlag gebring en dit is ‘n wonderlike gawe.

Ek wil net sit en luister en my verkyk aan hom en luister na sy wyshede en sy hartseer en daai een besluit wat hom so gejaag het dat hy ook gesê het “enough”.

En dan is daar die kos. Nou ja, ek is nie ‘n bobaas kok soos hier in die dorp nie en ek probeer baie hard plant-based gaan. Gelukkig het die ander towerinne soveel lekker vleis goete gebring dat ek glad nie oor dit hoef te bekommer nie. EK is mal oor groente goete en slaaie, maar nie sommer net blare nie, ek is mal oor sommer vreemde goete bymekaar gooi. Ek maak sommer self my eie slaaisous want dan weet ek wat daarin is. So vandag het ek besluit moet ons darem so bietjie ander goete ook kry en siende dat die woestyn mense hier so hummus eet, het ek blesuit ek maak sommer so paar verskillendes soos ons hier doen. Ek eet dit met alles.

So die rëenboog een is redpepper, dan sundried tomato, Tumeric en garlic, spinnach en artichoke, pers patat en beet. Daar is ook gewone humus met chickpeas, basil en avo, butternut en dan net avo. Toortsie, tot jy kan eet op die banting.

En dan doen ons budda bowls, maar baie groter as die prentjies want hier kom baie mense eet, ons maak so paar platters met lekker groente goete op en so lekker strifry en dan al die lekker warm “comfort” groente in sulke konsertina skywe.

My liefste boetie sal nie daai dag eet aan my kos nie, sal miskien so probeer aan hummus, maar ek weet hy eet heerlik aan al die vleise. Hy sal mooi vir my Ousus vra om seker te maak hy hoef nie al die groen goete te eet nie. Ek sal net lag en saam met hom ‘n bier drink, ek twyfel of enige van die bikers aan die tafel gaan groen eet. Hulle weet daar is altyd groen goed op fdie menu by die Bikers-cafe, maar ook heerlike Hoenderpastei, Jafels, Tjips en Vetkoeke. Dan ook lekker dik groente sop en skaapwagter snye brood wat ons elke dag bak- maar vandag gaan ons groen.

Die regterkant van my is ‘n probleem, ek en Tannie Frannie deel dieselfde pyn en dislike dink ek. Probleem is ek het geen idee watter een van die Kardashians my die meeste irriteer/gril/kwaad-maak/kan laat rant en rave vir hoe lank… I mean really, hoe kies jy nou. Is ek bly Nataniel gaan daar wees, kan nie wag om te hoor wat hy sê nie. Ek los wie ookal van die klomp opdaag by Broodjie, laat hulle maar kloek.

Irritasie

Wat ek julle wel mee kan laat, is die wyste woorde wat ek nog ooit oor hulle gehoor het en dit kom van Kevin Hart

10734100_412755198909301_1861387095529187113_n

*******
WIL JY KOM SAAM KUIER? MAAK SO:
Ons langtafel is sosiaal en gemeensaam van aard. Ons kinkel is dat elke Towerin en Blogmaat plek vir haar of homself en twee gaste aan die tafel het. Dit moet ‘n beroemde of bekende persoon wees – een wat jy bewonder en een wat jy verpes. Dis nou lewendes en die wat ons reeds vooruit is. (Broodina het ons mos geleer om selfs die van wie ons nie so baie hou nie, te aanvaar.)

Ook moet jy asseblief iets lekker bring om aan jou gaste en ons ander voor te sit. Vertel hoekom, en deel die resep as jy wil.

Kom ons kuier, begrawe strydbyle, bou brûe, smee vriendskappe en smul lekker saam soos net Rebusfonteiners kan.

Voorbeeldvonk
Towerin 17 Onbekend bring vir John McEnroe van tennis faam omdat hy so vreeslik kon vloermoer en dis nie sportmanskaplik nie en sy bring vir Dolly Parton omdat niks haar onderkry nie, nie eens spottery nie!
Smulgoed wat sy bring is Makataankonfyt en varsgebakte brood.

Mik om so 500 woorde te skryf dat ons lekker kan lag en lees en mense leer ken.

Onthou om jou bloginskrywing op Inlinkz te gaan haak:
https://fresh.inlinkz.com/p/f3a95533873d4e39950509a1af369d8a

Skrywer: VirgoC

...ek is 'n Generation X kind, so sê die media . Ek is mal oor die comforts van tegnologie (wat ek wil verstaan), maar ek smag na dit waarmee ek groot geword het. Ek is vandag nog netso confused soos 20 jaar terug, verskil is nou geniet ek my confusion. Die is hoe ek die lewe sien in stories, of sommer net "plain" en soos die kraai vlieg.

22 gedagtes oor “Kosfees om die langtafel op Rebusfontein..”

  1. Ek is nou so opgewonde oor jou gas en jou kos! Dit lyk heerlik en kleirvol. Dankie dat jy aan my ook gedink het. 😁🥂 Ja wat, jou tier kan maar vir Broodjie geselskap hou. Hulle sal mekaar se geselskap geniet.

    Liked by 1 person

  2. Ek sal hartlik eet aan jou kos. Kan jy ‘n paar hummusresepte deel of is dit ‘n geheim? Ek is ook mal oor jou eregas – ek dink daar gaan ‘n samedromming wees by jou tafel. Die Kardashians. Ja. Nee. Ja-nee.

    Liked by 1 person

  3. Jy is n voorslag met die heerlike groentes. Dis so belangrik om groente te eet. Ek het nou onlangs eers werklik met humus in aanraking gekom en hou baie daarvan. RW is n skat, ek wil hom sommer netteen my vasdruk en troos en se ons mis hom en is baie lief vir hom. Gelukkig weet ek nie veel van daardie klomp vroumense nie. So ek hoef nie my kop oor hul te breek nie. Daar moet eintlik na aparte tafel vir hul gedek word sodat hul dinge onder mekaar kan uitsorteer. Hitler sal hul vinnig in n soldate uniform inboender en al om die plein laat marsjeer!

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar op VirgoC Kanselleer die reaksie

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s