Towerinstraat nr. 9

IMG-20170512-WA0550

Halloooooooooooooo van ons Airstream karavaan af. Ja, ek bly uiteindelik in my karavaan wat ek nog altyd in wou wees en ek het nie eens nodig gehad om hom te sleep nie, dit het net sommer so gebeur.

In die wonderlike dorp, het ons geen so ding soos muskiete nie, so alles kan oopstaan, daar is ook nie goggas nie, wel die wat daar is bly by sekere plekke en gaan nie weg daar nie. As ek hier in Rebus is, is ek ‘n totale plant-eter met alles wat ek in die tuin groei. Ek moet nie sê ek nie, ek is deel van ‘n ons. Padda bly saam my hier en sy is my partner en hou my grounded. Wanneer ek in die Kaap gaan draai met ‘n storie, is sy die een wat geduldig wag en dan 12 minute later vra” so jy wil nie tee hê nie” en dan onthou ek dit was eintlik waaroor ek gepraat het. Sy is ongelooflik tegnies, baie stil en download net ‘n sekere hoeveelheid woorde per dag, die ander dink ek sit sy by my reserwes want ek praat non-stop. Wel ek kan, daar is tye wat ek sommer net my mond hou en dan soos my pa net luister en niks sê nie. Maar nie op Rebus nie, glad nie, hier is dit net awesome.

Die weer hier is wonderlik. Sien, die wat hou van hitte, dit is lekker warm by hulle, die wat hou van koue, selle ding daar. Nogal snaaks uit ons karvaan uit want ek is mal oor daai dae lang sagte rëen, lekker onweer, die wat mens se neus laat loop en en dat jy so in jou hande wil asemhaal, en Padda is mal oor hitte. Maak vir ‘n pragtige prentjie hier voor ons karavaan soos die weer gedeel word.

Jy sal sien hier is nogal baie motorfietse hier by ons. Ek het hier ook my lisensie en ry sommer ‘n paar mooie ysterfietse. Tannie Frannie se skelmpie kuier ook hier, sy naam is Silver en jy sal haar gereeld agter op sy bike sien. Hy is sommer net gorgeous en kan nie anders nie, want so is sy. Almal hier is net awesome en mens kan net jouself wees of iemand anders of wie en wat jy wil.

 

In die ander wêreld bly ek en Padda in die woestyn in Dubai en werk daar. Ongelukkig weet ons vir die volgende paar maande nie wat die woord koud of koel beteken nie, want hulle het tot die sifdraad tussen ons en die hel afgehaal, net ingeval daar hitte was wat dalk nie kon deurkom nie. Dis nie ‘n slegte plek om te wees nie, regtig nie, mens pas mos maar aan, maar na al die jare hier, bly die hitte baie, baie erg.

Ek verpleeg en werk nou in ‘n Alternatiewe mediese kliniek en is mal daaroor. Ek leer nog die hele Sangoma 101, die goed se naam kan ek omtrent nie sê nie, maar sien elke dag ongelooflike goed.  En ek het belsuit in Rebus, leef ons almal weer nader aan onsself en mekaar en het ons almal onthou wat eintlik so natuurlik na ons toe kom.

Welkom hier in die dorp en dit is sommer awesome om julle almal hier te hê.

Om die ander bloggers se bydraes oor hulle huisies op Rebusfontein te lees, gaan loer in by hierdie skakel op InLinkz:

https://fresh.inlinkz.com/party/4d37c70b99244affaf04d8ea985b927

Skrywer: VirgoC

...ek is 'n Generation X kind, so sê die media . Ek is mal oor die comforts van tegnologie (wat ek wil verstaan), maar ek smag na dit waarmee ek groot geword het. Ek is vandag nog netso confused soos 20 jaar terug, verskil is nou geniet ek my confusion. Die is hoe ek die lewe sien in stories, of sommer net "plain" en soos die kraai vlieg.

21 gedagtes oor “Towerinstraat nr. 9”

  1. Ons kan doen met jou alternatiewe medisyne….iets vir daai kopseer wat net nooit meer weggaan nie, of die ander pyne wat erger raak, of sommer net daai vir die gemoed……

    Liked by 1 person

  2. Mooi man, nou weet ek ook bietjie meer van jou. Ek hou van jou gemaklike skryfstyl. Hier op Rebusfontein ondervind ons alles wat baie mense net van kan droom. Bly jou karavaan het sommer hier opgedaag. Ook dat jy alles kan oop los sonder om allerhande onwelkome gaste te kry.

    Liked by 1 person

  3. Awesome. Dis nou ‘n lekker beskrywing van ons dorp. Geen muskiete nie is natuurlik iets waaroor ek jubel. Jy’s reg omtrent die weer, dis vir my altyd lekker warm daar – ten minste 25° – net wat ek nodig het om gelukkig te voel.

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s