Rebusrus Konsert, my vyf..en ‘n bietjie

Die amfiteater sit stampvol mense en diere en dinge en dit is ‘n heerlike aand. Die maan is uit, die sterre blink en almal is gesellig. Nie ‘n gogga in sig nie.

 

Ek stap na DJ-Vliegie toe en sê: “hier is my vyf- en ‘n bietjie…” Vliegie lag en sê “is moeilik om te kies of hoe?” Ek knik my kop, want dit is ‘n groot storie om sommer net vyf te moet kies. Ek het mooi gedink aan die en besef, ek het seker ‘n paar lysies van vyf, maar dis ‘n ander dag se storie. ..

Ek is klein en maak nie saak na watter partytjie/troue/kuier toe ons klomp Steenkamps toe gaan nie, die liedjie speel altyd en almal sing saam. En al wat ek wil doen is saam my pa dans, want kyk, hy kan. En as hy eers sy arms so lig en sy tong punt so byt en smile dan kan die wêreld maar kom, my pa is aan my kant en ek sien kans vir die duiwel op ‘n swart perd. My ma weet dit en as die liedjie begin, soos met die Zorba, is s altyd kamma moeg en sê “Meidjie, gaan dans saam pappa, ek wil net so minuut of wat sit”. Ek hoor so die laaste deel van die sin want ek hol soos ‘n polisie perd om by my pa te kom en dar gaan ons…

 

Ek begin op 1 Januarie 1985 studeer vir verpleging by 1 Militêre Hospitaal in Pretoria en besef op dag 1 …. ohhh kk, hier kom moeilikheid. Ek maak daardie selfde dag met lang Riana Nel maatjies en so is ons vandag nog. Ons is deur dinge saam, gelag, gehuil, ge-alles. Ons is letterlik van dag 1 in die moeilikheid tot die laaste dag daar. Eerste opskryf in die weermag  (DD1) kry sommer 3 dinge op:

  1. Hare pas nie by die uniform nie- die gesprek volg ” KO, wat se goo is in jou hare?” Ek skrik en vat so langs die kante en sê “dis nie goo nie Kommendant, dis gel en dit was baie duur” .Needless to say, was nie haar gunsteling persoon nie
  2. Musiek is te hard in die verpleeg woonblok – “Kommendant, ek is jammer, maar Amanda du Preez luister na Gert Potgieter so hard nie en dan moet ek my musiek van Pink Floed or Rodriques nog harder sit net om te kan hoor”
  3. Nie opgedaag vir klas nie- ja, oor daai een… Ek was in die klas, Riana het geskip. Sy en Helen het in die kas weg gekruip met Bybelstudie en koffie en beskuit eet en toe gee iemand hulle wg en oor ons altyd saam was, is ek sommer ook opgeskryf. Ons is van een kantoor na die ander gestuur en niemand kon glo dat iemand in die weermag dit gewaag het nie. Ons kon glad nie verstaan wat die fuss was nie.

Maar dit is ook daai tyd dat ons saam ‘n movie gaan sien Pretty in Pink wat my altyd,altyd aan Riana sal laat dink..

 

Ek studeer steeds en ons het omtrent grand geraak met die 80’s. Kyk ons is elke aand-en ek meen elke aand uit na ‘n klub toe. Ons is tussen 5 en 9 palle in my Beetle, lelike groen en sy naam is Voël, ek trek in die ry aan meeste van die aande want ons moet voor 8 in wees vir Ladies night of ons moet betaal en ons het nie geld nie. Riana moet sorg dat sy vir almal verversings kry om te drink. Dit is ‘n tyd wat so baie dinge in ons lewens gebeur en dit vat my ‘n paar jaar voor die woorde van die song regtig insink. Dit maak my net voel of ek nog nooit ‘n dag ouer geword het nie en dat die lewe eitnlik wonderlik is…

Soos hulle sê: fast forward so hele paar jaar.

Ek is in Dubai, dinge in my lewe het weird uitgedraai en dit vat my lank om met alles te cope in my kop. Ek het my ma en pa verloor, ek is deur die kwaad, die hartseer, die alles van dit. Ek het “uit die kas geval”, ek is getroud en geskei, en ek leer myself ken. Ek kom vir die eerste keer in 5 jaar huistoe en ek en my boetie click op ‘n manier soos nog nooit voorheen nie. Ons was nooit kwaad nie, maar dis asof ons mekaar daar raak kuier. Ek besef hoe ongelooflik blessed ek is en ek besef vir die eerste keer in jare, wel van my ma se ongeluk, dat ek eintlik wil terug gaan huistoe. Dit is ‘n wonderlike vakansie en vir die eerste keer vandat ek in Dubai is, huil ek die hele vlug terug Dubai toe. Maar die song, dit leer my so baie van die lewe en hoe dinge gaan..

En laastens..ja, dis ‘n Kaapse storie die. Ek en Padda is in die Kaap, ons ry Napier toe en sy het vir my ‘n CD gekoop en speel dit vir my. Die pad, die reuk, die natuur,alles is net perfek. Dit is die mooiste mooi, die klein winkels. Alles is net perfek.

Ek sit en kyk vir haar terwyl sy bestuur en ek besef weer hoe blessed ek is. Sy is my huis, my rustigheid. Ek kyk na haar en kan net smile. Dit sê en laat my daai liefde en mooi voel wat so vreeslike knop in jou keel raak dat jy nie kan sluk nie, dat jy weet as jy nou iets sê dan huil jy sommer. En dit sal my altyd, maar altyd laat weet hoe dankbaar ek is om dit alles te kon sien en beleef..

En net so pasella een… Dit laat my altyd dink aan al die dinge wat ons as vrouens laat gaan omdat ons dink ons moet ander dinge eers doen en ons lewens opgee in ‘n mate

As jy gaan deelneem, hak jou blog aan die skakel:

https://fresh.inlinkz.com/p/24f3cd306d0d4f75a62c1f4aaa1fa76f

Skrywer: VirgoC

...ek is 'n Generation X kind, so sê die media . Ek is mal oor die comforts van tegnologie (wat ek wil verstaan), maar ek smag na dit waarmee ek groot geword het. Ek is vandag nog netso confused soos 20 jaar terug, verskil is nou geniet ek my confusion. Die is hoe ek die lewe sien in stories, of sommer net "plain" en soos die kraai vlieg.

15 gedagtes oor “Rebusrus Konsert, my vyf..en ‘n bietjie”

  1. SJoe Virgo….jou musiek is great en dit laat my baie dink…dis al wat ek die laaste paar dae doen, is dink. Wens ek kon jou en Pa Koot sien dans. Daar is niks so leeker as om mense dop te hou wat goed saamdans nie!

    Liked by 1 person

Kommentaar is gesluit.